Oor anekdote en kliniese toetse

  • 28

Ons hoor soms die storie van Marie wat deur talle dokters behandel is en hulle kon vir haar niks doen nie, maar toe sy na die homeopaat/chiropraktisyn/naturopaat toe is, het hy haar binne ’n week genees.  Daar bestaan goeie redes waarom dit beter is om op kliniese toetse as op sulke anekdotiese getuienis staat te maak wanneer dit by mediese behandeling kom.  Oor verskeie redes het Marie heel moontlik na ’n week beter gevoel, en dit is nodig om hierdie redes te verstaan ten einde ’n ingeligte evaluasie te doen.

  • Natuurlike genesing: heelwat kondisies genees natuurlik.  Dit is dus moontlik dat Marie om natuurlike redes genees het net mooi op die stadium dat sy ’n nuwe behandeling begin beproef het.
  • Die placebo-effek: die blote feit dat iemand behandeling ontvang en glo dat dit doeltreffend is, laat die persoon soms psigosomaties beter voel.  Hierdie verskynsel is algemeen bekend en vervaag gewoonlik langsamerhand.
  • Natuurlike pynsiklusse: die pyn of ongerief wat ’n persoon as gevolg van ’n siektetoestand ervaar is gewoonlik nie konstant nie, maar varieer oor tyd.  Dit is ook algemeen dat ’n pasiënt meer geneig is om behandeling te soek wanneer pyn ’n piek bereik.  As deel van die normale siklus neem ongerief derhalwe af pas nadat die pasiënt behandeling ontvang het, nie as gevolg van die behandeling nie, maar onafhanklik daarvan.  Dit kan selfs gebeur dat die pasiënt herhaaldelik mediese hulp soek juis wanneer die pyn op so ’n piek is en hierdie herhalings die oortuiging dat die doeltreffend is, versterk.
  • Die Hawthorne-effek: mense is geneig om hulleself beter te gedra wanneer hulle voel dat hulle dopgehou word.  Die pasiënt mag gedurende behandeling ’n gesonder algemene lewenstyl aanvaar, soos byvoorbeeld minder alkohol drink, beter eet of meer oefening doen.
  • Hipochondrie: Die pasiënt makeer in werklikheid niks fisies nie; die kondisie is suiwer psigosomaties.  Dikwels kom hierdie kondisie voor by mense wat ’n bietjie liefde en aandag soek.

Om die bogenoemde redes is daar dus ’n risiko verbonde daaraan om op individuele getuienis eerder as kliniese toetse staat te maak wanneer mediese sorg benodig word.  Die prosedures wat in ’n goeie kliniese toets gevolg word, sluit die bogenoemde probleme grootliks uit.  In ’n tipiese kliniese toets sal ’n geneesmiddel eers chemies ondersoek word om vas te stel of dit bekende toksiene bevat.  Die effek op bakterieë of virusse mag bestudeer word.  In ’n volgende fase kan die effek op diere getoets word.  Eers wanneer daar redelike gronde bestaan om te glo dat ’n produk geskik is vir menslike toetsing sal ’n mediese beheerraad toestemming gee dat daarmee voortgegaan mag word.  ’n Steekproef van sê 100 mense word moontlik in hierdie fase gebruik.  Hulle word dan verdeel in twee groepe, die toetsgroep en die kontrolegroep.  Die profiele in terme van ouderdom, geslag ens. van die twee groepe moet ooreenstem.  Die toetsgroep ontvang dan die medikasie, terwyl die kontrolegroep ’n foppil ontvang wat net soos die medikasie lyk, maar nie die medikasie bevat nie.  Dit is belangrik om te verseker dat die deelnemers nie weet in watter groep hulle is nie.  Die medici wat hulle ondersoek weet ook nie wie in watter groep is nie.  Dit staan derhalwe bekend as ’n “dubbelblinde” toets.  Eers nadat die effek ontleed is, word dit bekend gemaak wie in watter groep was en kan die doeltreffendheid vasgestel word.

Hierdie proses sluit grootliks die probleme verbonde aan anekdotiese getuienis uit.  Dit kan verder uitgebrei word tot meer as twee groepe en verskillende dosisse of kombinasies kan getoets word.  Dit is egter nie onfeilbaar nie – dit is byvoorbeeld moeilik om iemand aan ’n placebo vorm van akupunktuur bloot te stel sonder om agterdogtig op te tree.  Ten spyte van sekere tekortkominge, is kliniese toetse baie meer betroubaar as anekdotiese getuienis.  Pasiënte word derhalwe aangeraai om medikasie en prosedures te volg wat goedgekeur is deur ’n mediese beheerraad en nie staat te maak op beweerde kure wat nie sulke toetse kon slaag nie.

