Jaco jy praat deurmekaar

  • 7

Jaco, jou kommentaar van 27 deser verwys (onderaan my brief 'Die kinders van vandag..'

Jou stelling "'n Sekere kliek Afrikaners wil demokrasie afskiet weens frustrasies omrede hulle dit nie kan regkry om hulle agenda deurgevoer te kry nie" maak nie sin nie. Hoe sal demokrasie nou iemand verhoed om 'n demokrasie na te streef? Anders gestel, wie, wat streef na 'n demokrasie, sal demokrasie afskiet? Jy dink tog nie dié wat 'n volkstaat wil hê wil 'n monargie daar bewerkstellig nie, of hoe?

Buitendien, ek glo nie enigeen van hierdie 'kliek' waarna jy verwys het dit teen demokrasie nie; hulle kritiseer die huidige bestel waarvoor julle julself so beywer het. Dit is buitendien, per definisie, nie 'n demokrasie nie.

Jou gekla oor die wat kla oor die sogenaamde demokrasie maak net so min sin: Ek het jou al voorheen gevra – moet 'n fluitjieblaser, of 'n uitwyser van ongeregtighede, of enigiemand wat enige aandag op 'n gemis vestig, eers met 'n oplossing kom voor hy mag praat? Is dit hoe jy dink 'n demokrasie bedryf moet word?

Jou verskoning vir die jammerlike mislukking van julle maaksel, naamlik " ... Ons demokrasie is maar net 'n karige 20jaar oud" is nou éérs sinneloos. Dit is presies dieselfde redenasie as dat krewe niks voel om in kookwater gegooi te word nie omdat hulle na al die eeue nou al gewoond daaraan is.

En dan, jou lof vir die konstitusie. Dit is mooi woorde op papier. Destyds, toe teenstanders van die een-man-een-stem-sisteem gewaarsku het dat heel waarskynlik gaan gebeur wat ten noorde van ons in elke 'bevryde' staat gebeur het, was hulle deur julle blinkogiges gerusgestel met die konstitusie. Wel, soos jy kan sien was hulle toe reg, die wat gewaarsku het bedoel ek nou: Al die 'uitdagings' van wat die noordelike 'bevryde' state ondervind, en nog meer, het ons getref. Daar is al byvoorbeeld by die 3000 plaasboere vermoor hoor ek (ek het gedink dit is ca 2000) en die staat het toe misluk.

Terloops, jy sê in jou openingsparagraaf "SA is nie 'n demokrasie nie, wel 'n regsstaat" maar dan praat jy regdeur in jou brief van 'ons demokrasie'. Hoe nou?

Groetnis

Jan Rap

  • 7

Kommentaar

  • Jan

    Jy kibbel altyd oor kleinlikhede soos hierbo, en daarop gaan ek nie eers my tyd soos in die verlede met jou mors nie.  Wanneer jy oor die groot prent rakende Afrikaners wil gesels, gaan ek saam met jou gesels, en die groot prent is watter positiewe moontlikhede sien jy vir Afrikaner toekoms?  As jy voel ek is deurmekaar is dit jou probleem. 

    Jaco Fourie

  • Jan

    Is jy bereid om met my oor Volksstaat 'n debat aan te voer?  Indien wel, spring eerste weg daarmee.

    Jaco Fourie

  • Cornelius Henn

    Beste Jan,

     

    'n Goeie Ingelsman (ja, hulle is skaars - maar tog) het op 'n dag vir my die volgende geseg:

     

    While you allow a nitwit immoral liberal denialist appeaser to occupy your time, you're losing valuable time with intelligent moral people ...

     

    Ek wens net iemand kon dit vertaal sodat ek dit ook kan verstaan, want iets daarin laat my wel voel ons het die raad daarin erg nodig!

