Die Goddelike hoedanigheid van die HERE Jesus Christus

  • 18

Die kwessie oor die Goddelikheid van die HERE Jesus Christus is die persepsie en feit wat die agnostikus telkens pootjie tot die mate dat hulle algar óf ernstig twyfel daaroor óf prontuit sê dat hulle dit nie (kan) glo nie.

Maar dit is nie net die agnostici wat daarmee sukkel nie – dit is ook die ander ongelowiges soos byvoorbeeld die hindoes, die islamiete, die judaiste, die Jehova getuies en verskeie ander religieuse groepe.

Jesus Christus is nie net mens nie – HY is ook Mens, of, soos Hy ook na Homself soms verwys, dye Seun van die Mens. Hierdie titel dui op Sy Goddelikheid as geïnkarneerde Woord van God Wie na die aarde gekom het deur die geboorte uit die maagd vir ’n baie bepaalde doel, naamlik die feit dat HY as perfekte sondelose (slegs die Godheid kan soiets bewerkstellig) die las van die sonde van die mensdom – vir daardie doeleindes Sy medemense – kon opneem en wél opgeneem het tot vandag toe tot aand ie einde van hierdie spirituele eeu, die aanbreek van die dag van Oordeel. Hierdie aspekte omtrent die HERE Jesus Christus is welbekend en behoef nie bewyse uit die Woord nie – alle ware gelowiges weet dit reeds.

Dit mag dalk vreemd voorkom dat ek na, byvoorbeeld, die judaiste en die Jehova-getuies as ongelowiges verwys. Maar die HERE Jesus Christus is só onlosmaaklik deel van die Godheid dat Hy optree as ’n bepaalde Persoonlikheid van Godheid tesame met die Vader en die Heilige Gees. As mense dus die Godheid van die HERE Jesus Christus ontken, dan ontken hulle terselfdertyd die werklike Wese van God Self. God is mos nie Woordloos of sprakeloos nie – ten aansien van die mensdom word hierdie Goddelike funksie (kommunikasie) vervul deur SY volkome Woord en dié Woord het vir die bepaalde doel soos vermeld hierbo, as mens geïnkarneer in die Persoon van die HERE Jesus Christus – om ook, benewens die rol van die lasdraer van menslike sonde, ook die rol te vervul van die eerste Opgewekte en Herrese Mens toe Hy uit die dood uitgekom het en aan talle verskyn het as Voorloper van die wederopstanding van mense aan die einde van hierdie spirituele eeu.

Die interessante is om te sien hoe die agnostici hulself probeer oortuig daarvan dat die HERE Jesus Christus nie terselfdertyd Godheid is nie. Onlangs skrywe Wouter aan Chris (beide van hulle is ateïste en Chris radikaal en aggressief só) dat hy ‘oortuig’ is van die beweerde nie-Goddelikheid van die HERE Jesus weens die (laat) ‘ontwikkeling’ daarvan oor die afgelope 700 jaar of so, so asof die aspek van die HERE se Goddelikheid vir die eerste maal sedert die veertiende eeu eers ter sprake gekom het of sommer asof uit die duim gesuig is.

Verbasend hoe só ’n ongegronde bewering sommer weersprekende feite ontken.

Die getuienis van die HERE Jesus Christus se Goddelikheid deurspek die geskrewe Woord (die Bybel). Hierdie getuienis van op rekord gestel deur bekende mense van die tyd wie bekend was aan en met die HERE Jesus sowel as ander wie Indië tye geleef het. Die HERE Self het ook by verskeie geleenthede na die feit van Sy Goddelikheid verwys – tewens, dit is juis hierdie bekendmaking van Hom wat Hom die gramskap van die Joodse owerhede en die Sanhedrin op die hals gehaal het tot die punt dat hulle die HERE daaroor laat kruisig het (nadat hy deur die geregshof van Pilatus onskuldig bevind is op klagtes van sedisie – waarvoor Hy amptelik aangekla was deur die Jode). Hoe hierdie geskiedenis net geïgnoreer word, kan slegs geskied in die bevooroordeelde gemoed van die spiritueel oneerlike agnostikus – Woordverwysings as bewyse van die heel vroegste bevestiging van die feit van Goddelikheid is daar talle van (hier is sommige - Jesaja 43:10-12 ; Johannes 1:14  ; Filippense 2:6-11 ;  Hebreërs 5:8; Romeine 8:3-4; Mattheus 8:29 ; 14:33 ; 26:64 ; 27:54 ; Markus 1:1 ; 3:11 ; 5:7 ; 14:62 ; Lukas 1:35 ;  2:10-12 4:41 ; 8:28 ; 12:8 ; 22:69 ; 22:70 - 71 ; Johannes 1:18 ; 1:34 ; 1:50-52 ; 3:18 ; 5:25 ; 6:69 ; 8:58 ; 9:35-41 ; 3:36 ; 5:25-26 ; 6:27 ; 6:69 ; 9:35-38 ; 10:36 ; 11:3-35 ; 11:25-27 ; 13:31-33 ; 19:7 ; Handelinge 7:56 ; 8:37 ; 9:20 ; 2 Korintiërs 1:19 ; Galasiërs 4:4-6 ; Hebreërs 4:14 ; 6:4-6 ; 10:28-29 ; 1 Johannes 3:8 ; 4:15 ; 2 Johannes 9 ; Openbaring 2:18 ; 21:6-7 ; Johannes 14:6-11; 1 Petrus 1:17-20 (veral 20); Efesiërs 1:3-6).