Groete,

ClR

  • 28

Kommentaar

  • Beste Charl

     

    Dankie vir die goeie uiteensetting. Ek is altyd baie skepties oor "beweerde genesings" deur chiropraktisyns, homeopate, ens.

     

    Wetenskaplike werkwyses bly maar die aangewese antwoord op die mens se vrae.

  • Chris Dippenaar

    Hello Charl

    Heel bo aan die lys van drogredenasies is gewoonlik die bevestiging van die gevolg ('affirming the consequent'). Ek dink dat dit is wat jou bydrae hierbo baie mooi demonstreer. (S)CAM kan nie bestaan sonder om hulleself skuldig te maak aan hierdie denkfout nie. Nadat iemand wat siek is alles probeer om gesond te word neem hy op 'n dag 'n homeopatiese druppel of pilletjie en word 'wonderbaarlik' genees. Daar is geen twyfel in sy kop dat dit net homeopatie kan wees wat hom gesond gemaak het. Dit is hoekom anekdote aanleiding kan gee tot kliniese toetse, met die voorwaardes soos jy dit uiteen sit, maar dit nooit kan vervang nie.

    Daar is geen ander modaliteit, dis nou homeopatie, van (S)CAM wat al meer behoorlik gewys is as geheel en al sonder enige waarde. As iets mense gesond maak sal die een ding wat ons met absolute sekerheid kan sê nie verantwoordelik was nie, homopatie wees.

    Indien jy ooit hulp vra van een van hulle behoort jou eerste vraag te wees: 'Wat dink jy van homeopatie?' As jou "doktor" enige positiewe uitlating gee oor hierdie 'magic beans/drops', maak jou beursie styf toe en kom so gou as moontlik weg van hom/haar. 'n Geloof aan die doeltreffendheid van homeopatiese middels is iets wat kwaksalwers van alle strepe en kleure in gemeen het en dít is goeie rede om nie jou gesondheid in hulle hande te plaas nie.

    Chris

  • CorneliusHenn

    Beste Charl le Roux,  

     

    Die onderwerp blyk heel duidelik deel van jou opleiding te wees. Daarom ek die vrymoedigheid het, om met respek die volgende aan jou te bevraag: Hoeveel van die kliniese toetse waarna jy verwys, vind buite die toesig, beheer, of diens in die korporatiewe maatskappy (dws algeheel en onafhanklik, vry van die finansiële belegger se belang) plaas?  

     

    Cornelius Henn

  • Charl le Roux

    Hallo Perdebytjie,

     

    Dankie, jy's welkom.

     

    Hallo Chris,

     

    Dis reg dat geen homeopatiese medikasie nog ooit `n deeglike dubbelblinde toets kon slaag nie.  Homeopatie ontbreek ook aan `n logiese meganisme wat enigsins met bevestigde chemie en anatomie verband hou.  Soms word homeopatie met naturopatie gekombineer; kruie is egter nie homeopaties nie.

     

    Hallo Cornelius,

     

    Dis `n belangrike punt wat jy opper.  Die prosedures wat gevolg is en resultate wat behaal is in `n kliniese toets word gewoonlik aan portuur evaluasie onderwerp, dws dieselfde toets word deur een of meer ander partye herhaal.  Onafhanklike laboratoria kan steeds betaling van vervaardigers ontvang en selfs universiteite ontvang donasies van maatskappye.  Die moontlikheid van korrupsie bestaan dus steeds.  As `n laboratorium konsekwent uitsonderlike resultate behaal, sal hul reputasie egter in gedrang kom.

     

    Prosedures en bevindings van kliniese toetse word ook in vakkundige tydskrifte gepubliseer vir verdere evaluasie.  Soms word `n "megastudie" gedoen waarin talle kliniese toetse op dieselfde produk teen mekaar opgeweeg word.  Die vereistes vir goedkeuring van `n middel hang af van die mediese skedule asook die betrokke land se medisynebeheerraad.

     

    Ns.: Ek het nie `n professionele kwalifikasie op hierdie gebied nie.

     

    Groete,

     

    ClR

  • CorneliusHenn

    Beste Charl,    

     

    Baie dankie vir jou eerlike antwoord.    

     

    Homeopatie, word in ieder geval en heel tereg dalk as die behandeling van 'n siekte met geneesmiddels wat by 'n gesonde mens juis daardie siekte sou teweegbring, beskou.    

     

    Natuurlike gesondheid produkte daarenteen, is egter wel 'n afdeling wat toenemend in apteke bedryf word.    

     

    Jou punt aan Chris hierbo: "Soms word homeopatie met naturopatie gekombineer; kruie is egter nie homeopaties nie", is dus besonder leersaam.    

