Moet Duiwelspiek se naam verander?

  • 19

In die Die Burger van 10 Junie 2014 (nee nie 1 April 2014 nie!) word op die voorblad berig dat ’n drukgroep Christene nou gaan probeer om Duiwelspiek se naam verander te kry – totaal absurd maar waar. Die rede is glo dat die duiwel so nare karakter is dat dit ons nie betaam om ’n belangrike baken met sy naam te vereer nie.

Volgens die berig is die naam Duiwelspiek glo ontleen uit ’n mitiese verhaaltjie wat dateer uit die 18e eeu. Ene Jan van Hunks het glo teen Duiwelspiek se hange gesit en rook toe iemand hom ’n bietjie tabak gevra het, waarna hulle toe saam gerook het. Ou Jan het ongelukkig nie opgelet dat sy mederoker hoewe en horings het nie!

Ek vermoed alle lesers hier moet nou eers ’n tydjie neem om die lagbui in bedwang te bring en die trane uit hul oë te vee. Wat ou Jan van Hunks gerook het, kan ek my net indink met dié dat hy die hoewe en die horings heel misgekyk het.

Maar waar kom die duiwel vandaan? Vir my is die ironie dat Christene beweer dat alles deur god geskape is, wat dus impliseer dat god ook die duiwel geskape het. Maar kyk net hoe netjies kom die Christene uit hierdie skaakmat posisie met vlugtige spiritueel intelligente voetwerk: “Die Bybel toon dat God nie die Duiwel geskep het nie. Hy het eerder die persoon geskep wat die Duiwel geword het. Die Bybel sê aangaande God: “Volmaak is sy werk, want al sy weë is geregtigheid. ’n God van getrouheid, by wie daar geen onreg is nie; regverdig en reg is hy” (Deuteronomium 32:3-5). Uit hierdie woorde kan ons aflei dat Satan die Duiwel eens op ’n tyd volmaak en regverdig was, dit wil sê een van God se engelseuns.

In Johannes 8:44 het Jesus gesê dat die Duiwel ‘nie in die waarheid vasgestaan het nie’ wat impliseer dat Satan eens op ’n tyd wel eerlik en onskuldig was.

Maar soos die res van Jehovah se intelligente skepsele, het die engel wat Satan geword het, die vryheid gehad om tussen reg en verkeerd te kies. Deur te kies om ’n weg van verset teen God in te slaan en die eerste mensepaar oor te haal om by hom aan te sluit, het hy homself Satan gemaak, wat “Teenstander” beteken. Genesis 3:1-5; Openbaring 12:9  http://www.jw.org/af/bybelleringe/vrae/het-god-die-duiwel-geskep/ Die vraag wat nou weer onwillekeurig by my ontstaan is: As god dan nou so almagtig is, soos wat Christene beweer, hoekom vernietig hy nie net die duiwel met een swaai van sy hand nie?

Soos ons nou al gewoond is van spiritueel intelligente redenasies, word weereens, sonder ’n greintjie bewyse, die wonderlikste stories en mites tot voldonge feite verhef. Christene leef hulle só in die verhaaltjie in dat die geskepte karakter “duiwel” se naam nou al selfs in die normale gang van die lewe kwansuis begin aanstoot gee! Dis byna soos om te beweer dat die term “wolf” uit die volksmond geneem moet word as gevolg van sy erge negatiewe rol wat hy speel in die Rooikappie sprokie! Die Kobus de Klerks en Trienies van die wêreld wat hierdie spul snert huidjie en muidjie insluk en rustig meedoen om die mites te versprei, kan direk verantwoordelik gehou word vir sulke afwykende gedrag.

Om nou op grond van dié hersenskimme en verbeeldingsvlugte van ’n klompie mense, die naam van ’n belangrike landmerk in Kaapstad te wil verander, grens gewoon aan die belaglike.
Ek vertrou dat die stadsvaders hierdie sotlikheid in lêer dertien sal laat beland waar dit hoort.

Groetnis

Thomas

  • 19

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Beste Thomas,

    Spirituele intelligentes en Bybelaanbidders is meesters in die misbruik van kombersterme.

    Wie bedoel jy hier met "christene"?

    Namaste!

    Cornelius Henn

    (... en o ja, Duiwelspiek had "Windberg" geheet in beter dae ... die Duiwel allenig weet waar die naam "Duiwelspiek" vandaan kom - miskien uit die seerower Van Hunk-legende? In daardie geval bly die naam van pas aangesien die Duiwel se setel steeds aan die voete daarvan smeul - met respekte aan Jakobus Faasen)

  • Die drukgroep moet vasbyt want die naam gaan in elk geval binnekort verander word na Umfana wa Ndlela Mahlangu Peak toe, of Nelson Mandela Peak, of so iets.