Die Woord verwys dus na die HERE Jesus Christus in beide Sy hoedanighede – dié van Mens en dié van Ewige, van Godheid.

Die enigste manier hoe sommige agnostici egter hierdie bewyse probeer verdag maak, is met hulle eie verdagte en onbetroubare optrede. Chris se uitlatings hieroor is nogal baie duidend van hierdie metode - hulle val die betroubaarheid van die Bybeltekste self aan en so probeer hulle soos met 'n uitveër die hele geskrewe bron uitvee. Hulle slaag natuurlik nie, want mens kan eenvoudig nie die Waarheid uitvee nie - Jesus Christus die HERE IS mos na alles die Waarheid (Johannes 14:6)- ten spyte van hulle en hulle voorgangers se verbete pogings om dit te bewerkstellig so nutteloos en vrugteloos is dat die Woord steeds vandag en selfs veral vandag, van krag to Krag gaan - want die HERE Jesus Christus is God in Woord en HY Leef tot in ewigheid.

Dan is daar natuurlik ook nog die ervaring en daaglikse belewenis van die massas ware gelowiges waar ons 'n daaglikse kontak en gemeenskap met die HERE Jesus Christus het welke ervaring en belewenis dit wat ons in die Woord van die HERE Jesus Christus lees, bevestig. HY is God in Woord. Hierdie ervaring van die Waarheid kan deur die antagoniste se sinnelose sirkelargumente wat hulle onder mekaar in die duisternis van onkunde voer (hulle soek sorgvuldig bronne uit van diegene wat net soos hulle daaromtrent dwaal), net eenvoudig nie geraak of afgekraak word nie.

Kobus de Klerk

  • 18

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Heil die leser.

    Vir jare reeds is die brandpunt in my bydraes op die werf my belydenis dat Jesus Christus ons almal se GOD is.

    Daarom het Kobus de Klerk so 'n sterk afkeur aan my.

    Had Kobus de Klerk egter net 'n mate van midrash verstaan, dan sou hy dalk ook Jesaja 9:5 se lering begryp het: "Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors".

    Jare reeds dring Kobus de Klerk ook daarop aan dat Jesus Christus nie onse Hemelse Vader is nie, maar wel die Woord van God.  

    Kobus de Klerk herlei voorts sy onjuiste opvatting dat die Bybel, die Woord van God is.
      

    Had Kobus de Klerk ook net hier 'n bietjie midrash verstaan, dan sou hy die herinterpretasie van onse Logos uit die Griekse filosofie in Johannes 1:1 ook kon verstaan het: "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was (is) God" ...  

    Kobus de Klerk snou my ook gereeld toe vir my belydenis dat Jesus Christus onse Hemelse Vader is. Dit, ten spyte daarvan dit ook geskrywe staan "En as julle Hom as Vader aanroep ... omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, ..." (Uit 1Pet 1:13-25)

    Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar. (Mattheüs 11:27) ... en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. (1 Korinthe 12:3) Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die Blink Môrester. (Uit Openbaringe 22)  

    Teen dit alles tik Kobus de Klerk vandag weer sy woordspeletjies onder hoofde "Die goddelike hoedanigheid van Jesus Christus".   

    Goddelik 1, =e. Van God. 'n Goddelike instelling.   goddelik 2, =e. Van of soos 'n godheid, hemels, verhewe, heerlik. elke goddelike dag laat wees, (geïrriteerd gesê), elke dag, sonder uitsondering, laat wees. goddelikheid.  

    Wyl Kobus de Klerk en sy mede misantropiese Bybelaanbidders hul verhef oor die Evangelie en Jesus Christus in hul slimmigheid bloot as "goddelik" verklaar, bely ek heelhartig en met vreugde nederig die wete in my hart dat Jesus Christus, GOD is!  