     

    Hoe onderskei 'n mens behoorlik tussen homeopatie in die omskrywing hierbo, ook die besonderse werk van 'n natuurterapeut soos Dokter Alfred Vogel, en byvoorbeeld die produkte wat deur SA Natural bemark word op grond van die kritiek wat jy ten opsigte van homeopatie het?    

     

    Cornelius Henn

  • Ag nee wat, ek hou nie van die soort debat nie. Almal stem saam dat homeopatie nie werk nie. The Guardian se debat:  "Is there any proof that homeopathic medicine works?" was interessanter, want albei kante van die saak is gestel. Miskien kan dit 'n paar “wetenskaplikes” laat dink. (http://www.theguardian.com/notesandqueries/query/0,,-9542,00.html)

    'n Aantal van die pro-homeopatie skrywers word aangehaal: I was saddened to learn that homeopathy doesn't work. Our dog has suffered from car sickness since the day we brought her home from the RSPCA. Tablets from the vet made her groggy but didn't stop her emptying the contents of her stomach. A friend recommended a homeopathic remedy which we now give her before each journey, and no more sickness. Now how do I tell her that it doesn't work and it's obviously been all in her mind? Caroline Dearden, York

    Yes there is - the results of all the homeopathic medicine provings over the past 200 years are recorded in the volumes of books called Materia Medica. If you want the proof for yourself and you are feeling brave and perhaps foolish then do a proving. Buy a bottle of Belladona 30c and take a dose (one tablet) and wait an hour or so to see if you get a fever, if not repeat several times until you do so. A note of warning - stop as soon as you start to get any symptoms or strange sensations as Belladona is known to cause hot, pulsating headaches with a high fever. It is antidoted by string coffee and camphor. If these fail to relieve then visit a homeopath. Greg Meanwell, Totnes UK

    Many years ago my two-year-old son suffered from allergic asthma. The conventional answer then was aggressive steroid treatment which carried some risks so my wife suggested the alternative of homeopathy. She was far from convinced and I was frankly sceptical but we found a local NHS doctor who also practised as a homeopath and he prescribed a dose of something very dilute. The result was astounding. The blue, wheezing toddler turned pink within minutes, became able to breath and would usually drop into peaceful sleep. The effect was, in scientific terms, decisive, observable and entirely repeatable. Placebo effects, in this case, are as unconvincing an explanation as anything else I have read in 25 years. Like Prof Harvey Rutt I find the ideas of water memory and enormous dilution apparently risible - but the corollary of this is to find a better explanation, not to damn homeopathy as impossible. As Lavoisier, Pasteur and so many others understood, good science always fits the hypothesis to the evidence. History is littered with tales of the arrogant and the foolish who have preferred the easier route of reversing that logic or who have denied that something happens simply because they can't explain why it does. Chris Woolf, Liskeard, Cornwall

    In 1822 Constantine Hering, a bright allopathic German doctor set about writing the book that would finish off this new 'foolish and illogical' system. To his great credit he followed the logical sequence of actions required to do a proving of Cinchona (contains quinine) and to his amazement found that the medicine gave him the symptoms of malaria, just as Hanhemann had explained. Hering became the founding father of homeopathy in America. The proof of the pudding is in the eating. There are so many homeopaths and their patients who have tasted the pudding. If you want to prove whether it works or not, rather than just talking about it, do a proper proving over several hours as Hering did Greg Meanwell, Totnes, UK

    Homeopathy works sometimes but it does not work always. In my youth, I used to ridicule my cousin who was a homeopath giving all the scientific arguments against it. At age 28, I started getting warts on my face and shaving became so painful, blood oozing out after every shave and the infection spreading slowly to half of my facial side. I got all possible allopathic treatment but to no avail. finally I was told to have these warts electrically BURNT and that the process was quite painful. I chickened out. Then I decided to try a homeopathy and cure without consulting any homeopath. I just got an elementary book and took a dose of sulpher 30. Nothing happened. Out of frustration, I bough sulpher CM, the so-called highest potency and took a dose. Nothing happened. I took another dose, and this time my skin started burning and had red rashes and itching all over my body. I suffered for about a week and then it subsided. I was disappointed but became curious about this itching and rashes that so clearly mentioned main symptoms of SULPHER in Materia Medica. I thought these is definitely something in this solution which does have some power to torture me if not CURE ME. I studied little deeper and then took a dose of THUJA CM, only one drop, afraid it might create further trouble. I took it in the evening. Next morning, I was literally speechless when I saw my face! There was no trace of a single wart whereas half of my face was filled with these warts the previous night. That day on, I am a firm believer in homeopathy. … Ali Hassan, Islamabad Pakistan

