Jan, ek word ook redelik knorrig wanneer iemand die Afrikaner of Boer in die openbaar hetsy in die media of van openbare verhoee af verkleineer, verguis en vertrap. Ek twyfel en hoop regtig dit is nie mnr Opperman se doel nie.
Ek word erger die moer in wanneer die Afrikaner of Boer homself in die voet skiet en mense ammunisie gee om dit te doen. Daar is ongelukkig soos in alle gemeenskappe elemente wat saam met jou sal wees tot in lente van dae.
Die vraag ontstaan, wat is 'n Boer of Afrikaner. Die debat, soos evolusie en Goddelike bestaan sal in dag des lewens nooit ophou nie. Ongelukkig word die Boer of Afrikaner oor die algemeen as platvloers en agterlik afgemaak, dit is te danke aan die lot wat naam weg bliksem. Iemand het 'n ruk gelede 'n brief geskryf van sy ervaring op 'n plaas waar hy 'n dag gekuier het. Daardie boer het volgens my klas. Grond kan jy koop. Jy kan nie agtergrond koop nie. Daar is ook adel onder ons. Daar is ook die wat nie as sulks beskou kan word nie.
Ek wil graag my mening, as ek mag, weergee. 'n Boer of egte Afrikaner verwerf respek. Hy doen dit deur sy optrede, lewenswyse en algemene handel en wandel. Hy tree waardig op en behandel almal met respek en eerbied. Hy behandel sy medemens soos hy behandel wil word. Sy vrou en kinders vrees hom nie. Sy optrede in onberispelik. Hy verneuk nie ander mense nie, sy woord is sy woord.
Jy loop regop, jy kam jou hare en borsel jou tande. Jy trek skoon aan. Jou skoene blink. Jy suip jou nie oorhoeks nie, altans waar jou kinders is nie. Jy vloek nie voor kinders, oumense en vroumense nie. Jy vry nie jou skoonma, vrou se susters of kleinniggies nie.
As jy wil kommin wees, wees kommin maar wees ten minste trots daarop en wees waardig.
O ja, jy poep nie aan tafel nie en jy lieg nie as jy bid nie.
Reusedwerg


Kommentaar
Dankie Reusedwerg, jy het ons deels ingelig oor die Afrikaner – nooit by die goeie punte uitgekom nie!
Jy vertel ons ook: “Ongelukkig word die Boer of Afrikaner oor die algemeen as platvloers en agterlik afgemaak, dit is te danke aan die lot wat naam weg bliksem.”
Daar is beslis sulke mense, maar dit is nie die oorsprong van die probleem nie. Dis die Engelse se skuld. Hulle kon dit nie verdra dat die Boere oor hulleself en 'n klomp Engelse met mynbelange regeer nie (in die ou Transvaal) en het met 'n propaganda oorlog soos min begin (Boere stink gesê!) en eindelik 'n regte oorlog afgedwing. Ten spyte daarvan dat hulle derduisende troepe in die veld gehad het, het hulle die oorlog uiteindelik gewen deur sowat sewe keer meer vroue en kinders as manne met gewere dood te maak (oor die presiese getal kere is ek nie seker nie).
Wie behoort nou skaam te wees? Reusedwerg en die Afrikaners of die vrotsige, skynheilige Engelse? Jy het baie rede om trots te wees. Hoop nie al die ANC propaganda het jou geaffekteer nie?
Beste wense, George
Not a donner sal die Ingelse of die anc my kan indoktrineer. Ek weet net die mense, "tird fors " (third force) is baie besig in die land. Ek sien die.stakings is besig om die land verder in sy moer in te druk. Dit het begin by die myne. As jy sien is al die mynhuise se hoofkantore op die eilandjie neffens die Franse kus. Iemand is besig om die "natives restless" te maak.
George, jy slaan die spyker op die kop!