krom-‘n-vals, soos stokou (Nuwe) Nas’nale Party,
Kortbroek, sho’t left, swanesang, bittersoet end,
vol verdriet, hartseer, kreunsteun, geweeklaag,
amper soos konsentrasiekampgeween, gesnik,
sing “Duiwelspiek”-disjipels, uit puur lafhartigheid,
prijslied, op prijslied, prijkend, lelik prijsliederlik,
vir sjatan, pseudo-ultra-opper-demoon-ikoon
“Duiwelspiek” vrotsieklik tot allerhoogste piek,
van Tafelberg, //Hoerikwaggo, verklaar, weet
Mens, wat al was daar, doer, dour, heel bo,
lat Mens vervuld met ongeloof, onkunde,
rondom kan loer, openlik kan staar,
wyd uit, ver oor Robbeneiland-klep,
oseaan annerkant, oermoederland,
horison, kim, einder, dak-en-muur,
bly Mens beïndruk, magies-betowerd,
gefassineerd, via Visie, voor hanne,
weet Mens, Mens gannie gou v’geet:
in te veel koppe, breins, psigo-intellek,
’n afgryslik struktuurgeweldsindroom,
veels te veel oorloë, moord, waansin,
geweld, konflik, so onnodiglik, onsin,
Self-destruksie, uitruil, verkwanseling,
van Gewete, heel veels te veel miskyk,
wegkyk, isoleer, ignoreer, van super-
realiteit, waar voorheen g’n krisis was,
is nou een moerske een, o liewe Mens
bring vir my ‘n bloedrooi disa, dis nou,
as jy ’n opreggeteelde WP-sjuipporter,
ondersteuner van Kaapse Vlak-rugby is,
solid en stoer, olé, bergblombedonnerd
skryf “krisis” op jou maag, bierpens,
vee’t af m’t 'n papnat lap, vergeet,
van eksklusiwiteit, superioriteit,
“Duiwelspiek”-beheptheid, ewe,
Self-bedrog,onkund’-ontkenning,
gat’t niemand iets innie sak bring
(hoor hoe valsaards probeer t’sing)
Jacobus Faasen