  • Lees Psalm 33 volledig oor die raadsplan van God, en 1 Korinthiërs 13 waar daar gesê word jy kyk nou deur 'n spieël in 'n raaisel maar na die wederkoms van Christus sal jy ten volle ken soos jy ten volle geken is.

  • Pieter Redelinghuys

    Dankie vir hierdie brief aangaande die naam "Duiwelspiek" met die resultaat dat dit my aangespoor het om verder oor die onderwerp van die "Duiwel" te lees. Daar is genoeg op Wikipedia en die net oor hierdie onderwerp vir diegene wie dit interesseer, hoe die konsep van hierdie mitologiese karakter onstaan en ontwikkel het.

     Verder wil ek byvoeg dat jy, Thomas, 'n uitgebreide kennis  van die Bybel het vir 'n ateïs. Seker die hoofrede waarom jy 'n ongelowige geword het. Hoe interessant om te besef dat daar in die geskiedenis van die vroeë Christelike Kerk ketters was wat geglo het dat Jahweh self die Duiwel was.

     Groete,

     Pieter Redelinghuys

  • Beste Thomas,

    Dis darem onregverdig van jou om te verwag dat God die duiwel moet vernietig. Watter gogga sal dan die miljoene babas bang maak, en sorg dat hulle gereeld kerk toe gaan? Die Christene sal dan mos amok maak, en doen wat hulle wil. Die duiwel is mos die behoud van die Christendom.
     
    Groete,
    Angus
  • Cornelius

     
    Onder Christene verstaan ek almal wat hulle met die mitiese Christus-verhaal assosieer en dit as 'n feit aanvaar dat een of ander god die wêreld en alles daarop wonderbaarlik uit niks geskep het. Dan glo Christene ook verder dat hulle sleg is en dat hulle in die hel van die duiwel gaan brand indien hulle nie glo dat die historiese Jesus-figuur vir hulle sondes kom sterf het nie. Onvoorwaardelike geloof in hierdie totaal absurde en ongeloofwaardige storie kan jou kwansuis na jou dood laat voortleef in 'n hemel waarvan die ligging net so onbekend soos die ligging van die hel is. 
     
    Ek weet dit klink totaal belaglik dat enige normale wese in sulke loutere snert kan glo maar dit is breedweg die definisie van 'n Christen. 
     
    Groetnis
    Thomas
  • Pieter Redelinghuys

    Beste Angus,

     

    Hoe opmerksaam van jou! Die konsep van Die Duiwel speel n baie belangrik rol in die Christenkerk om vrees op lidmate af te dwing, en hulle so in toom te hou, om geloof deur middel van vrees te versterk. So ook met die konsep van Hel, 'n plek van vuur en swael, ewige branding, lyding, en 'n gekners van tande. Wat moet 'n mens  van 'n godsdiens dink wat sulke sadistiese afskrikmiddels moet gebruik om mense te kontrolleer? Beslis 'n belediging vir redelike menslike intelligensie. Kon geen beter wyse deur die eeue deur teoloë ontwikkel word nie?

     

    Beste groete,

     

    Pieter Redelinghuys

  • Aitsa
    Julle manne wat so skertsend en spottend oor die onderwerp praat, nouja 'die duiwel sal julle kom haal'.Duiwelstreke en sulke goed lewe nogal in die volksmond.

     Die Diábolos bly maar 'n moeilike karakter, eintlik sien die Jode hom in 'n ander lig en is hy eerder bekend as Satan en eerder 'n denkbeeldige wese wat die wêreld vir 'n mens moeilik maak en soms slegte dinge laat doen. "Even the morning after Yom Kippur, many Jews attend services to guarantee Satan does not make one last effort to instigate Jews to commit sins. " Jewish virtual library -Satan.

    Nou hoekom sou God die gevalle engel verduur en hom nie met as sy volgelinge vernietig nie? Snaaks genoeg speel Satan ook 'n rol in die verlossingsverhaal. Natuurlike sal die ateïstevriende dit dadelik as 'n versinsels van die menslike verstand/verbeelding afmaak, net soos die gedagte dat GOD nie bestaan nie.

    Die gedagte dat GOD nie bestaan nie is nie 'n versinsels van die menslike brein nie, dit kom glo van 'n hoër  gesag af. Satan dalk ? Nee die bestaan ook nie, of is die gedagte  ook 'n versinsels van die menslike brein?

