Wit is nie meer die populêre kleur wat dit vyftig jaar gelede was nie – in elk geval nie as dit by velkleur kom nie. Dis nogtans ironies dat in die geval van brood nie-wittes oorweldigend wit stem en in die proses hulle gesondheid ernstig benadeel.
Wouter, jy hoef nie te begin stres nie! My onderwerp vandag is nie “ras” of erger nie, maar “wit” en “gesondheid”. Ek verwys ongekwalifiseerd na mense, sonder om te spesifiseer, maw deursigtige mense. Die mense waaraan ek vandag aandag gee is almal wat hulle koffie en tee met wit pilletjies versoet. Onder hulle is daar molliges maar ook werklike dikkes wat die Amerikaners as “obese” beskryf en ek sommer “ou beeste” noem (as hulle nie naby is nie!).
Van koffie gepraat, vir jare het “deskundiges” uitgevaar teen die nadele van koffie maar deesdae sing hulle in 'n ander koor. Koffie het besliste voordele, bv dit verminder jou kans om diabetes, Parkinson's se siekte, dementia, beroerte en kankers van die lewer, niere en prostaat te ontwikkel. Bloed glukose vlakke word verlaag en die goeie bakterieë in die dikderm mag verhoog (die lys is nog langer!). Dit beteken nie “laat waai” met koffie nie, want slegs 'n paar koppies per dag is voldoende. LW vier koppies is die maksimum en nie vier vol vaatjies met ore aan (hangmaag bekers), waaruit baie manne drink nie!
Daar is nog 'n voorbehoud: jy kry alleen die volle voordeel van koffie as jy dit skoon drink – sonder melk of versoetmiddels. Om jou warm drinkgoed sonder melk, suiker of pilletjies te geniet verg aanvanklik 'n mate van vasbyt. Rooibostee is nie bitter nie en dis die beste om hier te begin. Jy behoort gou in staat te wees om hierdie tee skoon te drink. As jy hieraan gewoond is leer jy mettertyd om ander tee en koffie ook op hierdie wyse te drink.
O ja, die wit pilletjies. Aspartaam is nadelig. Dis ook waar van amper alle ander wit pilletjies wat soet maak. Een wat wel aanbeveel kan word is suiwer stevia (as poeier of stroop) want dit is 'n krui met gesondheidsvoordele en nie 'n kunsmatige produk nie. Gebruik slegs 'n kwart teelepel op 'n slag om nasmake te voorkom.
Aangesien ek nog nie as 'n gesondheidsdeskundige erken word nie(!) sal dit seker nie help om vir jou te sê los aspartaam uit as gesondheid vir jou belangrik is nie. Suiker in jou koffie en tee is nie naastenby so nadelig as soet pilletjies nie. Ek verwys jou liewer na Dr Mercola, 'n erkende deskundige, met die gewildste gesondheidswebwerf (lang woord!) op ons planeet. Hy het omvattend oor die saak geskryf en sy opsomming is só goed dat ek hom moet aanhaal:
Aspartame is the most dangerous food additive on the market today, accounting for over 75 percent of adverse reactions reported to the FDA, including seizures and death.[Marketed under names like 'Equal', 'Spoonful,’ ’Equal Measure’, ‘Canderal’ (E951), ‘Benevia’, etc.]
Even though aspartame is touted as natural it has a synthetic methyl group on one of the amino acids that rapidly breaks down to methanol (wood alcohol). The sweetness associated with aspartame is largely the result of methyl alcohol bonded to the amino acid phenylalanine.
Methyl alcohol is metabolized differently in the human body compared to other animals, and is FAR more toxic in humans which is why studies have trouble nailing down the hazards of aspartame because most rely on animal not human studies.
Methyl alcohol, after it is taken up by the body as a “Trojan horse” into susceptible tissues like the brain, converts rapidly into formaldehyde. This causes severe damage to proteins and DNA that can contribute to many serious and chronic diseases such as cancer and autism, Alzheimer’s disease, and multiple scleroses.
Fresh fruits and vegetables contain minute amounts of methanol but there’s a natural mechanism that makes it harmless. Pectin firmly binds to methanol, allowing it to simply pass through your body and be excreted, because the human body does not have the enzymes to break that bond.
Nou kan jy nie meer met die verskoning kom dat jy nie geweet het nie. As jy wit pilletjies gebruik stop dadelik, voordat chroniese siektes toeslaan.
Gesondheid!
George


Kommentaar
Wees gewaarsku dat Joseph Mercola se mediese opinies verdag is. Die webwerf Quackwatch stel dit as volg: “Baie van Mercola se artikels maak ongegronde bewerings en bots met dié van leidende mediese opinies en openbare gesondheidsorganisasies.” Hulle wys ook daarop dat die VSA se Federal Drug Administration hom in 2005, 2006 en 2011 moes waarsku om onbewese aansprake betreffende die mediese doeltreffendheid van produkte en dienste wat hy verkwansel te staak.
