Die maagdelike geboorte van die HERE Jesus Christus is vir die skeptici en ongelowiges ’n haas onoorkomelike struikelblok. Maar waarom? Ondersoek van die omstandighede sal op die betroubaarheid van die Evangelies in hierdie verband dui.
Wat die historiese betroubaarheid aanbetref, moet mens Greenleaf lees en sommer enige ander bewysreg handboek wat handel met die toets vir betroubaarheid van antieke of verouderde bronne. Kortliks is die evangelies tipies bronne wat só is. Die rekord van die maagdelike geboorte kom daarin voor.
Wat die getuienis daarvan self aanbetref, is daar baie toetse vir die betroubaarheid daarvan. Ek sal net die mees ooglopende weergee.
Eerstens is daar voorafgaande bronne wat só ’n gebeurtenis beskrywe, naamlik die profesie van die profete soos Jesaja. Dan is daardie primêre bronne van die getuienis van beide Maria en Josef en die voorafgaande getuienis omtrent die engel en dié se mededelings oor Wie en wat Jesus is en sou wees wat op vervulling van daardie profesie neerkom.
Maria se getuienis is in besonderhede uiteengesit en Josef se ontkenning van vaderskap is geboekstaaf. Daar is geen primêre getuienis van enigiemand anders wat op vaderskap kon aanspraak maak nie, of dat Maria eens in enige verhouding met ’n ander man was of enige losse sedes had, wat tot haar swangerskap aanleiding kon gee nie. Indien daar wel van sprake sou wees, kon dit nie verdoesel word nie weens die streng kuisheidsreëls van die tipiese Joodse gemeenskap van die tyd.
Bowendien, is daar ook die getuienis van die swanger Elisabet (met Johannes die Doper) wie al aan Maria van haar maagdelike swangerskap vertel het nog vóór Maria dit sou vertel aan Elisabet. Beide Maria en Elisabet het hierdie nuus vroeg reeds openbaar gemaak – by wyse van lofsange.
Dan is daardie omstandighede van Maria se getuienis en die implikasies daarvan vir haar in die tyd wat sy geleef het – ongehude moederskap was ’n potensieel dodelike skande (Deuteronomium 22:20-21). Daar is dus die waarskynlikheid dat ten minste die ouers van haar aanstaande, Josef, sowel as haar eie ouers en nabye familie wat deur die ‘skande’ geraak sou word, indringend by kennisse ens. sou navraag doen oor haar maagdelikheid en kuisheid en sou haar moeder en/of haar vader ooreenkomstig die gebruik van die tyd in die Ooste en die seggenskap wat hulle as ouer oor hul dogter had, onmiddellik haar maagdelikheid ondersoek het en as dit in gedrang was, sou daar vir haar reperkussies wees en sou die aansprake van haar kant onmiddellik in die kiem gesmoor word ook weens die ‘smet’ wat dit vir die onmiddellike familie en ouers en vir Josef, sou inhou. Sulke ondersoeke was relatief eenvoudig deur die labia by die vaginale opening effens te open en die maagdevlies (hymen) visueel te inspekteer en ook deur visuele ondersoek van die borste wat daardie tye gedoen is as bevestiging van maagdelike gedrag wat fisiese maagdelikheid sou ondersteun (byvoorbeeld gebrek aan vergroting van die areoli rondom die tepels en verrimpeling van die vel weens herhaaldelike swelling van die borste wat plaasvind tydens seksuele stimulasie), tesame met ander omstandigheidsgetuienis, ens.
Geskiedkundige geskrifte dui daarop dat, sodra daar ’n bewering is dat ’n jongvrou (ongetroude) wat op troue staan (soos Maria met Josef), nie meer ’n maagd is nie, sou sy aan ondersoek vir haar maagdelikheid onderwerp word deur gerespekteerde vroue van haar gemeenskap om die beweringe te toets. Daar is ook aantekeninge in die apokrief evangelie van Jakobus (hoofstuk 14) dat die vroedvrou en later dissipel Salomé, Maria sou ondersoek omdat sy die waarskynlik van ’n maagdelike swangerskap nie sommer wou aanvaar nie en bevind het dat dit waar was.