  • FC Boot

     
    God is na die mens se beeld geskape. Dieselfde geld die satan. 
     
    Groetnis uit die regtige wêreld waar die mens alleen vir alles verantwoordelik is. 
     
    Thomas
  • CorneliusHenn

    Beste Thomas,  

    Sou dit dan reg wees om ewe breedweg 'n omskrywing van ateïste op te stel en almal saam aan die persoon van iemand soos Kim Jong-un te beskryf?  

    Derhalwe, is Christene ook dan die enigste Godsdienstiges wat jou so afstoot? 

    Glo jy miskien dalk nes die Bybelaanbidders hier as ontnugterde Protestant selfs dat Protestante die enigste "ware gelowiges" kan wees en enigiets buite hulle nie as Godsdiens tel nie?  

    Stalin en Moa het nes menige misantroop nie hul ateïsme probeer ophef nie maar eerder daarop gefokus om in soveel woorde  oproep te maak om "Godsdiens ten alle koste te ondermyn"!  

    Die Pol Potte in hierdie lewe is nog altyd eksplisiet ateïste in hul haat en vernietiging van onskuldiges se lewens.  

    Ek dink egter dis gewoon absurd om enige mens se hoop, geloof en liefde onder sulke komberse te probeer versmoor.  

    Jy is welkom om my direk as persoon te kritiseer sonder om allerlei onsinnige lapelle en etikette by te sleep.  

    Godsdienstige groete,  

    Cornelius Henn

  • Beste Thomas

    Die 'na die beeld' is tog so uit die oude doos.

    Eintlik staan daar :Gen.1-27."God het toe die mens gemaak.En dié mens het iets van God in hom gehad.God het 'n man en 'n vrou gemaak.'

  • Cornelius

     
    Om alle ateïste aan Kim Jong-un te koppel sou net so onsinnig wees as om alle christene aan Kobus de Klerk of Adolf Hitler te koppel. Ek het ook nie enige byl te slyp met christene nie maar beskou alle geloof in onbewese superwesens as ewe belaglik. Almal wat byvoorbeeld glo aan die goddelike bevrugting van maagde en die skepping van alle lewe op aarde deur een of ander superwese sonder ’n krieseltjie bewyse is vir my lagwekkend snaaks. Om sulke belaglikhede in die lig van die moderne wetenskap hardnekkig te bly glo getuig van ’n onvermoë om sinvol met die werklikheid om te gaan. As jy beweer dat jou lewe slegs sin maak deur aan onsinnighede te glo, moet tog sekerlik daarop dui dat iets êrens haper veral as jy voorgee om andersins normaal te wees.  
     
    Thomas 
  • CorneliusHenn

    Beste Thomas,

    Ek het absolute respek vir jou eerlikheid en opregtheid aangaande jou ongeloof.

    Dit staan in direkte teenstelling tot die skynheiliges (Duiwelsagente) wat waarskynlik nes jy beskou, maar geloof as iets met die verstand buit om geld daarmee te maak - hetsy langs hospitaalbeddens daarmee te dweep of 'n winsgewende doop, trou en begrafnis-onderneming daarmee te bedryf.

    Geloof verg beide fisiologiese en psigologiese vermoë by 'n mens. 

    Hierdie vermoëns ontwikkel van pasgeborene en kwyn weer tot anderkant bejaard.  

    Ongelukkig is daar menige omgewings en ander ongeluk wat ons natuurlike gesteldheid van die  liggaam ontneem en daarmee saam die vermoë om geloof te kan ervaar.  

    Hoe ERVAAR 'n mens geloof? 

    Hiermee bedoel ek gewoon 'n gewaarwording van die geestelike/spirituele wêreld.  

    Meeste gesonde mense beleef sulke ervarings.  

    Die setel daarvan is in die pineale klier (derde oog) in jou brein.  

    Daar is baie faktore wat hierdie geestesoog van ons swaksiende en blind kan maak (selfs al dink ons is gesond).  

    Maar genadiglik is daar wonders soos Ayahuasca en 'n paar ander kruie wat jou DMT aan die gang kan kry en jou weer heldersiende kan maak.  

    God sal SELF die res in jou hart openbaar - jy't rêrig nie nodig om jou aan my, of enige ander dweper daaromtrent te steur nie.  

    God se liefde en genade strek ook na die blindes wat blind bly en is dit die gelowiges se roeping om nederig vir almal te bid.  

    Namaste!  