    Homeopathy does work. As an Indian American, I can attest it works. When I was a young child about 1 year of age in India, I started getting convulsions every time I got ill & had high fevers. My folks tried all the traditional treatments including Anti-convulsants to no avail. It would just make me worse. In quite a few instances, my eye pupils would constantly shift when taking anti-convulsants. My folks took me to the best of doctors including German Physicians who were trained in Conventional Medicing( aka Allopathy). Now they were coming as doctors in Southern India beginning in the 1960s. Long story short, my father finally took me at the age of 4 to a Homeopathic doctor he met a few years earlier. He gave me a dose of Belladoma 30c. Once taking this, all the boils & hives filled w/ pus appeared on my body especially on my spine and on the top & back of my head. My grandma & mother panicked, but the doctor said continue the course, and apply some appointment on the head after a few days. A month after the 1st medicine, he said take Sulphur 30c to complement the initial medicine. Now this doctor wasn't a "Licensed Physician" back when my father first met him a few years before in 1976. However he cured my Dad's illness with "psora", an itch, he had over a 4 year period when he accidentally met him at the bank my father worked at. When he had the itch, his face would swell up when he digested any meats or fats such as butter. He was also physically fragile. However after giving him Lycopodium 30c, his itching went away. Hives came & oozed out, and he gained several pds ( 8 to be exact, after a few weeks due to normal eating.) Even when me moved to the U.S., homeopathy has worked for us, not for everything, but most things. The key is to understand the principles of the Medicine & also how to research it in the Materia Medica & Repertory. Have a good day. Cedric, Fort Lauderdale USA

    First look at: TED website for video "Ben Goldacre: What doctors don't know about the drugs they prescribe" I have been having homeopathy medication since childhood. It has been particularly found to be effective in coughs and colds; healing of wounds; headaches; breathing problems; skin problems; many categories/types of pain sensations that allopathic medicine does NOT document to even the slightest degree. I have "very sparingly" had painkillers or other common allopathic medication in the last 35 years of my life which , like any other man, has not been totally free from illnesses or ailments from time to time. Homeopathy IS effective. It is not just a hoax. It is being administered and consumed by many. Our approach is generally wrong in understanding subtle medications, as we are incorrectly depending on "measuring" their effects by physical machines/methods, instead of making mass comparisons on how people switched to homeopathy when allopathy did not owe results- and how it has worked. It is well known that how medical councils around the world have been dismissing alternative medicine. It is just like trying to measure "bliss" (not just happiness). Bliss can be measured only by reduction/absence of "non-bliss" symptoms and not by conventional methods. Do not talk about physics, as its laws are ever-changing/in flux. Take nano technology for instance, take the emergence of even more smaller sub-atomic particles very recently discovered. Remember, the material world is all 99% space and pure energy, and our perception of "matter" or "mass" is just due to the limitations of resolution level of our senses. You can validate this by atomic physics texts and know that 99% or more of the volume occupied by a molecule or even an atom IS empty space !! Utk, Delhi India

    Homeopathy does work. those who say it doesn't can not think beyond molecules or atoms. Navin, Kanpur, India

  • Chris Dippenaar

    Hello George

    Stel jouself voor dat 'n homeopaat sy middels aanmaak, maar nie dadelik die etikette op die verskillende middels plak nie. Hy gaan uit en as hy terug kom het iemand die botteltjies (almal identies) rondgeskuif om te vee en af te stof. Nou moet hy die veskillende middels identifiseer sodat hy die korrekte etiket op die korrekte botteltjie plak. Watter toets kan hy doen om te onderskei tussen die verskillende middels? Verder, hoe sal hy sy homeopatiese middel onderskei van gewone water?

    Chris

  • Chris Dippenaar

    Hello Charl

    Die punt wat ek wou maak is dat homeopatie kan dien as 'n lakmoespapiertoets wanneer daar aangeklop word vir hulp. CAM werk onder 'n tent wat 'n magdom van kwaksalwery insluit. Naturopate wat werk met kruie het altyd 'n goeie woordjie te sê oor homeopatie ook, en dit behoort 'n rooi vlaggie te laat opgaan oor die tipe raad wat jy by so 'n ou gaan kry oor kruie. As 'n gewone doktor homeopatiese middels aanbeveel vir sy pasiente sou ek hom, ongeag wat anders hy ookal mag voorskryf, beskou as 'n kwaksalwer. Mens word geken aan jou vriende en 'n geloof aan homeopatie sê vir my dat jou vlak van kritiese denke nie baie hoog is nie.

    Chris

  • Charl le Roux

    Hallo Cornelius,

     

    Homeopatiese middels word voorberei deur `n bestanddeel herhaaldelik te verdun in water, gewoonlik teen `n oplossing van 1:100 op `n slag.  Daar word beweer dat die middel verbeter hoe meer keer jy dit verdun.  Deur dit 20 keer teen 1:100 te verdun, is jou preparaat nou 100 tot die mag 20, oftewel 10 tot die mag 40 keer verdun, dis `n 1 met veertig nulle agter dit.  Wanneer homeopate daarop gewys word dat klein hoeveelhede van so `n verdunning nie eens `n enkele molekule van die oorspronklike bestanddeel bevat nie, beweer hulle die water self het `n “geheue”.  Geen gronde bestaan om so `n hipotese ernstig op te neem nie.

