Dagsê Jaco
Ek antwoord op jou kommentaar (versoek) onderaan my brief van 13 deser.
Ek sien jy hou aan dieselfde ding vra (en waarop ek elke keer geantwoord het, kyk maar in die argief) naamlik jy wil weet wat Dan Roodt DOEN, so al asof ek eendag in die verlede op ‘n seepkissie geklim het en gepreek het dat almal vir Dan moet volg (alhoewel dit nie ‘n slegte idee sal wees nie, die nou dat almal hom moet volg).
Die waarheid is dat jy, omtrent elke keer as ek my waardering uitspreek vir mense soos Dan Roodt, wat vreesloos die waansin van meelopery uitwys en dis maar onder andere, die papparellakoors kry en ad hominis (nog nie in die woordeboek nie) teenoor Dan raak. En elke keer as ek jou vra waarom jy so tekere gaan dan swaai jy die storie om, dan wil jy by my weet wat Dan Roodt nou eintlik doen. Jy wil nou’n lys, ‘n lange nogal, by my hê van wat Dan doen sonder dat jy ooit geantwoord het op wat hy doen om jou so verkeerd op te vryf.
Sien jy die sirkelargument? Jy’s die moer in oor wat Dan Roodt doen maar jy wil by my weet wat hy doen. Hoe werk jou kop?
Dan is nie die enigste vir wie ek in die bresse getree het nie; daar is ander waar ek ook probeer wys het dat hulle onregverdiglik verguis word soos onder andere Steve Hofmeyr, Sunette Bridges, Annelie Botha, Jacob Zuma en, kan ek vaagweg onthou, gays. Hoekom vra jy nie ook lyste van wat hulle doen nie?
Jy wil ook weet hoekom ek nie Afriforum loof en prys nie. Wel, dis maklik, niemand hier het nog Afriforum beswadder nie. Deon Maas (ook ‘n meeloper en agteryer par excellence) het eenkeer in ‘n onderhoud met ‘n verteenwoordiger van Afriforum taamlik snedig geraak, wou onder andere weet waar’s Zoeloeforum of so iets. Dit was oor die radio so ek kon nie direk reageer nie maar, as dit hier op SêNet was, kan jy seker wees ek sou hom ‘n paar vrae gevra het. Terloops, ek loof en prys ook nie vir Moeder Theresa, of Franciskus van Assisi nie. Dit beteken nie dat ek teen hulle is nie, inteendeel, ek hou baie van Moeder Theresa en Sint Franciskus.
Verder, oor Afriforum: Ek het al voorheen vir jou gesê as iemand iets vir Afrikaans doen is ek bly. Hoekom is wat Dan doen en Afriforum doen vir jou onderling uitsluitend, óf die een óf die ander? Ek moet egter sê, daar was ‘n geleentheid waar Afriforum geluide gemaak het waarvan ek nie eintlik gehou het nie, kan nie eintlik onthou of dit ten opsigte van Dan was, of Steve se singery van die stem nie.
Ten slotte, so met die teruggaan na die ouer briewe om nou te sien hoekom jy my beskuldig dat ek jou versoek ignoreer het, kom ek agter jy’s ‘n ontduiker, ‘n kop-in-die-sander, by uitstek. Byvoorbeeld, jy’t gesê ek beskuldig jou dat jy Vrye Weekblad ondersteun en ek het jou gewys ek het nooit so ’n beskuldiging gemaak nie. Jy’t toe nooit gesê jy’s jammer jy’t die kat aan die gat beetgehad nie. Jy’t beweer ek sê jy ondersteun Gilomee en ek het jou daarop gewys dat ek nooit so iets gesê het nie. Hierop het jy ook geswyg soos die graf; nooit gesê jy’s jammer jy’t die kat aan die gat beetgehad nie. Daar’s nog so een of twee maar ek het vergeet, nie lus om nou weer te gaan soek nie.
Ten slot der slotte: Ek gaan jou nou nie weer vra hoekom jy Dan so verpes nie want a) jy kan dit nie antwoord nie en b) ek weet in elk geval hoekom. Dan maak golfies en vir meelopers, agterryers en joiners is dit pynlik; dit stel hulle in die verleentheid by die base, dis nie PK nie en die base moet hulle tog ‘seblief nie as ongedienstig sien nie. Wat ‘n four king skande verskoon die Engels.
Groetnis
Jan Rap


Kommentaar
Jan
Jy is die een wat onlangs 'n stelling gemaak dat Rooi Daantjie so pro-aktief isdat dit eintlik pyn, 'n stelling wat van my reaksie uitgelok het.
Ek vra jou, vir die soveelste maal, wat jy nog nooit kon beantwoord, nou of in die verlede nie, is om FEITLIK 'n lys voorbeelde te gee waar hy vir die Afrikaner pro-aktief opgetree het.
Hierbo het jy omtrent oor alles gegorrel, ook soos in die verlede, behalwe om my vrae feitlik te beantwoord.
