Wat is die verskil tussen ’n gay persoon en ’n homoseksuele persoon?
Ek glo daar is ’n verskil. Die gay persoon is homoseksueel wat hom/haarself as deel van ’n gay-subkultuurgroep beskou, waar in teenstelling wil ’n homoseksuele man/vrou hom/haarself glad nie met sodanige subkultuurgroep vereenselwig nie, merendeels word dit deur hulle verafsku.
Gays huldig die gayvlag, gaan na gay klubs, ondersteun die gay-pride, het gewoonlik ’n gay verhouding, verkeer gereeld sosiaal met ander gays, sal moontlik met ’n gay trou; ens.
In teenstelling, ’n homoseksuele persoon, is merendeels met die teenoorgestelde geslag getroud of in een of ander emosionele verbintenis met die teenoorgestelde geslag, en bedryf sy/haar seksuele voorkeure skelm, en soek nie ’n emosionele verhouding met enigiemand van dieselfde geslag nie. Die daad is gewoonlik suiwer fisies sonder enige emosionele verbintenis in die vooruitsig nie.
Voor die internet, was kontak met ander via erkende publieke uithangplekke, merendeels die optel van “rents” (manlike hoere). Sedert die internet, word deur geadverteerde seksblaaie vir seks gesoek. Waar heteroseksuele getroude mans vroulike hoere uitsoek, doen die getroude homoseksuele mans dieselfde, met die verskil, hy soek mans.
Toe ek jonk was, het ek vele verhoudings met aantreklike getroude mans gehad, wat my gebel het om hulle te kom kuier wanneer vroutjie “uithuisig” was. In twee gereelde gevalle, was dit saam met vroutjie.
Statistieke rakende die “homoseksuele” gemeenskap is basies onmoontlik om te bepaal, want sodanige persone gaan nie vir ander sy voorkeure erken nie. Maar as ek na my eie ondervindings en waarnemings moet raai, sou ek se hulle en die gays is ewegetallig.
’n Definitiewe verklikker is wanneer ’n man se oë na ’n ander man dwaal, veral waar ’n mooi vrou en aantreklike man saam loop, en die oë dwaal onmiddellik eers na die man, vlugtig na die vrou, en weer terug na die man. Dieselfde geld vir homoseksuele vrouens.
Vrouens, hou julle mans dop. Mans, hou julle vrouens dop. Miskien gaan julle ’n onwenslike verrassing ondervind.
Jaco Fourie


Kommentaar
Beste Jaco,
Dankie vir 'n interessante skrywe - maar het die tyd nie dalk aangebreek om aftesien van die neerhalende term "hoer" nie. Dit klink so outyds - só Bybels. Hierdie persone is aan die einde van die dag tog mense, en bied sedert die ontstaan van die geskiedenis 'n sosiale funksie.
Weens die menslike verbeelding, en die alomteenwoordigheid van seksuele fantasieë wat mense koester, maak dit seker almal van ons "hoere". Selfs die mees "prim and proper" van ons.
Groetenis,
Pieter Redelinghuys
Pieter
Hoer het beslis 'n geskiedkundige slegte konotasie. Ek moes liewer die meer aanvaarde "sekswerker" term gebruik het. Dankie vir die geleentheid om dit te kan regstel.
En ja. Beide die manlike asook die vroulike sekswerker vervul 'n belangrike funksie in die samelewing. Ek is 'n uitgesproke ondersteuner daarvan dat hulle beroep erkenning by die staat verkry.
Jaco Fourie
Probeer gerus die volgende woorde op "hoer" pas:
promisku, =e. Nie beperk tot een persoon of maat nie, veral op seksuele gebied.
promiskuïteit. Toestand van onwaardige, vrye seksuele omgang.
"Sekswerker", bedoel veel eerder "prostituut", as "hoer"...
prostitusie. Bedryf van ontug as 'n beroep.
prostituut, ..tute. Ontugtige vrou, vrou wat teen vergoeding gemeenskap met mans het, prostituut, hoer, straatvrou; prostituee.
Ek is verder eens met Pieter omtrent die Bybelaanbidders se gruwelike vooroordele in die algemeen, en selfs ook gegewe die Calvinistiese verklaringe van die woord "prostituut", waarin vroue uitgesonder word!
Cornelius Henn