    Mag Jesus Christus onse Almagtige Lewende GOD en Hemelse Vader, die Alfa en Omega, die blink Morester, ... ons verlos van Kobus de Klerk en sy meelopers se spiritueel intelligente drogma en Self in 'n ieder se hart openbaar.  

    Namaste!

    Cornelius Henn  

  • Kobus de Klerk

    Skryf nog sulke onsamehangende, basislose snert, Kerneels, want so wys jy jouself uit vir die irrelevante ketter wat jy geword het. Met goed soos hierbo en die bot insigloosheid wat dit vertoon omtrent enigiets wat jy daarin aanraak, insluitende jou eiesoortige insiglose interpretasies van die Woord wat jy as gesag probeer aanhaal (die satan het dit ook met die HERE probeer doen en is die loef afgesteek ) het mens werklik nie nodig om dit uitmekaar te trek nie.

     
    As jy nog daarvan skrywe, sal algar jou gou genoeg net ignoreer - hou dus aan daarmee, maar weet en wees gewaarsku dat jy vir jouself 'n graf daarmee grawe...
     
    Kobus de Klerk
  • Dit is nie net die agnostikus wat telkens gepooitjie word deur die Goddelikheid van onse Here Jesus Christus nie, maar wel die Christen-ateïs ook.

    KdK spreek hier 'n ernstige saak aan tov wat die gelowige vir 2014 behoort te staan. Christene moet wakker skrik en besef dat ons in tye leef waar mense binne en buite die Kerk met Jesus Christus spot en hulle eie goddelose begeertes navolg. Valse leringe genereer skade en afvalligheid, en die stelling dat ons skrifte nog altyd "verkeerd interpreteer" of "anders moet lees, of "moet aanpas" tov wat ons voorheen geglo het, is die grootste snert.

    God se Woord is duidelik, reguit en maklik verstaanbaar. Daarom kan selfs 'n kind dit uitleef. En dis soos God dit bedoel het. Skrifte weergegee hierbo, ondersteun KdK se stellinge. En is dit die belangrikste.

    Elkeen is vry om self ondersoek in te stel, gelowiges sowel as ongelowiges, en die waarheid vir SELF te ontdek.

  • CorneliusHenn

    Trienie Mahne,

    Nes Kobus de Klerk dit in sy haat teenoor my hierbo gewreek het, ek werklik hoop en bid dat belangstellendes hier weldeeglik die onderskeid tussen ons belydenis sal ken.

    Wyl Angus en Chris Dippenaar meen Jesus Christus is geheel fiktief, "Wouter Ferns" meen Jesus Christus 'n historiese figuur is, en jy en Kobus de Klerk meen Jesus Christus bloot Goddelik is, ek bely dat Jesus Christus onse HERE, GOD is.

    Dis ook net deel in julle bedrog dat ek die enigste op aarde is wat sulke belydenis kwansuis sou versin.

    Ek ag my genadiglik deel aan die heilige katolieke (met 'n klein k) Kerk, presies soos dit onder meer in artikel 27 van die Nederlandse Geloofsbelydenis verklaar word, en ook hoe Jesus Christus as GOD in dieselfde belydenis gedien word.

    Dis baie duidelik dat nie een van jy of Kobus de Klerk ooit katkisasie aan enige Kerkgenootskap ontvang het nie.

    Dis ook herhaalde maal duidelik hoe fundamenteel en radikaal julle daarop aandring dat die Bybel, die Woord van GOD is - julle as kwansuis sondelose ware gelowige Bybelaanbidders ander se harte en weg in die liefde en genade van ons almal se Skepper minag.

    Daarenteen glo en bely ek dat Jesus Christus, die Woord (Logos), God is, die Bybel 'n kosbare bundel heilige skrifte is en elkeen se hart - gelowige en ongelowig - kosbaar, verborge en heilig aan GOD behoort.

    Angus en Chris Dippenaar verskil van "Wouter Ferns" nes ek van julle verskil in my belydenis.

    Trienie, dis ook opmerklik hoe dwaas jy agter Kobus de Klerk met sy "agnostici" aan dool.

    Mag Jesus Christus, die Woord van GOD, ons almal vergewe en self die Tuinier in 'n ieder se hart wees.

    Cornelius Henn

  • Beste Cornelius,

    Chris Dippenaar en Angus het bewys vir wat hulle sê. Hierdie bewys is die vier evangelies van die Bybel. Al vier is baie duidelik derdepersoonsvertelling, maw fiksie maw skepping van die menslike verbeelding. Geskiedskrywing is dit beslis nie, want dit berus op ooggetuienis en primêre en sekondêre bronne.
     