     

    Naturopatiese middels word gewoonlik nie só verdun nie en die moontlikheid dat `n krui wel helende kwaliteite kan hê bestaan wel.  Dit is egter raadsaam om eerder te hou by middele wat deur kliniese toetsing as doeltreffend bewys is.  In SA apteke is onderskeid nie altyd op die verpakking duidelik nie en sal jy soms op die apteker se raad aangewese wees.

     

    Ai George,

     

    Hierbo het ek nou mooi uiteengesit hoekom anekdotiese getuienis nie as barometer vir die doeltreffendheid van medikasie betroubaar is nie en hoe kliniese toetse werk, en nou kom jy sowaar terug met `n string anekdote.  “Kosie het sy vratjie in die rigting van die maan geblaas en `n week later het dit afgeval.”  Dis hoe bygelowe ontstaan en dis waarop homeopatie berus: bygeloof.  Daar is geen empiriese data wat daarop dui dat homeopatie enigsins werk nie, die hipotese waarop dit gegrond is, is nooit bewys nie en daar is geen meganisme waarvolgens dit kan werk nie.

     

    Groete,

     

    ClR.  

  • Chris Dippenaar

    Hello Charl

    Daar is blykbaar 'n baie goeie kans dat van die watermolekules in die glas water wat ek vandag drink twee duisend jaar terug in die blaas van Caesar was. As die "geheue" van water bestaan, soos homeopate sê dit bestaan, wanneer verloor water die "geheue" van hierdie grootse gebeurtenis om nie in te meng met die homeopatiese "geheue"? As dit waar is dat die middel verbeter hoe meer keer jy dit verdun behoort Caesar se urine 'n baie groter invloed te hê as iets wat meer onlangs verdun is in die water, of hoe?

    Chris

  • Beste Charl

     
    Hierdie brief van jou ontlok nogal interessante kommentaar. As ek so kyk na die persone wat neig na die geloof in homeopatiese middels, dan is dit opvallend dat dit die mense is wat ook onskepties is oor godsdiens en ander wonderwerke.
     
    Sonder om lelik te wees of iemand aan te tas, dis maar net 'n waarneming.
     
    Groete
     
    Perdebytjie
  • CorneliusHenn

    Perdebytjie, ek beskou myself teïsties, dog ek ewe skepties teenoor homopatie staan as die sogenaamde geldmaak chemikalie onder die grote wetenskap van nog groter geld maak ... ek wonder maar met waar jy die katolieke in sulke vooroordeel sou pas? ...

     

     

     

  • Beste Cornelius

     

    Dit was net 'n waarneming en ek het jou nie eers hierby ingesluit nie, want jy het eerlike vrae gevra. Jy is heeltemal reg om skepties te wees oor geldmakery in die chemiese medisynebedryf,

     

    Dit gaan hier egter om die kliniese toetsing van medisyne. Dus al betaal mens deur jou nek daarvoor, is dit nog steeds goedkoper as kwaksalwers se bedrieglike pogings, waarmee hulle met mense se koppe smokkel.

     

    Groete

     

    Perdebytjie

  • Charl le Roux

    Hallo Chris,

     

    Jy moet net versigtig wees wat jy drink: Caesar het nooit gesê "I pissed, I saw, I conquered" nie.  Miskien was daardie watermolekule nie in sy blaas nie.

     

    Hallo Perdebytjie,

     

    Daar is darem ook baie godsdienstiges onder ons wat nie deur kwaksalwery om die bos gelei word nie.  Ek wil nie godsdienstige persone as noodwendig liggelowig stereotipeer nie.  Daar is natuurlik ander wat vir die geloofsgeneser se toertjies val.

     

    Groete,

     

    ClR   

  • CorneliusHenn

    Liewe Perdebytjie,  

     

    Baie dankie vir jou altyd openlikheid.  

     

    Nes in baie ander onderwerpe waar die verklaring en betekenis aan begrippe mense verby val, veral ten koste van die wonder daarin, raak ek besorg en deel daarom graag my algemene kennis daarin.  

     

    Natuurgeneeskunde, of te wel natuurgeneeswyse, is iets wat my diep in die hart leg, daarom raak ek hartseer waar dit met die mediese wetenskap, of iets soos homeopatie verwar word.  

