Kiani Satu

  • 4

Ek sê aldag die mense ken nie die Blou Dam nie. En so maak die Blou Dam maar soos sy maak as mense te mak raak. Sy vat terug wat hare is as mense nie mooi oplet nie.

Dit was Hopley wat my gebel het om te beduie dat daar 'n groot skip besig is om te sink en toe hoor ons sy het maar net op die sand op geloop. Met 'n duik of twee en bietjie skade. Ek vra vir Hopley of daar vis op die vaartuig is want die restaurante skreeu al weke blou moord want daar’s net doodgewoon nie meer vis nie. Buitendien: die Chinese se visplasies en duur geboue is besig om letterlik voor ons oë uitmekaar te val. Hopley bel en hy beduie nee, die ding is vol rys.

Ek beginne somme maak want 15 000 ton rys is moer baie rys. En rys is nie meer 'n goedkoop ding nie al hef ons keisers nie BTW daarop nie.

Die mense raas en skreeu en raak histeries oor die paar ton bunkerolie aan boord en ek sien selfs 'n foto of twee van seevoëls wat met olie besmeer is in die koerante. Die "'powers that be" huil en die groenes sny polse. Die naaste ding aan 'n plan beraam om die boot vaardig te maak is bloot sit en wag vir die volgende spring en hopelik koue front met hoog genoeg deinings sodat hulle haar diepsee kan insleep, my vermoede, om in waardigheid te sink die dieptes in. Blykbaar het daar toe 'n paar liters olie die Blou Dam in gelek maar ons slim ingenieurs kon die lap toemaak.

Nou het ek 'n paar vrae oor hierdie ramp wat voor ons oë afgespeel het. Sure, mens kan dit dalk nie 'n menslike ramp noem nie want al die matrose is gered. Tog, vanoggend hoor ons dat die Kiani Satu 100 of wat seemyl diepsee in toe uiteindelik gesink het. Met 15 000 ton rys aan boord. Oor die eter lag die "omroeper" dat die rys nou viskos is.

My vrae is eintlik baie basies:

Waarom is geen poging aangewend om selfs net een enkele ton rys van die Kiani Satu te verwyder nie? Dit is tog nie asof sy iewers heen op pad na die seebodem toe sou gaan nie? Sy was tog op die sandbanke vasgeval?

Sou, gestel ons kon 'n paar outjies bymekaar kon kry, dit nie meer wenslik wees om die skip ligter te maak (en dus logies meer vlotwaardig) en net 'n duisend of wat ton rys aan die arm gemeenskappe te skenk nie? Of, wel, synde dit 'n monetêre waarde het, teen 'n goedkoop prys te verkoop nie? Die slim geleerdes gaan kom met allerande redenasies en hoe ha teorieë hoe onmoontlik dit is en ek het net een woord: twak! Die skip kon selfs van die land af bereik word, te voet.

Ek was by waar ons groot vistreilers wat gesink het vlot moes maak. Nie met NASA tegnologie nie maar met basiese "savvy" en 'n paar stukke gereedskap en 'n paar stelle scuba-toerusting. Vlot gemaak sodanig dat sy terug kon vaar hawe toe en die 30 of wat ton vis steeds aan die mark kon lewer. Hoe is dit moontlik dat die grootste breins met die beste tegnologie op gods aarde nie bloot logika kon gebruik, 'n paar duisend ton rys afhaal (en 'n moerse spul PR "score" deur dit aan die armstes van die armes skenk), die bietjie olie aan boord afpomp, en die diesel op kleiner vaartuie oorpomp nie?

Waarom is dit meer wenslik om miljoene kosbare rande te spandeer deur die vaartuig diepsee in te sleep as jy voor jou heilige siel weet sy was in elk geval nie vaardig nie? Selfs die metaal as skroot sal letterlik miljoene inbring! Ek gesels met 'n paar mede seemanne en ek luister na hulle en deurgaans is die enigste gevolgtrekking waartoe doodgewone manne met harde hanne kom:

Dit is 'n spul penpusher poeftertjies agter dik lessenaars wat altoos die besluite neem. Bg poeftertjies is nie besig met slim werk met bietjie geld nie. Hulle is gewoond om miljoene op papiere rond te skuif. Hulle ken nie die verskil tussen 'n rand muntstuk of 'n honderd rand noot nie, en voel basies 'n fok vir enigeen wat dit wel ken. Versekering. Versekering maak mense basies 'n veer voel.

Ek persoonlik dink hier is nie net geld nie, maar 15 000 ton kos, duisende tonne staal en nog wat gemors. Dinge wat, so lyk dit, daar geen tekort deesdae aan is in 'n honger kontinent nie.

Ten minste sal die visse vanaand dikgevreet rondswem. Ek weet tot nog nie hoe proe 'n vis wat op 'n rysdieet is nie so ek sal heel waarskynlik binnekort uitvind.

Groete uit Oesterland

oester

  • 4

Kommentaar

  • Ek stem saam. Ek het groot ontsag vir die groot dam. So ruk terug kom kuier 'n pel vir my. Ons sit toe een middag en tuur so oor die blou waters toe hy skielik afhaak met, "ek wonder waar is die dam se wal"

     
  • ek persoonlik het 'n moerse love-hate verhouding met hierdie groot waters.

    hierdie skip se sink is egter vir my een groot tragedie wat beter benut kon word. ons weet egter dat ons deur narre "regeer" word en dat dwase en letterlik ape hulself verbloem as "bekommerde" natuurliefhebbers. Ter wille van 'n paar seëvoels, wat in elk geval daagliks te doene moet het met skepe se bunkerolie wat gestort word voor die bekommerdes se oë, moet kosbare biljoene eerder verlore gaan vir een of ander groter doel. nou lê hierdie skip op die bodem en ek gee dit maksimum 'n jaar dan het al die olie in elk geval uitgelek. want hierdie Blou Dam is niks ter wille nie.

    in elk geval: Konserwatief geskat is ruim 50% van alle vaartuie wat om ons kus vaar letterlik nie seewaardig nie (elke tweede skip wat jy op die kim sien is 'n potensieële ramp wat net wag om te gebeur). Spesifiek die vaartuie wat enige Oosterse konneksies het. Daar is 'n goeie rede waarom die matrose altoos van Fillipynse, Viëtnamese, Chinese of derglike oorsprong is.

    klim 'n slag op een van hulle en loop kyk hoe voos geroes hulle eintlik onder die dik lae verf is en hoe verouderd die enjins is. dit is eintlik 'n wonderwerk dat hier so min rampe aan ons kus gebeur. dalk moet ons vir Dulux meer krediet gee want in meeste gevalle is dit al wat die goed verhoed om bodem toe te gaan.  en glo my, die owerhede weet daarvan.

  • Francois Williama

    Tos!

    Filipynne het oor die 7 000 eilande, hoe kan hulle nie wil seevarders wees nie...ek sit nou juis hier op Bohol...buitendien, al daai Wit westerse maatskappye wat hul roesblikke onder allerlei skuilvlae laat seil, hoekom gebruik hulle dannie nie hul eie mislike landjies se vlaggies nie?
    TOS!
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top