Waarom sou Maria dan opsetlik só ’n nadelige gerug oor haarself versprei as dit vals sou wees? Daar is absoluut géén getuienis wat op so ’n rede sou kon dui nie – trouens, dit was vir haar lewensgevaarlik om soiets te beweer as dit nie waar was nie.
Daar is dus oorweldigende bewysregtelike getuienis vir die maagdelike swangerskap van Maria en geen aanvaarbare getuienis om dit te weerlê nie – bespiegeling van skeptici is nie getuienis nie en die ongeloof van agnostici en skeptici in hierdie verband is ook nie getuienis nie, maar spekulasie en kan nie met die direkte getuienis en waarskynlike omstandigheidsgetuienis kompeteer nie.
Die omringende omstandigheidsgetuienis dui daarop dat Maria tydens haar swangerskap met Jesus wél vir maagdelikheid ondersoek was en maagdelik was, anders sou sy dit letterlik nie oorleef het nie, verál omdat sy toe alreeds aan Josef verloof was – die Levitiese wette is opgeteken en duidelik by noodwendige implikasie.
Nadat vasgestel is dat Maria wel ’n maagd was en tegelykertyd swanger, was biologiese verklaring vir die swangerskap nie meer nodig nie - Beide haar swangerskap én maagdelikheid was gelyk teenswoordige feite – dit was (word) beskou as ’n wonderwerk.
Dan is daar ook die religieuse implikasies van Maria se aanspraak in die tyd wat sy gelewe het – as dit so was dat sy ’n leuen vertel het, sou sy gestenig word om te beweer sy is die moeder van die lang verwagte Messias. Dus, volgens die rekords het Maria al die unieke Goddelike aard van haar Seun uitgespel nog voor Hy grootgeword het en het sy só ook ’n baie groot risiko geloop indien dinge nie sou gebeur soos sy op aanspraak gemaak het nie en vir daardie rede is die waarskynlikheid dat sy ’n leuen daaromtrent sou vertel, geheel en al buite die kwessie. Boonop is daar geen beter rekords of getuienis as dié in die Woord wat hierdie aansprake van Maria kan weerlê nie en is dit eersteklas, primêre getuienis.
Daar is ook rekord in die Evangelies van verskeie persone dat Maria aan die dissipels bekend was en derhalwe is dit logies dat haar verhaal en die feite daaromtrent aa hulle bekend was. Dit verklaar ook waarom daar in die evangelies opgeteken is dat daar net aanvanklike (deur Josef) ‘beswaar’ was omtrent die swangerskap maar dat die maagdelike swangerskap voortaan aanvaar was en daar geen verdere kwessie daaromtrent was nie, ook nie die antagonistiese Jode van die tyd nie, omdat hulle nie met die feit van haar maagdelikheid kon fout vind nie.
Dan is daar ook die opgetekende insidente van die kennis, karakter en Persoonlikheid van Jesus Christus en SY ongekende invloed wat spreek van die betroubaarheid van Maria se aanspraak dat HY van Goddelike aard is, soos byvoorbeeld die feit dat hy al op 12 jarige ouderdom in diep geestelike lering en gesprekke met die skrifgeleerdes en priesters van die tyd gewikkel was, asook die feit dat HY, sonder dat HY op enige wyse opleiding in die teologie van die tyd ontvang het, só fenomenaal kundig is dat selfs die fariseërs Hom ‘Rabbi’ genoem het. Tewens, HY was toegelaat om in die tempel te onderrig.