     

    Al is ek skepties rakende die geldmaak bedoeling in die chemiese medisynebedryf, kwaksalwery en geloofsgenesing verkondig deur godsdiensboewe; is die wetenskap van orgaanoorplanting in betekenis, ook 'n vorm van homeopatie.  

     

    Mediese wetenskap spesialiseer absoluut in siektes. As 'n dokter vir jou seg jy is gesond, bedoel hy gewoon hy diagnoseer geen siekte by jou nie.  

     

    Tog het gesond wees, 'n geheel ander betekenis in die bepaling van jou algehele welstand vanuit die hart van die natuur beskou.  

     

    Natuurgeneeskunde, of te wel natuurgeneeswyse, is die  manier van genesing waarby geen medisyne gebruik word nie, maar baaie, dieet, oefeninge, son, fisioterapie, kruie, ... en dan die heel grootste van alles - LIEFDE en HART.  

     

    Natuurgenesers, is harte wat lydendes wil help deur natuurlike hulpmiddels te gebruik, maar bowenal met GELOOF en SPIRITUALITEIT, elke wese op aarde in die geheel  gelukkig te pas.  

     

    Hartlike groete van tak tot tak,  

     

    Cornelius Henn

     

     

  • Chris Dippenaar

    Hello Cornelius

    Ek besef dat ek en jy deesdae nie vreeslik goed oor die weg kom nie, maar ek wil tog vir jou laat weet dat ek op 'n manier saamstem met jou oor die probleme met die farmaseutiese industrie. Waar ek dalk met jou verskil, as ek jou reg verstaan, is die rol wat jy vir CAM sien. In die woorde van Scott Gavura: "‘Big pharma is evil,’ goes the line of reasoning, ‘therefore homeopathy works and the MMR vaccine causes autism.’ This is probably not helpful".

    Ben Goldacre se boek, 'Bad Pharma', spreek hierdie probleem aan, en doen dit met die nodige rasionaliteit. Hy beskou die industrie as 'n noodsaaklike, maar maak geen geheim daarvan dat hy dink daaar is groot foute. Foute wat hy dink reg gemaak kan word. Hier is twee skakels vir jou om 'n idee te kry waaroor sy boek gaan:

    http://www.sciencebasedmedicine.org/bad-pharma-a-manifesto-to-fix-the-pharmaceutical-industry/

    http://www.theguardian.com/science/audio/2012/oct/22/science-weekly-podcast-ben-goldacre-bad-pharma

    Die voorstaanders van CAM wil ons laat verstaan dat dit 'n keuse is tussen dit wat húlle voorskryf of die gif wat BIG PHARMA in ons liggame wil pomp vir geld. Die realiteit is baie meer ingewikkeld as hierdie naïewe uitkyk. Die probleme met die farmaseutiese industrie is skokkend, verseker, maar geen rede hoekom ons ons ore moet uitleen aan kwaksalwers nie. Soos Charl en Perdebytjie tereg uitwys, geen medisyne kan vrygespreek word van kliniese toetse om te demonstreer dat dit effektief is of nie. Die uitdaging is om seker te maak dat hierdie proses nie misbruik word nie.

    Chris

  • CorneliusHenn

    Beste Chris,  

     

    Dankie vir jou deelsaamheid en jou leersame inligting hierin.  

     

    My bedoeling is allermins om alarmisties te wees.  

     

    Ek is oortuig daarvan, en vol vertroue dat daar nog in die afsienbare toekoms, vele openbaringe omtrent die sogenaamde elite se geldsug ten koste van miljoene mense se lewens en gesondheid oor die wêreld heen, sal wees.  

     

    Menige (soos George), wat 'n geliefde aan iets soos kanker afgestaan het, sal die werklike oorsaak daarvan weldra nog besef!  

     

    Ja, daardie dag wil ek gewis nie 'n "slimjannie" op een in die korpokrasie se betaalstate wees nie ... daar is reeds menige lewe en dood in kapitalistiese medisyne  ...  

     

    'n Maatskappy (veral pragmaties beskou), is 'n regspersoon - SONDER GEWETE.  

     

    Geeneen sal in 'n maatskappy belê wat aan 'n gewete dra nie.

     

    Enige maatskappy in die wêreld, is daar om wins te maak.  

     

    ... en dis waar onder meer  medisyne vandaan kom - wat nog kos, klere, werk, huise, ... en al die tegnologie waaraan ons verslaaf is?  

     

    Ek nooi jou en enige belangstellende hier om my standpunt self uit die perd se bek te hoor: http://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=nTqvBhFVdvE ... stel jou voor; die geldsugtige korpokrasie (Nestle in hierdie geval), wil selfs water privatiseer om hul wins te jaag ...

     

    Derhalwe, en eintlik ter wille van die punt ter sprake - ek die esoteriese en gesondheidkunde op die natuur gegrond - geheel en al hier wil onderskei.  