    Groete,
    Angus
  • CorneliusHenn

    Beste Angus,

    Soos altyd; baie dankie vir jou belangstelling.

    Ek aanvaar nog altyd jou en ander agodsdienstiges se bewys dat Jesus Christus, fiksie/mite is.

    Ek had ook groot waardering onlangs vir Wouter Ferns se oortuigende rede dat Jesus Christus 'n historiese figuur was.  

    Eweneens ek selfs beskouing dat Jesus Christus bloot Goddelik is, respekteer.  

    Kobus de Klerk en sy ewe siniese dissipel Trienie Mahne, verag egter enigeen wat nie soos hulle kwansuis sondelose ware gelowige Bybelaanbidders glo nie.  

    Die werf se sondelose ware gelowiges dien by uitstek hul eie ego. Let gerus self hoe hulle gedurig wind in mekaar se gatte opblaas.

    Opmerklik ook hoe min hul uitleg van Moslems se beskouing verskil naamlik dat; Jesus Christus, die hoogste en grootste Profeet (Goddelik) is - dog Moslems (nes Kobus de Klerk en Trienie Mahne) hul sterk afkeur wend tot enigeen wat bely dat Jesus Christus onse GOD/Allah is.

    GOD alleen ken en bewerk geloof in 'n ieder se hart - daarom verhef ek my nie oor ander se geloof of ongeloof nie.  

    My bydraes hier is nie om enigeen te oortuig dat Jesus Christus GOD is, of dat daar eens wel 'n GOD is nie. 

    Dis ter wille van menslikheid, begrip vir mekaar en uit dankbaarheid vir die geloof in my hart dat ek nederig die wete uit my hart bely dat Jesus Christus, GOD is.   

    Ek staan egter enige onderdrukker - gelowig of ongelowig ... links of regs - geheel teen.  

    Kobus de Klerk se minagting vir ander se harte maak sy eentonige disputasies en d(r)ogma iets afstootlik.  

    Godsdiens behels 'n hele omvang van plegtighede in die AANBIDDING van GOD!  

    Lees gerus die kwansuis spiritueel intelligente Kobus de Klerk en Trienie Mahne se geJUIG vol "gees vervulde" trane telkens waar 'n ander se hart vertrap word, en probeer dan verklaar wat op aarde hul fundamentele anderhaat met enige Godsdiens op aarde te make het?  

    Nes Al Qaeda is daar Bybelaanbidders wat onder 'n dekmantel van Godsdiens ander haat.  

    Angus, mag Jesus Christus onse HERE, self geloof in 'n ieder se hart bewerk.  

    Namaste!  

    Cornelius Henn

  • Kobus de Klerk

    Angus, Angus... met ander woorde, as iets in die derdepersoon geskrywe is, is dit altyd fiksie? Watter belaglikheid.

     
    Maar jou aanmerking is tipies van jou agnostiese uitkyk wat oor alles geen sekerheid het nie en dan na strooihalms moet gryp soos die hierbo na alles, Chris en jy is ateïste en kan ons niks beter van julle verwag op hierdie stadium nie.
     
    Net so ook die eensydige belaglike opmerking wat julle maak ten aansien van die getuienis van ooggetuies en primêre en sekondêre bronne -  julle verwerp dit net omdat dit julle agnostiese siening nie pas nie.
     
    As jy belangstel hoe dinge omtrent die Woord werklik werk, lees gerus hierdie studie van 'n bewysregtelike kundige, ene Greenleaf juis oor die evangelies. Greanleaf, 'n professor in die regte (bewysreg) se in diepte ontleding en studie oor die betroubaarheid van die evangelies behels bykans 900 bladsye. Het jy die moed  om dit te bestudeer? Daar is nog sulke studies. Soek hulle gerus.
     
    Jy leef as ateïs in 'n staat van selfbedrog wat sake Gods aanbetref.
     
    Kobus de Klerk
  • Beste Kobus,

    Eerste- en derdepersoonsvertellings is letterkundige begrippe, en het niks te make met ateïste en agnostici nie. Jy maak nou soos daar met apartheid gemaak word. Die agnoste kry die skuld vir alles. Is jy seker jy ly nie aan agnostifobie nie?
     
    'n Derdepersoonsvertelling het vele eienskappe; sommiges dui op fiksie, terwyl ander weer geskiedskrywing is. Dit het duidelik met fiksie te make as die leser kan lees wat die karakter dink, of wat sy gevoelens en begeertes is. In geskiedskrywing gebeur dit nie. So 'n vinnige voorbeeld uit die Bybel wat my nou byval: Toe Jesus in die woestyn was, lees ons: "Hy het naderhand honger geword."
     
