Die Griekwas (Boertjies) sal ons nog verlos ...

  • 0

Heil die leser.

Met die grootste respek, beaam ek hierdie besonderse skrywe onder hoofde "Johannes Kraalshoek se Engels en elke ghetto waarbinne ons almal leef", deur Jason Lloyd op die werf.

Menigmaal voorheen het ek myself uitgespreek daarin naamlik; dat die Griekwas se geskiedenis net soveel deel is aan die Voortrekkermounument, as die Boere.

Die Griekwas het egter gereeld in die geskiedenis aan die kortste ent getrek.

Eers was daar die Vrystaters wat hul meewarig oor Adam Kok se mense gehou het, en vandag waar bitter min "wit" Voortrekkernasate hul gemeenskaplikheid met die Griekwas ken.

Ja, wat 'n skande - iets wat my soms wel aan karma laat  dink as die slegte nuus omtrent die Boere se teëspoed vandag aan Mzansi ons amper elke dag tref.

Persoonlik glo ek daar enorme steun, ook van die Orania-beweging se kant, vir ons Griekwa-harte in hul grondeis moet wees.

As die Boere andere soos onse Griekwas aan Mzansi help, dan sal daar nog seën vir die Afrikaners met erg aan hul Voortrekkererfenis, ook kom.

Ja, iewers is daar wel Boere wat weer saam met onse Griekwas sal baklei  ...

 

 

Dankie Randall Wicomb ...

Boeregroete,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top