Al hierdie aspekte dui daarop dat Maria se getuienis primêre betroubare getuienis is omtrent die aard en omstandighede van hoe sy swanger geword het met die Kind, Jesus Christus die HERE. Die ooglopende waarskynlikheid van die maagdelikheidstoets in haar swanger toestand sou die mees voor die hand liggende wees. Hoewel dit nie aangeteken is nie, is dit waarskynlik dat dit gedoen is aangesien dit ’n gebruik van die tyd was vir moeders om seker te maak dat hulle dogters nog maagdelik is. Omdat maagdelikheid ondersoeke aan die orde van die dag was destyds, is dit nie in Maria se geval aangeteken nie, maar baie waarskynlik dat dit wel uitgevoer is. Trouens, soiets is blykbaar gedoen voor elke huwelik waar die man ’n maagdelike bruid beloof is.
Daar is talle ander aspekte wat op die betroubaarheid van die Evangelies dui. Geen wonder nie, dat Greenleaf op die ou end honderde bladsye moes vol skrywe om die talle mees opvallende bewyse vir die bewysregtelike betroubaarheid van die opgeskrewe Woord te kon uiteensit, nie.
Hoewel die primêre bron van hierdie getuienis die Evangelies is, is dié se betroubaarheid aan die hand van bewysregsreëls ook getoets. Agnostici en skeptici se grootste strydbyl met die evangelies is die sogenaamde teenstrydighede wat dié kwansuis sou openbaar. Maar bewysregtelik is dié argument ook hul achilleshiel. Soos Greenleaf, die bekende bewysreg deskundige van die 19de eeu hierdie aspek ooreenkomstig die heersende bewysreg uiteensit in sy Harmony of the Gospels “There is enough of discrepancy to show that there could have been no previous concert among them; and at the same time such substantial agreement as to show that they all were independent narrators of the same great transaction, as the events actually occurred ...”.
Kobus de Klerk


Kommentaar
Geloof, hoop en liefde ... en dan kom Kobus de Klerk en maak 'n bespotting daarvan met sy "bewysreg uit die 19de eeu" ... tragies ... mag Jesus Christus onse G_D, self geloof in elkeen se hart bewerk en ons verlos van Kobus de Klerk se kamstig spirituele intelligensie ... Cornelius Henn
Hello,
De Klerk,
Ek het so pas van my stoel af geval van die lag vir die onderstaande twak wat jy kwytgeraak het:
..."Wat die historiese betroubaarheid aanbetref, moet mens Greenleaf lees en sommer enige ander bewysreg handboek wat handel met die toets vir betroubaarheid van antieke of verouderde bronne. Kortliks is die evangelies tipies bronne wat só is. Die rekord van die maagdelike geboorte kom daarin voor..."
Bewysreghandboek.... toets van betroubaarheid...die evangelies...? Waar het jy bewysreg studeer? Die universiteit van genesis, eksodus, levitikus, numeri, josua, rigters, rut...?
Dalk by die man in die maan?
Hello,
Wouter,
Beste Kobus,
Angus,
Beste Kobus,
Hello Kobus,
Ek lees onlangs die boek van C. Knight en R. Lomas. "The second Messiah" waar die skrywers aanmelding maak dat die nuwe-testament boeke in konteks gelees moet word met die tydperk waarin die Bybel-boeke geskryf is, en ek sien iemand anders het klaar daarop melding gemaak. Wat vir my baie interessant was, is dat hulle beweer dat daar 'n Joodse skool (die tempel) in die tydperk was, wat om te sorg dat die Joodse bloedlyn "beskerm en suiwer" gehou word, seuns en dogters apart opgelei het, en dat die priesters van daardie tydperk - engel ou-testament name aangeneem het (Gabriel ens). Dit was ook niks snaaks dat die jong joodse dames deur die priesters "bevrug" word, en dan aan die ouer joodse mans af getrou is om vir die nuwe gehude moeder te sorg. As dit wat die skrywers vertel waar is, sal die konteks dalk meer sin maak van Maria wat deur die engel ('n priester van die skool) besoek is, en dat sy met Josef trou.Ook dat Jesus as seun terug gestuur is na die tempel, juis om skool toe te gaan.
Marinus,
Angus,