    Die evangelies kan onmoontlik ooggetuieverslae wees; so 'n persoon of persone sou van Christus se geboorte tot sy opraping moes by wees. Alles dui dus op 'n alwetende derdepesoonsvertelling.
     
    Het jy al daaraan gedink dat om in die bonatuurlike te glo, eintlik maar net selfbedrog is. Vra maar vir enige gelowige van enige religie of geloof. Hy wil graag na hy dood is, nog lewe. En alle gode belowe dit, behalwe miskien die rubygode. Hulle belowe net dat jy die All Blacks sal wen. Soos dit vir my lyk, aanbid die AllBlacks sterker gode. Nee wat, Kobus, alle gelowiges ly aan spiritualistiese hallusinasies.

     
    Jy kan darem ook twak skryf as jy die dag lus het. Wie is die "julle"  en watter "belaglike opmerking" het die julle gemaak  "ten aansien van getuienis van ooggetuies en primêre en sekondêre bronne"? En wat verwerp die danige julle met hulle agnostiese siening? 
     
    Moet asseblief nie so baie twak skryf nie. Primêre en sekondêre bronne is terme wat die geskiedskrywer gebruik om sy bronne te identifiseer. Om dit nou mooi aan jou te verduidelik sodat jy ook verstaan: indien Jesus 'n dokument eslef met sy eie hand sou onderteken, is dit 'n primêre bron. Indien 'n geskiedskrywer oor hierdie dokument skryf, dan is dit 'n sekondêre bron. 

     
     Ek sal nog na jou skakels kyk. Vir my lyk dit baie na kreasionistiese twak.
    Groete,
    Angus
  • Chris Dippenaar

    Hello Angus

    Aan Kobus is daar geen salf te smeer. Net iemand soos Trienie gaan dalk 'n loflied hier sing om sy ego te streel, maar ek en jy weet van beter. Die twee skakels wat ek hier onder los mag jy dalk baie interessant vind. Al wat Kobus regtig bereik, met skakels soos die wat hy hierbo gelos het, is om die inetellektuele oneerlikheid van die Christen-apologeet te demonstreer:

    http://packham.n4m.org/montgmry.htm

    http://packham.n4m.org/pehrson.htm#RETURN

  • CorneliusHenn

    Beste Angus,

    Jy tik: "Die evangelies kan onmoontlik ooggetuieverslae wees; so 'n persoon of persone sou van Christus se geboorte tot sy opraping moes by wees. Alles dui dus op 'n alwetende derdepersoonsvertelling."

    Angus, dis sekerlik een van die beste sinne wat ek omtrent hierdie werkilkheid in lang tyd gelees het!

    Bybelaanbidders soos Trienie Mahne en Kobus de Klerk, glo skynbaar dat Jesus Christus 'n tipe Ingelse prinsie was wat die voorblad gehaal het met sy eerste "scan" op ses weke oud!

    Nee, daar is werklik geen, of min voorblad beriggewing van Jesus Christus se lewe op aarde gewees... en al was daar, dan sou dit net so onderhewig soos Mac Maharaj se verslag uit  #1 se kantoor wees.

    Sy eie dissipels het eers met die uitstorting van die Heilige Gees, "40 dae" na Sy hemelvaart bely dat Jesus Christus, GOD is.

    Steeds was daar geen belang om skriftelik verslag daaroor te lewer nie, aangesien die dissipels geglo het die Wederkoms sou binnekort en in hul leeftyd plaasvind.

    Daar is baie teorie waarom die Evangelies later wel in skrif opgeneem is, maar dis ook nie ter sprake nie.

    Wat jou stelling hierbo besonder maak, is dat dit jou op die rand bring om die Joodse/ Hebreeuse skryfstyl naamlik "midrash", of te wel, herinterpretasie beter te verstaan.

    Die Evangelies is geskryf met die veronderstelling dat; "as Jesus Christus, GOD is, dan dit en dat en dit ...", en die res is verder uit die leerstellinge (profesie) uit Joodse skrifte, vandag in die Ou Testament te vinde, saamgestel.

    Toe daar op die Bybel se skrifte waaruit dit saamgestel is besluit is, was dit juis 'n maatstaf om hoofsaaklik daardie Joodse skrifte waaruit die leerstellinge dat Jesus Christus, GOD is in die Bybel te bind.

    Daar is 'n menigte bron vandag op die Internet beskikbaar om midrash behoorlik te verduidelik.

    Die leer om midrash te verstaan en die Bybel daaraan te vertolk, is egter algemene Anglikaanse en Roomse katkisasie.