Lees http://www.quackwatch.com/11Ind/mercola.html
'n Mens moet stress wanneer goedbedoelende sênetters hulself in die medikamente begeef.
So wees versigtig.
Daar is ander versoeters op die mark ook wat vry is aspartaam en siklamaat ( cyclamate ) soos bv. Suganon, Dit ook aansienlik goedkoper, R52.00 vir 1500 ' wit pilletjies ' ( P n P en Clicks )
Dit bevat slegs sodium saggarien ( saccharin ).
Google ( wikipedia ) maar gerus saccahrin.
Raed-na-Gael
Hallo Charl en Raed-na-Gael. Dat Mercola geneig is om populêr te speel kan nie ontken word nie. Hy lê klem op natuurlike produkte en is gewoonlik teen farmaseutiese middels gekant (vir my is dit positief). Daar is natuurlik altyd 'n groot stryd aan die gang tussen bemarkers van natuurlike produkte en farmaseutiese maatskappye wat, ten alle koste, hulle miljarde dollars winste verder wil verhoog. Laasgenoemde juig as Mercola bygekom word vir sy “ongegronde bewerings (wat) bots met dié van leidende mediese opinies en openbare gesondheidsorganisasies.” As dit in gewone taal omgesit word beteken dit moontlik dat wetenskaplike bewyse (nog) nie beskikbaar is nie.
Charl, as jy iemand verkeerd wil bewys bly liewer ver weg van dr Stephen Barrett MD van Quackwatch. Hierdie gekwalifiseerde mediese dokter was 'n mislukking as geneesheer en kon nie as psigiater kwalifiseer nie. Hy het toe onder sy huis in sy “kantoor” by sy rekenaar gesit en alles wat “alternatief” is in 'n slegte lig gestel om op hierdie wyse 'n bestaan te maak (hy het geld ontvang deur as “deskundige” in hofsake op te tree en is waarskynlik ook deur die farmaseutiese industrie geborg). Dis interessante leesstof.
Ek volstaan met die volgende oor hom: It is common knowledge that Stephen Barrett has been Officially Declared by the US Court System, in a PUBLISHED Appeals Court Decision (NCAHF v King Bio), to be "Biased, and unworthy of credibility."
What that statement means, in layman's terms, simply, is that it is common knowledge that OFFICIALLY - NOTHING HE SAYS CAN BE LEGALLY RELIED UPON (http://www.quackpotwatch.org/quackpots/quackpots/barrett.htm).
Verder oor my brief. 'n Stelling soos: “Aspartame is the most dangerous food additive on the market today, accounting for over 75 percent of adverse reactions reported to the FDA ...” moet ernstig opgeneem word. Die ander belangrike punt (ook in my aanhaling) is dat metiel alkohol nadeliger vir mense is as vir diere – aangesien die meeste toetse op diere gedoen word en aspartaam veel toksieser vir mense is, is die publiek nog nie ingelig nie en sal dit tyd neem voor dit algemene kennis is.
Raed-na-Gael ek is nie heeltemal so naief as wat jy vermoed nie. Ek het nie na saggarien verwys nie en is bly as jy gelukkig daarmee is want volgens wetenskaplike ondersoeke is dit veilig. Dis egter van koolteer gemaak, bevat kunsmatige chemikalieë en het 'n nasmaak. Self sal ek dit nooit gebruik nie en drink my tee en koffie albei swart en bitter sonder om ooit na suiker te verlang.
Vir my is daar 'n verband tussen goeie gesondheid en die minimum getal chemikalieë in my kos, huis en tuin. Ek hou al my duime vas dat mense wat dit nie doen nie, ook goeie gesondheid sal bly geniet.
Groetnis, George
Hello George
Dalk vind jy die volgende skakel van nut:
http://www.sciencebasedmedicine.org/?s=Mercola
Chris
Ja, saggarien is 'n " acquired taste " net soos jou swart bitter koffie.
Dr G Claassen, 'n wetenskapjoernalis, ook 'n sênetter, verwys talle kere na die webwerf quackwatch.com vir duidelikheid en gemoedsrus.
Sal nie skade doen as jy ook gaan kyk nie.