     

    Besorgde groete,  

     

    Cornelius Henn

     

     

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, dis vir my duidelik dat jy, soos ek seker maar voor die tyd moes geweet het voordat ek kommentaar tot jou gerig het, dat jy my punt heeltemal gemis het.

    Die heel eerste kommentaar onderaan die video-skakel wat jy verskaf sê dit beter as wat ek ooit kan: "I truly believe that this man represents the evil force of humanity... He's? bad... It represents everything I believe is bad... It's simply the stupidest form of thought that humanity has achieved in four thousand years of evolution..."

    Geen argumente, net stellings, wat "ondersteun" word deur absolute onkunde. In die wêreldjie van die 'conspiracy theorist' moet alles mos swart en wit wees.

  • CorneliusHenn

    Chris, kombersterme soos "die punt mis"... "ultra-regs" ... "conspiracy theorist" ... is ook als geykte clichés en wat die visse stroom afdryf misbruik om hul slaafsheid aan die sisteem teenoor enige kritiek te probeer regverdig ... rêrig, die hoof van Nestlé stel dan in sy eie woorde hoe jy sy korporasie moet ryk maak, en al wat jy oor het is om my te probeer neerhaal ... al wat jy nodig had was om te verklaar dat jy met die rykman saamstem en dat water geprivatiseer moet word sodat maatskappye daarby kan baat ... dis al - jy is mos geregtig op jou eie mening - STEL DIT - waarom gedurig ander se harte ondermyn en probeer onderdruk? ... Chris, soos gewoonlik, voer jy inderdaad geen argumente, net stellings, wat "ondersteun" word deur absolute (nyd) ...

     

     

     

  • Chris Dippenaar

    Peter Brabeck-Letmathe:

    http://www.youtube.com/watch?v=SEFL8ElXHaU

    "Water is of course the most important raw material we have today in the world. It's a question of whether we should privatise the normal water supply for the population. And there are two different opinions on the matter. The one opinion, which I think is extreme, is represented by the NGO's, who bang on about declaring water a public right. That means that as a human being you should have a right to water. That's an extreme solution. And the other view says that water is a foodstuff like any other, and like any other foodstuff it should have a market value. Personally I believe it's better to give a foodstuff a value so that we're all aware that it has its price, and then that one should take specific measures for that part of the population that has no access to this water and there are many different possibilities there".

    Hier is 'n breuk in die video en dan gaan dit aan met:

    "I'm still of the opinion that the biggest social responsibility of any CEO is to maintain and ensure the successful and profitable future of his enterprise. For only if we can ensure our continued, longtermed existence will we be in a position to actively participate in the solution of the problems that exist in the world...."

    Hier gee hy syfers oor die werk wat Nestle verskaf aan mense.

    Anders as Cornelius, het my 'bullshit detector' onmiddellik aan gegaan toe ek die breuk in hierdie YouTube video gesien het. Iemand het hierdie video gesny om "many different possibilities" te laat skakel met "the biggest social responsibility of any CEO is to maintain and ensure the successful and profitable future of his enterprise". Op hierdie manier word Brabeck se woorde verdraai om hom te verf as die "rykman" wat sê "dat water geprivatiseer moet word sodat maatskappye daarby kan baat".

    In 'n artikel in die Huff Post verduidelik Brabeck homself:

    http://www.huffingtonpost.com/peter-brabeckletmathe/addressing-the-water-chal_b_3152926.html)

    "I do not deny that clean and safe water to drink or for basic hygiene is a human right. Of course it is. However, I do not think it is right that some people in the world do not have access to a clean, safe supply when others can use excess amounts for non-essential purposes without bearing a fairer cost for the infrastructure needed to supply it. When we give water a value, we use it more carefully, and this does not mean privatization. Water is one of the biggest challenges for sustainable development over the coming decades -- environmental, social and economic. Governments, of course, have a pivotal role to play in managing water resources but today the resources available to governments for public spending are shrinking. Business can and should get involved to help address the issue"

    Die punt is nie of ek met Brabeck saamstem of nie, maar dat ek nie gaan val vir die histeriese uitlatings van iemand soos Cornelius wat alles wat hy lees op die Internet soos soetkoek opvreet en probeer verkoop.