    Protestante predikers pas ook midrash Sondag na Sondag van hul preekstoele toe - hulle noem dit preek ...  bloot die herinterpretasie van antieke leerstellings aan vandag se omstandighede.

    Protestante predikers spandeer jare op universiteit om hierdie Joodse vaardigheid te bekom, maar dis nie regtig so moeilik om te begryp nie.

    Die leer om midrash te verstaan en die Bybel daaraan te vertolk, is algemene Anglikaanse en Roomse katkisasie.

    Hierdie feit kan jou ongeloof versterk, of dit kan die wonder van geloof in jou hart beaam.

    Die Bybel is egter uiters gevaarlik in fundamentele dwepers en anderhaters soos Kobus de Klerk wat geen benul of respek aan die begrip midrash het nie.

    Ontnugterde Protestante wat 'n feitlike verslag van Jesus Christus se geboorte tot Sy hemelvaart soos die lewensverhaal van 'n tipiese Ingelse prinsie vandag in die Bybel soek, is net so van die wal af waar hulle nie 'n begrip het aan midrash nie.

    Angus, iemand soos jy wat juis soveel waarde aan die Bybel vir letterkundige waarde het, sal veel meer genot daaruit put sodra jy meer omtrent die toepassing van midrash in die Bybel ken.

    Namaste!

    Cornelius Henn

  • Kobus de Klerk

    Net so terloops, Angus...Jou poging hierbo waar jy die stelling maak dat die evangelies  onmoontlik ooggetuieverslag kan wees omdat so 'n persoon of persone sou van Christus se geboorte tot sy opraping moes by wees, is verbasend naïef. Natuurlik was daar ooggetuies - by die HERE Jesus se geboorte as Mens was SY moeder en Josef en by SY  opraping, sy dissipels en so was daar altyd ooggetuies deurentyd.

     
    Jy lees mos in die Woord dat die HERE se moeder, Maria, nog lewend was gedurende SY bedieningstydperk en dat SY dissipels haar dus noodwendig persoonlik geken het, ens.

     
    Baie insigloos van jou, nie waar nie en daarom ook dat jy Kerneels die ewe insiglose Kerneels se lof daarmee verdien. Lees maar sy kommentaar se snert om te sien hoe hy ook, nes jy, die Woord en betekenis verdraai om julle blertse te kan produseer.
     
    So ook die verwysing na die HERE se ervaring in die woestyn toe Hy honger geword het - SY dissipels het ten nouste met Hom verbintenis gehad en is dit net logies dat HY hulle van daardie ervaring sou vertel, soos byvoorbeeld deur Mattheus verwoord.
     
    Dus, die aanwending van die derdepersoon-vertellings  is op geen wyse relevant nie en is jou argument louter snert.
     
    Net Kerneels geniet jou snert - julle twee is soos twee daggarokers wat mekaar aanpor en bly is as die ander een saamdoen ter wille daarvan om nie alleen te wees nie.
     
    Wat betref die betroubaarheid en bewysbaarheid van die evangelies aan die hand van streng bewysreg reëls soos dit in die geregshowe toegepas word elke dag,  kan jy, Chris en Kerneels gerus maar lees wat ek by hierdie skakel weergee.
     
    Kobus de Klerk
  • Kobus de Klerk

    Chris, 

     
    jy en Angus kan maar gerus hier lees wat ek weergee oor jou aanmerkings hierbo.
     
    Dit sal jou nie baat om weer na David Strauss te verwys nie - hy was geen juris en bewysreg spesialis soos Greenleaf was nie. Strauss kan nie ernstig opgeneem word nie en hoort nie saam met Greenleaf op dieselfde podium nie - Greenleaf is 'n man wat as volg beskrywe word : 'The Author is a lawyer, very learned in his profession, acute, critical and used to raising and meeting practical doubts. Author of a treatise on the law of evidence, which has already become a classic in the hands of the profession which he adorns, and teaches in one of the Law Seminaries which do honour to our country in the eyes of Europe, he brings rare qualifications for the task he assumes ... the production of an able and profound lawyer, a man who has grown grey in the halls of justice and the schools of jurisprudence,—a writer of the highest authority on legal subjects, whose life has been spent in weighing testimony and sifting evidence, and whose published opinions on the rules of evidence are received as authoritative in all the English and American tribunals,—for fourteen years the highly respected colleague of the late Mr. Justice Story, and now the honoured head of the most distinguished and prosperous school of English law in the world.'
     
    Maak eintlik Angus se opmerking oor 'kreasionistiese twak' juis die twak waarvan hy ander beskuldig, nie waar nie...

