Hou tog asseblief net op

  • 2

Ek lewer nou so ses of sewe jaar al my beskeie mening op die Net. Ek geniet die stories wat so nou en dan verskyn. Elkeen het maar sy eie mening oor 'n onderwerp wat hom/haar na aan die hart lê.

Ek is al op geskel oor verskeie van my menings wat ek durf waag het om op die Net te openbaar. Daar was ook welkome en erg waardeerde terugvoer. Ek het ook op die harde manier agtergekom hier is mense wat humorloos is. Hier is mense wat hulle die reg toe eien om as moriliteitspolisie op te tree. Hier word onderwerpe debatteer wat sensitief is vir sekere dele van die samelewing en vir ander nie. Hier is ook mense wat hulself ag as verhewe bo ander wat met hul sienswyses verskil.

In my wedervarings en ervarings in die lewe het ek al groot vreugde en groot teleurstellings op die lyf geloop. Gelukkig is ek in die bevoorregte posisie om elke dag in my lewe hetsy telefonies of met persoonlike interaksie nuwe mense te leer ken. By elke mens wat oor my pad kom, kan ek as individu iets leer. Uit die aard van my werk leer ek hoofsaaklik en verbasend by almal 'n algemene gevoel van verdraagsaamheid. Almal het dieselfde probleme, om 'n bestaan te maak en om finansieel te oorleef. Daar is tragiese gevalle maar hoofsaaklik is die meeste kliënte persoonlik verantwoordelik vir die situasie waarin hul hulself bevind.

Wat my egter die meeste ontstel is die venynigheid van deelnemers oor die onderwerp van die gewraakte stelsel van apartheid. Ek het in die apartheidsera grootgeword. Ek het saam met die plaaswerkers se kinders groot geword. Ek was die moer in omdat ek koshuis toe is en hulle kon op die naburige plaas skool gaan. Ek is oor baie goed kwaad. Ek is kwaad oorlat my ouers nie ryk was nie. Ek is kwaad oorlat my skoonouers nie ryk was nie. Ek is kwaad oorlat ons land se "val" al in 1963 beplan is en stelselmatig deurgevoer is. Ek is kwaad omdat die Afrikaner-vroue en -kinders in konsentrasiekampe opgesluit is. Ek is kwaad dat Jan van Riebeeck nie die Ryger, Tyger en Titanic se neuse verder oos gedruk het en verby geneuk het nie. Ek is kwaad dat Harry die Strandloper nie eiendoms- en stemreg gekry het nie. Ek is kwaad dat Piet Retief en Dingaan nie kaart-en-transport in Pietermaritzburg laat registreer het nie. Ek is verskriklik kwaad oor familie wat op plase vermoor is. (Weet nie of dit ook apartheid se skuld is nie.) Dit is maar 'n paar kwade gevoeltes wat ek het.

Weet julle wat, dit help my vet mooi nokkol. Ek kan niks doen aan wat reeds gedoen is nie. Dit help my nie om kwaad te wees vir goed in die verlede nie. Ek gaan ook nie vir vergifnis by mens smeek nie. Ek het vrede met myself gemaak.

Wat my egter ongelukkig maak is die verhoudings wat vandag, nou, in die hede openbaar word. Nie net onder verskillende groepe nie, maar onder dieselfde groepe. Ek wantrou my "eie mense". Nou gaan daar seker gevra word wie is jou eie mense. Ek kan nie die vraag antwoord nie, want jy weet nie meer wie is jou eie mense nie. Ek wil nie in isolasie leef nie, mens kan nie, maar ek wil nie opgeslurp word in 'n situasie waarmee ek nie tevrede en vertroud is nie.

Ek hoop en vertrou dat die holrug geryde apartheid en gevolge eendag tot 'n einde sal kom. My siening is dat dit nie in die volgende drie tot vier geslagte sal nie.

Gelukkig beroep ek my op die beste konstitusie in die wêreld. Ek het die reg van vryheid van assosiasie. Soos ek nou die dag vir 'n vriendin wat verjaar op die vonkpos verduidelik. Ons is nou op die stadium van ons lewens, ons kan ander mense se kinners wat hul in die supermark of in 'n restaurant swak gedra aanspreek.

Overgeset synde, moenie aan my kom karring en neuk nie. Ek is nie lus vir stront nie, en perredrolle is nie vye nie.

Reusedwerg

  • 2

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Beste Reusedwerg, 'n wyse dame het op 'n keer iets in der voege geseg: "weet gerus dat die verlede altyd beter was as die hede want jy beleef nooit werklik jou emosie ten vole in die oomblik nie - dit oorspoel ons altyd eers na die tyd daarom dat ons gevoelens oor die verlede so groots kan raak" ... wat jou aandrang op die konstitusie betref; jammer Reusedwerg, menige kan gister, vandag en more beaam dat sonder 'n regbank se guns daarin gaan dit jou absoluut nêrens bring nie ... jy het eintlik net die guns van die massamedia nodig om die kruipers hier aan jou kant te bring ... Vrede vir jou, Cornelius Henn

  • Reusedwerg, ek verstaan jou versugting. Dis die versugting van iemand wat die beloofde land gesien het, maar dit eerder as die geknelde land beleef het. Die ANC se  gedwonge "social engineering" en miskenning van ons moedertaal, ons kultuur en ons geskiedenis maak dat mens voel soos 'n vreemdeling in jou eie vaderland. Dis in elk geval hoe ek voel. Hierdie land voel vir my soos 'n vreemde land en nie meer soos my vaderland nie. Daarom smag ek na 'n heimat waar my taal, kultuur en geskiedenis respekteer word en ek tuis kan voel.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top