Raed-na-Gael
Hallo George,
Ek stem heeltemal met jou saam dat daar `n stryd om markaandeel tussen konvensionele farmaseutiese maatskappye en die verspreiders van natuurlike kure woed. Daar is geen rede om te vermoed dat die een faksie enigsins meer geldgierig as die ander is nie. Daar is ook geen rede waarom die een faksie inherent meer eties as die ander sou optree nie. Dit is egter `n kenmerk van die vrye markstelsel dat produkte en dienste gelewer word teen vergoeding en hierdie stelsel werk in die algemeen beter as staatsbeheerde stelsels. Om dus “Big Pharma” as verdag uit te sonder omdat dit binne die raamwerk van die vrye markstelsel opereer, kom neer op eensydige verdagmakery.
Motief is egter nie die bepalende faktor wat onderskei tussen die doeltreffendheid van konvensionele medikasie teenoor alternatiewe medikasie nie. Konvensionele medikasie word oor die algemeen onderwerp aan streng kliniese toetse voordat dit deur die betrokke mediese owerhede goedgekeur word vir menslike gebruik, en dan dikwels ook net vir spesifieke kondisies. Hierdie vlak van toesig bestaan eenvoudig net nie in die geval van natuurlike kure nie. In die algemeen is natuurlike middels onskadelik, dus maak dit sin dat dit nie nodig is om dit aan streng toetse te onderwerp nie. In sulke gevalle is die probleem egter dikwels nie newe-effekte nie: dit is geen effekte nie.
In onlangse tye het die veronderstelde deugde van natuurlike middels heelwat veld gewen. Dit is waar dat geprosesseerde voedsel allerhande dinge mag bevat wat ongesond kan wees. Dit is ook waar dat talle toksiese stowwe soos arseen natuurlik voorkom. Die asperien in wilgerbas en die asperien in die laboratorium vervaardig is presies dieselfde chemikalie; die laaste net meer gekonsentreerd. Dieselfde geld vir die plant voedende chemikalieë in kompos vergeleke met kunsmis. Die mode van slegs “natuurlike” produkte gebruik is grootliks net `n mode.
Die gevaar wat alternatiewe kure inhou is dikwels nie sodanig dat dit skadelik sou wees nie, maar dat mense daarop sal staatmaak wanneer hulle behoorlike mediese sorg benodig. Dit is in onthouding van doeltreffende medikasie waar die groot gevaar lê en mense soos Joseph Mercola `n bedreiging vir openbare gesondheid inhou. Mercola se siening aangaande koffieversoeters is van minder belang as van sy ander veldtogte. Dit sluit in: sy pogings om te probeer bewys dat voëlgriep `n klug is, terwyl die WHO beweer dat sowat 18 500 mense aan die H1N1-virus (voëlgriep) dood is; sy teenkanting teen inenting; sy teenkanting teen meeste voorgeskrewe medikasie; en sy siening dat VIGS deur stres veroorsaak word. Hierdie sienings bots lynreg met talle omvattende, onafhanklike mediese studies en stel hom op dieselfde vlak as die onbekwame voormalige SA minister van gesondheid Manto Tshabalala-Msimang.
Uiteraard sal Dr Stephen Barrett van Quackwatch die teiken van talle kritici wees oor sy veldtog en hofsake rondom onbewese kure. Hierdie verdagmakery teen hom kom uiteraard uit die kamp van die voorstanders van alternatiewe medikasie. Die Wikipedia-artikel oor hom bevat egter die volgende opsomming: “Stephen Joel Barrett[1] (born 1933) is a retired American psychiatrist, author, co-founder of the National Council Against Health Fraud (NCAHF), and the webmaster of Quackwatch. He runs a number of websites dealing with quackery and health fraud. He focuses on consumer protection, medical ethics, and scientific skepticism. Quackwatch received a 2003 award as a useful source for online consumer information.[2] ”
George, jy beweer: “Hierdie gekwalifiseerde mediese dokter was 'n mislukking as geneesheer en kon nie as psigiater kwalifiseer nie.” Die Wikipedia artikel beweer: “he completed his psychiatry residency in 1961.” Yahoo Answers verduidelik: “Dr. Barrett finished his 3-year psychiatric residency at Temple University Hospital, Philadelphia and began practicing back in the 1960s, when Board certification was NOT A REQUIREMENT. New psychiatrists are required to be certified, but many physicians of that era don’t have board certification. Dr Barrett has never been de-licensed.”
Oor Quackwatch sê Wikipedia: “Some sources that mention Stephen Barrett's Quackwatch as a useful source for consumer information include website reviews,[30][31][32][33][34] government agencies,[35][36] various journals[37][38][39][40][41] including an article in The Lancet[42] and some libraries.”[43][44][45][46][47][48]
Ek het vertroue in Quackwatch as `n webwerf wat `n positiewe rol speel om kwaksalwery aan die lig te bring en ek beveel die webwerf aan.
In my vorige bydrae het ek verkeerdelik verwys na die Federal Drug Administration. Dit moes wees Food and Drug Administration. Ek vra om verskoning vir die fout.
Groete,
ClR