Sal jy ooit daarby uitkom sonder die elendige afwykende gegorrel?
Om jou vraag te beantwoord hoekom ek nie van Rooi Daantjie hou nie, is omrede hy 'n absolute verleentheid vir die Afrikanerdom is, 'n man wat na my mening 'n groep verregses met oop oë mislei. Ek het selfs meer respek vir die leiers van die ander verregse groepe, want ek is oortuig hulle is opreg in hulle politieke sieninge, al sal ek hewig met hulle daaroor verskil.
Soos vele kere reeds deur my uitgewys, is Rooi Daantjie 'n absolute weerspreking van alles waarvoor hy predik, om net 'n paar gevalle weer te herhaal:
Predik Afrikaner volksstaat, maar bly liefs nie tussen sy eie volksgenote nie, maar eerder tussen ryk Jode en Engelse wat hy gedurig verguis.
Verkwalik Afrikaners wat hulle kinders na Engelse skole toe stuur, terwyl hy uit vrye keuse verkies het om op Engelse en Franse universiteite te studeer.
Die feit dat hy as Afrikaner blykbaar diensplig ontvlug het, terwyl vele Afrikaners, onder andere van my vriende van sy ouderdom in Angola gesterf het. Vir my is dit nog steeds die grootste "Sies" wat ek hom sal kan toesnou. Ten minste het die ander verregse Afrikanerleiers hulle diensplig voltooi, en daarvoor respekteer ek hulle.
Alhoewel Rooi Daantjie se retoriek heelwat afgewater het, was daar 'n tyd nie vele jare gelede nie, toe hy Afrikaners wat nie sy siening gedeel het nie, as volksveraaiers, patete en sikofante ge-etikeer het. Natuurlik sien hy homself nie as volksverraaier toe hy Frankryk toe uitgewyk het nie.
Hy maak 'n openbare gelag van homself wat 'n beeld uitsend dat Afrikaners nie veel van "Hillbillies" verskil nie, as voorbeeld, nie toe nie, maar HOE hy in die openbaar voor 'n swart minister op 'n lughawe gesanik het "Gee ons ons volkstaat", en onlangs met sy openbare optrede toe hy na Steve se hofsaak, 'n pop fisies aangerandl het!
Weereens moenie afwyk om Rooi Daantjie se optredes, soos hierbo deur my herhaal, te regverdig nie, Gee liefs vir my jou lang lys van sy werklike pro-aktiewe dienste wat hy kwansuis vir die Afrikaner verrig het.
Beste Jaco,
Jaco,
Dirk
Dankie vir jou respons. Ek deel heelhartig jou sentiment rakende Rooi Daantjie.
Dirk Rigter, hier's vir jou 'n grappie, nie om jou te laat lag nie maar ter illustrasie van naiwiteit, wanbegrip en poot-in-die-bek-siekte:
'n Buikspreker vertel 'n klomp dom-blondine-grappies en 'n blondine in die gehoor spring op en gil dat sy en al die ander blondines nou moeg vir hierdie diskriminerende soort grappe is.
"Ek is jammer dame", stamel die buikspreker, "ek het niks leliks bedo ..."
"Sjarrap jy!" skree die blondine, "ek praat met daai klein kak op jou skoot!"
So, Dirk, jammer om jou borrel te bars, die pop was ... wel, bloot 'n pop. Die aksie was teen die vent wat die pop op sy arm dra. Terloops, daar is ook nie so iets soos die tandmuis of Kersvader nie.
Wat jou bewering betref dat Dan Roodt 'n karikatuur van die Afrikaner maak, laat ek op jou manier met jou redeneer: Dan Roodt maak nie 'n karikatuur van die Afrikaner nie.
Hoe's daai vir jou!?
Oor dat ek nou 'n fan van Zuma is: Ek is nie 'n fan van Zuma nie, ek sê Zuma is nie alleen die skuldige wat betref die huidige gemors nie. Mandela en Mbeki, hulle 2 - tot nIB's, amptenare en vertrouelinge is net so skuldig, éérs skuldig om die waarheid te sê. Nou met die dat die afwaartse spiraal nie meer deur julle ignoreer kan word nie is Zuma kamtig die skuldige. Die piesang het die fan geslaan laaaaank vor Zuma selfs op die horison was. Nou's ek kamtig 'n fan van Zuma. Jou begrip is verdag Dirk.
Terloops, die ouens wat werklik 'n karikatuur van die Afrikaner maak is die Nuwe! Verbeterde! Boetedoenende! Afrikaner, die sogenaamde liberales of liberaal-demokrate of tot-verligtheid-bekeerdes of wat die stroomafdrywers en heerserpleasers hulself ookal noem. Die Engelse en hulle marionette, die heersers, lag in die mou vir hulle.
Jan Rap
Helmine
Lees my respons aan Jan in die volgende skakel, wat moontlik verdere antwoorde aan jou sal verskaf. Dankie.
https://www.litnet.co.za/Article/brief-antwoord-op-jaco-se-brief-van-gister