  • CorneliusHenn

    Chris Dippenaar, met respek; ek verwonder my aan jou moeite en haal beslis my hoed daarvoor af ... my benadering is ietwat anders as joune in die geheel, en beskou ek  heelhartig beide kante van 'n saak ... ek dink egter jy maak 'n groot fout as jy gewete aan enige maatskappy op aarde probeer voeg - 'n maatskappy is 'n regspersoon sonder geboorte of sterfte, of gewete in die praktyk ... alle maatskappye - die uwe se maatskappytjie ook - moet geld maak! ... dis die eerste beginsel en die werklikheid waaruit soveel van ons verslawing vandag vandaan kom ...  ek dink jy moet jou persoonlike vendetta teen my ter wille van die onderwerp so 'n bietjie taan ...  Charl le Roux het 'n baie insiggewende bydrae hier gelewer en het elkeen se vrae sinvol en met respek beantwoord ... dis jammer dat jy nes Wouter Ferns en Jaco Fourie hierdie bydrae nou ook ontsier deur 'n "katgeveg" hier op stapel te laat loop ...

     

    Ter wille van die argument, haal ek die volgende VERBATIM uit Peter Brabeck-Letmathe se onderhoud aan:

     

    The one opinion, which I think is extreme, is represented by the NGO's, who bang on about declaring water a public right. That means that as a human being you should have a right to water. That's an extreme solution. ... I do not deny that clean and safe water to drink or for basic hygiene is a human right. Of course it is.

     

    ... nou ja, dis besigheid - en besigheid uit 'n fenomenale besigheidsman se mond ... jy moet erg naief wees om sy werklike bedoeling en teenstelling daarin te mis ...

     

    Ek dink nie dis "ekstreme oplossing" dat 'n mens reg het op water nie ... ek is ook nie histeries as ek water as elke lewende wese, plant, grassie, spinnikop, insek, slang, ... se reg op aarde beskou nie ...

     

    ... dink jy maar so in jou persoonlike vendetta teen my as jy wil Chris Dippenaar ...

     

    Vrede vir jou,

     

    Cornelius Henn

  • Chris Dippenaar

    Terloops, die "VERBATIM" aanhaling uit Peter Brabeck-Letmathe se onderhoud is uit twee verskillende bronne. Die laaste gedeelte daarvan is nie in die YouTube video waarvoor Cornelius 'n skakel verskaf het nie.

  • CorneliusHenn

    ... ag tog, hier gaat ons al weer ...  wat is tog jou punt betreffende die onderwerp Chris Dippenaar?  ... het ek dit in die korrekte redeverband aangehaal of nie? ... hel,  jy gee dan self voor dis waar die onderhoud aangaan ... stry jy nou glads met jouself ook? ...

  • CorneliusHenn

    Beste Charl,

     

    Dis duidelik dat Chris Dippenaar daarop uit is om die sin hierin te ontsier.

     

    Ek is reeds tot vervelens deur die Wouters, Jaco's, Chrisse en Kobusse se meul op die werf.

     

    Daarom tree ek nou hier uit.

     

    Dankie vir jou onderwerp en besonderse hantering daarvan.

     

    Namaste!

     

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    ... en o ja Chris, dankie wel vir jou wens ... ek neem dit ter harte ... Namaste! Cornelius Henn

  • Chris Dippenaar

    Cornelius: "Ek is reeds tot vervelens deur die Wouters, Jaco's, Chrisse en Kobusse se meul op die werf. Daarom tree ek nou hier uit"

    Nee, ou gabba, so maklik is dit nie. Nie net lei jy aan vervolgingswaansin nie, jy is ook 'n formidabele 'conspiracy theorist'. Dit is baie duidelik uit die volgende stelling van jou hierbo: "... 'n maatskappy is 'n regspersoon sonder geboorte of sterfte, of gewete in die praktyk ... alle maatskappye - die uwe se maatskappytjie ook - moet geld maak! ... dis die eerste beginsel en die werklikheid waaruit soveel van ons verslawing vandag vandaan kom..."

    Nie net sal jy die logika van hierdie standpunt (spesifiek jou gevolgtrekking in vet gedruk) moet verdedig nie, jy sal ook moet kom met 'n alternatief. Soos ons sien met CAM wanneer dit afgespeel word teen BIG PHARMA het jy en jou maatjies nog geen vordering gemaak nie. Niemand sê dat groot maatskappye engeltjies is nie, hulle is soms euwel en krimineel, maar om te dink dat jy met 'n sakkie kruie, 'n watergietertjie en 'n geloof in spiritualiteit die probleme van die planeet gaan oplos is heeltemal idioties.

    Hier is 'n goeie 'conspiracy theory' vir jou: BIG PHARMA/CORPORATION betaal jou, Cornelius, elke maand 'n bedrag geld om hulle opposisie se saak só onsamehangend en kak voor te stel dat niemand hulle sal ernstig vat nie. Klink vir my heelwat beter as joune.

  • CorneliusHenn

    Vervolgenswaansin Chris Dippenaar?... siestog, jou gegabbas en stront teen die muur is duidelik teen my persoonlik gemik met net mooi boggerol oor die onderwerp nie ... gaan stop daai pyp en sing jou song Chris ... cheers ...

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top