    Cornelius Henn

  • Beste Thomas
    Die uitgangspunt vanuit 'n Christelike oogpunt is eenvoudig.As Christen glo ek:

    1.Alles wat 'n begin het, het ook 'n einde.

    2.Vir alle begin is daar 'n oorsaak.

    3. So het die heelal 'n begin gehad en het ook 'n einde.Die Planeet aarde dus ook.

    4.As Christen glo ek dat 'n entiteit en  nie 'n superwese,( superwesens kan ook in die natuur bestaan)die OORSAAK is van die begin van alles.

    .5.Hierdie entiteit het 'n proses in werking gestel en deur die proses het alles, dus ook natuurwette en alle dimensies ontstaan.

    .6. Dit val buite die begripsvermoë van die mens wat ook 'n resultaat is van die proses, om die entiteitte probeer verduidelik of enigsinds die wese daarvan te deurgrond.As Christene verwys ons na die ENTITEIT as God, en omdat ons nie in staat is om die Entiteit te verstaan of te begryp nie, maak ons gebruik van talle byvoeglike naamwoorde, waarvan die meeste seker aan jou bekend is.

    As jy dink dat jy as 'n produk van 'n proses in staat is om die proses te verstaan en die oorsaak van die begin, soos vervat in die oerknalteorië te verklaar,is jy 'n besondere mens, 'n selfverklarende produk.

    Hier is dan jou kans om te te verklaar wat die OORSAAK  van die oerknal was.

    Hier is wat ander al gesê het:
     1.Fred Hoyle (British astrophysicist): "A common sense interpretation of the facts suggests that a superintellect has monkeyed with physics, as well as with chemistry and biology, and that there are no blind forces worth speaking about in nature. The numbers one calculates from the facts seem to me so overwhelming as to put this conclusion almost beyond question."

    (2) George Ellis (British astrophysicist): "Amazing fine tuning occurs in the laws that make this [complexity] possible. Realization of the complexity of what is accomplished makes it very difficult not to use the word 'miraculous' without taking a stand as to the ontological status of the word."

    (3) Paul Davies (British astrophysicist): "There is for me powerful evidence that there is something going on behind it all....It seems as though somebody has fine-tuned nature’s numbers to make the Universe....The impression of design is overwhelming".

    (4) Paul Davies: "The laws [of physics] ... seem to be the product of exceedingly ingenious design... The universe must have a purpose".

     (5) Alan Sandage (winner of the Crawford prize in astronomy): "I find it quite improbable that such order came out of chaos. There has to be some organizing principle. God to me is a mystery but is the explanation for the miracle of existence, why there is something instead of nothing."

    (6) John O'Keefe (astronomer at NASA): "We are, by astronomical standards, a pampered, cosseted, cherished group of creatures.. .. If the Universe had not been made with the most exacting precision we could never have come into existence. It is my view that these circumstances indicate the universe was created for man to live in."

    (7) George Greenstein (astronomer): "As we survey all the evidence, the thought insistently arises that some supernatural agency - or, rather, Agency - must be involved. Is it possible that suddenly, without intending to, we have stumbled upon scientific proof of the existence of a Supreme Being? Was it God who stepped in and so providentially crafted the cosmos for our benefit?"

    (8) Arthur Eddington (astrophysicist): "The idea of a universal mind or Logos would be, I think, a fairly plausible inference from the present state of scientific theory."

     (9) Arno Penzias (Nobel prize in physics): "Astronomy leads us to a unique event, a universe which was created out of nothing, one with the very delicate balance needed to provide exactly the conditions required to permit life, and one which has an underlying (one might say 'supernatural') plan."

     (10) Roger Penrose (mathematician and author): "I would say the universe has a purpose. It's not there just somehow by chance."

    (11) Tony Rothman (physicist): "When confronted with the order and beauty of the universe and the strange coincidences of nature, it's very tempting to take the leap of faith from science into religion. I am sure many physicists want to. I only wish they would admit it."

    (12) Vera Kistiakowsky (MIT physicist): "The exquisite order displayed by our scientific understanding of the physical world calls for the divine."

    (13) Robert Jastrow (self-proclaimed agnostic): "For the scientist who has lived by his faith in the power of reason, the story ends like a bad dream. He has scaled the mountains of ignorance; he is about to conquer the highest peak; as he pulls himself over the final rock, he is greeted by a band of theologians who have been sitting there for centuries."

    (14) Stephen Hawking (British astrophysicist): "Then we shall… be able to take part in the discussion of the question of why it is that we and the universe exist. If we find the answer to that, it would be the ultimate triumph of human reason - for then we would know the mind of God."