     
    Strauss daarenteen, word as volg beskrywe : 'a German professor and speculatist, also profoundly learned in his way,—an ingenious and erring framer of theories of the most striking character, almost unheard of till his brain either conceived them or gave them currency, though relating to topics with which men have been familiar for eighteen centuries,—a subtle controversialist, whose work, as he himself avows, is deeply tinged with the most strongly marked peculiarities of the philosophy and theology of his countrymen'.

    Aldus die Gutenberg Project.

    Strauss, die spesialis spekuleerder, 'n woordspel speler en -smous van formaat wat glad nie belangstel in feite en werklikheid nie, maar laasgenoemde slegs misbruik om sy spekulatiewe fabels op te bou - dus, 'n fabelbouer van formaat en die tipe persoon wat mens uit 'n geregshof weghou, omdat daar in geregshowe met feite gewerk word, en nie spekulatiewe fabels van woordsmouse en kontroversialiste nie. En dit maak van hom 'n geliefde onder die agnostici - hy ploeter so reg in hulle kraal.
     
    Strauss, die agnostikus en voorbeeld juis van een wat nie bereid is om sake Gods eerlik te benader nie.

    Kobus de Klerk
  • Beste Kobus,

     
     Jy met jou spiritualistiese hallusinasies sal nooit derdepersoonsvertelling kan verstaan nie, en dit altyd as snert afmaak. Dit is nou eenmaal so, as iemand se kop vol snert is, dan lyk alles vir hom so. 
     
     Die derdepersoonsverteller gebruik allerhande truuks om sy fiktiewe verhaal waar en eg te laat klink. Natuurlik sal daar omstanders wees by Jesus se geboorte. Hierdie verteller sal selfs bekende geskiedkundige figure en karakters in sy verhaal bring soos Paulus, Pilatus, Herodes, ens.
     
     Kom ons neem ? ander voorbeeld. Wie was by om Jesus en die Duiwel waar te neem in die woestyn, op ? hoë gebou in Jerusalem en op ? berg? Wie het geluister wat hulle gesels het om dit te rapporteer? 
     
     Ek sal jou sê wie. Die skrywer van die verhaal het heel snoesig in sy tent gesit en storie skryf. Alles sy eie ryke verbeelding.  Miskien was hy nog self in die woestyn, maar hy kon nie so blitsig saam met Jesus en die Duiwel rondgevlieg het gebou toe en daarna berge toe nie. Of beweer jy dat sy dissipels saamgevlieg het?
     
     Greenleaf se kwalifikasies sê niks, soos ek elders ook gesê het. Ek soek konkrete bewyse van hom. Dis nie goed genoeg om net te beweer dat enige hof se bevinding sal wees dat Jesus ? historiese figuur is  nie, en nou vreet elke Christen dit vir soetkoek op nie. 
     
     Jy spog so met Greenleaf se geleerdheid, en omdat hy so geleerd was, moet dit waar wees wat hy sê al is dit sonder bewyse. Van Darwin en sy geleerdheid skram jy weg, en probeer jou bes om hom te verkleineer, terwyl hy die een is met die bewyse. 
     
     Ateïstiese groete, 
     Angus
  • Beste Kobus,

    Jy mag dit miskien as naïef beskou as ek beweer dat die skrywers van die evangelies nie ooggetuies kon wees nie. Jy kom egter nie agter hoe naïef jy is deur te beweer dat daar getuies was met Jesus se geboorte en opraping, en dan noem jy nogal sy dissipels as ooggetuies. 
     
    Wat jy nie besef nie is dat die dissipels ook fiktiewe karakters is, maar behalwe dit, wys dit duidelik dat jy 'n belangrike letterkundige begrip, nl. die posisie van die verteller, g'n snars van verstaan nie. Kom ek verduidelik vir jou wat jy probeer aanvang.
     
    Van Melle skryf 'n boek met die titel Bart Nel. In die boek is Bart Nel 'n karakter. In die boek is daar ook ander karakters, nl. tante Johanna, Kasper, Rooi Martiens, Fransina, sy vrou en vele ander. Hulle is almal ook fiktiewe karakters, nes Bart Nel. Nou beweer jy dat Bart Nel werklik bestaan het, want al die ander karakters het hom gesien en geken. Die verteller het hulle glo geraadpleeg toe hy die storie van Bart Nel vertel het. 
     
    Dis mos belaglik. En dis presies wat jy met die evangelies doen. Daar was mos baie ander karakters wat Jesus se geboorte en opraping getuies voor kon wees. Jy vergeet egter, jou getuies is ook fiktiewe karakters. En nou wil jy hê dat die verteller (wat eintlik maar Van Melle is) moet sy eie denkbeeldige karakters raadpleeg en uitvra oor 'n ander denkbeeldige karakter. 
     
