Ek lees Varkspek se brief en besluit om ook my vrese te probeer besweer. Die Karoo het 'n eiesoortige bekoring en 'n sensitiewe ekosisteem. Ek is ten gunste van ontwikkeling en vooruitgang mits dit nie skade aan die omgewing bring nie.
Ek is nie 'n geoloog of hidroloog nie maar my kennis van verstand seg vir my ek ruik 'n rot. Al die olieryke lande is woestyn. Byna niks groei op die oppervlak nie. Hoe presies word die gasbreking gedoen? Wat word ontgin? Hoe verloop die proses?
Ek vra myself die vraag, myself is olie nie ligter as water nie. Sodra jy gaan begin om olie te ontgin gaan dit bokant jou watertafel uitstyg en jou water besoedel. Is dit nie hoekom die olieryk lande woestyn is nie. Die water kan nie deur die olie sypel nie en alles vrek dan.
Ek weet nie of ek sin maak nie? Kan iemand slimmer moontlik help.
Reusedwerg