     

    Opregte groete,

     

    Cornelius Henn

     

     

  • Cornelius Henn

    Jaco Fourie se beheptheid met 'n Volkstaat is gewoon ongesond en dit lyk nie of hy enige ander algemene kennis het nie. Hy is egter nie 'n uitsondering in sy geindoktrineerde gedagtegang nie. Min wit Afrikaanses weet byvoorbeeld dat organisasies soos AfriForum en Solidariteit, die gevalle Nasionale Party se inkarnasie is. Afrikaanses soos Piet Croucamp, met KykNet en Ian Wessels agter die mikrofoon om hom net so bemind soos 'n Pik Botha op TV1 destyds te maak, en wittes soos Gillian Schutte, pas goed in by die enge Nasionale Party-kieser destyds se soort napratery vandag hier deur Jaco Fourie en Wouter Ferns. PW Botha se spog destyds met die "stille meerderheid" se onwrikbare steun wat selfs die ANC en Robert Mugabe se kiesers erg kieskeurig laat lyk, is nog 'n werklikheid wat die handjievol wat vir hulself kan dink in gedagte moet hou in hul oorweging om midde die slegte gevolge vir die individu se identiteit in sodanige demokrasie, te oorleef. Nou ja, ek dink dis een van Rapport se redakteurs iewers deur die jare wat gewaarsku het; minderhede moet hulself nooit laat tel nie (en dis presies wat die Volkstaters verkeerd gedoen het) vandaar die snuiters vandag wat weens 'n gebrek in bepaalde mening, so agter die onsin wat aan hulle gelieg word, aan drel ... hoe sal sulke naïewe Afrikaanses ooit die werklikheid omtrent progressief, konserwatief, konfederaal, en Volkstaat kan waardeer? Konserwatiewe groete, Cornelius Henn

     

     

  • Neelsie

    Jy is een om te praat.  Jy het jou naam so gat gemaak met omtrent elke onderwerp hier op die Net, wat aanduidend is van 'n persoon wat nie eers oor die vaagste algemene kennis besit nie.  Oor godsdiens draai Kobus sirkels om jou. Soos Wouter tereg sê: "Jy is 'n katoliek van een".  Oor ras en ewolusie het jy jouself as a "wannabee intellectual" probeer projekteer, dat jou kennis oor genoemde onderwerpe net als "dof" beskryf kan word.  Oor politiek is jy so verward, dat jy nie kan besluit waar jy in die spektrum daarvan inpas nie, links, regs, nou kwansuis konserwatief!!  Ek glo nie jy weet wat polities konserwatief eers beteken nie.  Jy is 'n frats Katolieke Afrikaner wat probeer by regsgesinde "Boere" inpas wat Katolieke verfoei!

    Dan die grap van die dag waar jy skryf: "Min wit Afrikaanses weet byvoorbeeld dat organisasies soos AfriForum en Solidariteit, die gevalle Nasionale Party se inkarnasie is".  Nou waar kom jy daaraan "maatjietjie?"  Jy is so onderstebo behep met die ou vervalle Afrikaner politiek waarvan jy in elk geval so min van weet, van die vorige eeu, dat jy dit hier projekteer asof dit nog lewendig is.  You are out of step with reality mate. Terloops daar is nie wit Afrikaanses nie, wel Afrikaners.

    Maar jy skep vir my die geleentheid om jou en ander omtrent Solidariteit / Afriforum meer in te lig.

    Solidariteit se wortels strek vanaf 1902 (lank voor die  NP).  In 1997 was die ledetal 30000 en het Solidariteit op die rantjie van bankrotskap gestaan. Toe kom Flip Buys (huidige algemene sekretaris), en onder sy leiding keer hy die situasie om tot so 'n mate dat die ledetal tans oor meer as die 130000 te staan kom en finansieel sterk staan.  Die welsynsorganisasie "Die Helpende Hand" is gestig wat meerendeels verarmde Afrikaners help, asook beurse vir behoewende studente toestaan.  In 2007 is meer as R100mil in beurse aan 100 studente toegestaan.  In 2009 neem Die Helpende Hand die adminsitrasie van Rapport se Onderwysfonds oor.

    AfriForum is op die been gebring om minderhede se regte in die howe te beveg, waarvan hulle die meeste van gewen het.  In 2008 is 'n Groeifonds gestig ten doel om met die geld daarvan Afrikaners te bemagtig, tans met die klem op opleiding en opvoeding, en uitbreiding van hulle Tegniese Skool "Sol Tech"  Deur middel van hulle "Express Employment" 'n internasionale agentskap, soek hulle werk vir werklose Afrikaners.  En nog veel ander meer....