    In enige verhaal is die posisie van die verteller van uiterste belang, en jou vriend Greenleaf sou miskien drie eeue gelede dit in 'n hofsaak kon beveg. Hier in die 21ste eeu sal dit egter nie gebeur nie. Deesdae kyk hulle in die fynste besonderhede, selfs op watter strepie van 'n badkamerteël 'n krieketkolf lê.
     
    Groete,
    Angus
     
     
     
     
  • Beste Cornelius,

    Dankie vir jou inligting oor "midrash". Ek het by my Joodse vriend gaan aanklop, en hy het my verseker dat midrash net 'n verskriklik ingewikkelde manier is om te verduidelik wat alreeds op treffend en eenvoudig in die Torah staan. 
     
    Dit laat my dink aan 'n neef van my wat Nederlands\Afrikaans as hoofvak gehad het vir sy BA.-graad. Hy was oa in vervoering oor Elisabeth Eybers se poësie, en "Maria" was vir hom die toppunt van die Afrikaanse poësie. Dis totdat hy prof. Stoffel Nienaber se doktorale verhandeling van honderde bladsye oor "Maria" in die hande gekry het. Van toe af  was mooi ook nie meer mooi nie. 
     
    Groete,
    Angus
  • CorneliusHenn

    Beste Angus,

    Dankie vir jou besondere rede omtrent midrash.

    Ek aanvaar dit gewis so en sal nooit midrash aan enigeen een wat vrede met hul mooigeit aan onse wonderlike Bybel het, probeer dweep nie.

    Midrash het ter sprake geraak jeens die slimmigheid van die werf se "slim" sinici - gelowig en ongelowig.

    Jy sal dit gewis nog saam met my begin lag as jy merk hoe die kwansuis spiritueel intelligente Kobus de Klerk kleitrap omtrent iets soos midrash - gee net kans!

    Intussen sal dit jou waardering vir die letterkundige waarde van die Bybel baie verbreed sou jy die plesier het om meer met jou Joodse friend daaroor te gesels.

    Namaste!

    Cornelius Henn

  • Kobus de Klerk

    Angus,

     
    Niemand hoef by te gewees het toe die HERE Jesus in die woestyn deur die duiwel versoek is nie. Waarom moes daar iemand wees? die HERE Jesus het mos Self daardie getuienis aan sy dissipels vertel en hulle het dit so weergee.
     
    So kan ons aangaan om jou beuselagtige speletjies met taalverskynsels hierbo van kant te maak, maar dit raak vervelig. Jy kan nie eens mooi begryp wat met die taalgebruik van die Bybel aangaan nie. Dit, terwyl jy self sê hoe jy dit gereeld lees ter wille van die letterkundige waarde daarvan... arme jy, selfs nie eens daarmee kom jy reg nie. 
     
    Vir jou is alles wat jy nie kan verstaan nie, fiksie. Dit is gemaklik vir jou, want dan hoef jy nie moeite te doen om te verstaan nie. Maar dit is ook waarom jy 'n ateïs is - juis omdat jy nie kan begryp nie.

    Dit is dus sinneloos om ook oor daardie aspekte met jou te probeer gesels. Jy is net eenvoudig te bot en insigloos.

    Kobus de Klerk
  • Kobus de Klerk

    Angus,

     
    Jou aanmerking oor die bewysreg van die negentiende eeu teenoor vandag is die van 'n totale leek. Bewysregsreëls transendeer tyd en vandag gebruik die meeste gesofistikeerde Westerse regstelsels steeds beginsels uit die antieke Corpus Iuris Civilis - veral die deliktereg - omdat sulke regsreëls se toepassing werklik nie tydgebonde is nie.
     
    Ek dink jy kyk te veel televisie en die bietjie blootstelling aan die reg en prosedures wat jy daar opdoen met die Pistorius saak, is heeltemal te min om nuttig te wees maar net genoeg om vir jou self gevaarlik te wees (iemand wat dink hy het kennis is nie ontvanklik vir onderrig nie) - lyk my jy is nou op daardie stadium met jou 'regskennis'. Jy maak 'n gek van jouself met jou aanmerkings.
     
    Nie een van julle wat kritiek lewer kon met enige weerleggende getuienis vorendag kom nie. Jou eie slimstories oor die taalkwessies is skandelik ontoereikend end ie ergste is dat jy dit skynbaar self nie besef nie. Julle is so onbekwaam in hierdie tipe gesprekke... Moenie dink dit word nie raakgesien nie.
     
    Kobus de Klerk
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top