    (15) Frank Tipler (Professor of Mathematical Physics): "When I began my career as a cosmologist some twenty years ago, I was a convinced atheist. I never in my wildest dreams imagined that one day I would be writing a book purporting to show that the central claims of Judeo-Christian theology are in fact true, that these claims are straightforward deductions of the laws of physics as we now understand them. I have been forced into these conclusions by the inexorable logic of my own special branch of physics."

    (16) Note: Tipler since has actually converted to Christianity, hence his latest book, The Physics of Christianity. Alexander Polyakov (Soviet mathematician): "We know that nature is described by the best of all possible mathematics because God created it."

    (17) Ed Harrison (cosmologist): "Here is the cosmological proof of the existence of God – the design argument of Paley – updated and refurbished. The fine tuning of the universe provides prima facie evidence of deistic design. Take your choice: blind chance that requires multitudes of universes or design that requires only one.... Many scientists, when they admit their views, incline toward the teleological or design argument."

    (18) Edward Milne (British cosmologist): "As to the cause of the Universe, in context of expansion, that is left for the reader to insert, but our picture is incomplete without Him [God]."

    (19) Barry Parker (cosmologist): "Who created these laws? There is no question but that a God will always be needed."

    (20) Drs. Zehavi, and Dekel (cosmologists): "This type of universe, however, seems to require a degree of fine tuning of the initial conditions that is in apparent conflict with 'common wisdom'."

    (21) Arthur L. Schawlow (Professor of Physics at Stanford University, 1981 Nobel Prize in physics): "It seems to me that when confronted with the marvels of life and the universe, one must ask why and not just how. The only possible answers are religious. . . . I find a need for God in the universe and in my own life."

    (22) Henry "Fritz" Schaefer (Graham Perdue Professor of Chemistry and director of the Center for Computational Quantum Chemistry at the University of Georgia): "The significance and joy in my science comes in those occasional moments of discovering something new and saying to myself, 'So that's how God did it.' My goal is to understand a little corner of God's plan."

    (23) Wernher von Braun (Pioneer rocket engineer) "I find it as difficult to understand a scientist who does not acknowledge the presence of a superior rationality behind the existence of the universe as it is to comprehend a theologian who would deny the advances of science."

    (24) Carl Woese (microbiologist from the University of Illinois) "Life in Universe - rare or unique? I walk both sides of that street. One day I can say that given the 100 billion stars in our galaxy and the 100 billion or more galaxies, there have to be some planets that formed and evolved in ways very, very like the Earth has, and so would contain microbial life at least. There are other days when I say that the anthropic principal, which makes this universe a special one out of an uncountably large number of universes, may not apply only to that aspect of nature we define in the realm of physics, but may extend to chemistry and biology. In that case life on Earth could be entirely unique."

     (25) Antony Flew (Professor of Philosophy, former atheist, author, and debater) "It now seems to me that the findings of more than fifty years of DNA research have provided materials for a new and enormously powerful argument to design." (26) Frank Tipler (Professor of Mathematical Physics): "From the perspective of the latest physical theories, Christianity is not a mere religion, but an experimentally testable science.

  • Beste Trienie

    Die dank moet gaan aan diegene wat die moeite gedoen het om die opinies te versamel en te rangskik, wat mense soos ek in staat stel om dit te gebruik, tot voordeel en insig van myself en ander.

  • Beste FC Boot,

    Dit is waar dat alles wat begin het, 'n oorsaak het. Die entiteit,wat jy identifiseer as God, het dus ook 'n oorsaak. Die Christen praat dit so mompel-mompel dood met vaaghede soos God was vir altyd daar. Vir hom geld die wet nie. 
     
    Tog, alle gode (waarvan God maar net een is) het 'n begin daar waar die primitiewe grotbewoner angstig in die donkerte gelê en wag het op die koms van die son om hom van hierdie vreesagtige duisternis (die duiwel?) te red. En siedaar! die Songod maak sy verskyning en verdryf die duisternis.
     
    Groete,
    Angus
  • Beste Angus

    Hoekom ontduik jy my vraag wat jy namens Thomas probeer beantwoord? Ek het mos nie gevra dat jy of Thomas  moet beredeneer of GOD, 'n tydlose Wese, 'n begin of einde het nie.

    .Ek herhaal my vraag:aan Thomas "Hier is dan jou kans om te te verklaar wat die OORSAAK  van die oerknal was."

    Los dus maar die reaksie van die oermense uit bespreking.Dit is irrelevant in die beantwoording van die vraag.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top