    Gee my 'n voorbeeld van enige ander Afrikaner organisasie wat hierdie rekord kan klop.  Jou gekkegrensers, waarvan jy blyk ondersteuner van te wees, kan net PRAAT, PRAAT, KYF, KYF,  AFKRAAK, AFKRAAK oor suksesvolle Afrikaners soos Flip Buys wat DOEN, DOEN, en nogmaals baie vir die Afrikaner DOEN!

    So Neelsie.  Voordat jy weer in die kak trap, kyk eer voor jou uit.

    Jaco Fourie

  • Cornelius Henn

    Jaco Fourie; nes die selfvoldane Kobus de Klerk en Wouter Ferns, sal in sy patologiese narsisme moet aanvaar; dat net omdat hy so meen, dit allermins die waarheid is.

     

    Derhalwe, sy onopgevoede, kru en vuil dialoog in die algemeen, is ook reeds lankal by vervelig verby.

     

    Jaco Fourie se gebrek aan opvoeding ook aan die geskiedenis, maak dat hy vanselfsprekend sulke gekhede soos hierbo kwytraak.

     

    Ek plaas hierdie skakel - as een van 'n menigte -  waarin die "FW de Klerk Stigting" se invloed en agenda in die algemeen, en in vele sulke organisasie, toenemend vandag gevoer word: http://www.youtube.com/watch?v=MvcyXkVtySQ

     

    Ek respekteer die feit dat data geld kos, en sonder veel ophef nooi ek enige belangstellende om gewoon net die naam en agtergrond in die inleiding daarvan te kyk.

     

    Met respek; Mnr FW de Klerk, is 'n formidabele Nasionalis en leier -  die kanse dat hy net op die kantlyn sou aftree, is nul!

     

    Ek dink meeste beskou dit hul voorreg om deur Mnr. de Klerk genooi te word  - wat ookal die agenda.

     

    Persoonlik, en dank my kennis en ervaring in die geskiedenis, het ek ook uit die wysheid van vele ander leiers geleer.

     

    Jaco Fourie, ten slotte en spesiaal net vir jou; ek wil dit duidelik maak dat jy asseblief nie my kommentaar hierbo as 'n bereidwilligheid om met jou rede te voer, moet lees nie - allermins!

     

    Jan Rap, jy is reg omtrent Jaco Fourie.

     

    Hiermee dan die laaste omtrent die algemene onbeskoftheid van Jaco Fourie, en weereens sy waansin net vir aandag hier.

     

    Cornelius Henn

     

    ... en o ja, in die lig van Jaco Fourie se minagting jeens die geskiedenis, hoop ek iemand kan hierdie Ingelse, dog konserwatiewe wysheid, vir hom vertaal: The past is behind, Learn from it. The future is ahead, Prepare for it. The present is here, Live it!

  • Neelsie

    Nie alleen is jy deurmekaar verward nie, maar ook 'n tweegesig.

    Jy skryf hierbo met eerbied en vereering oor F.W. de Klerk: "Met respek; Mnr FW de Klerk, is 'n formidabele Nasionalis en leier -  die kanse dat hy net op die kantlyn sou aftree, is nul!   Ek dink meeste beskou dit hul voorreg om deur Mnr. de Klerk genooi te word  - wat ookal die agenda".

    Op 19 Apr 2013 praat jy hom sleg in jou brief "F.W. de Klerk en die Afrikaner - Litnet", 

    "In teenstelling tot FW de Klerk se kruipery by die Ingelse, het President Paul Kruger die volgende op Dingaansdag 1880 aan die Britse Kommissaris in die Kaap, Sir Owsen Lanyon, gestuur". 

    Dan kan jy dit glo.  Wyl hy Solidaiteit / AfriForum hierbo slegsê doen hy hulle die ere in April 13. 

    "Wyl FW de Klerk via sy stigtings net loop en mond spoel, is daar darem Solidariteit en AfriForum wat hul eie steunbasis moes opbou en vandag namens die Afrikaner intree".   NEED I SAY MORE?!

    Sy volle stront is hier te lese:  https://www.litnet.co.za/Article/fw-de-klerk-en-die-afrikaner.

    Neelsie, dis nou die tweede keer in een dag dat jy in die kak trap, en ek het jou so mooi gevra, kyk waar jy loop "maatjietjie"

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top