Beste boekomslag van die afgelope 15 jaar – wenner aangekondig!

  • 16

Sonja van der Westhuizen is die gelukkige wenner! Sy wen vyftien boeke en ook 'n gratis toegangskaartjie na die US Woordfees-gesprek oor boekomslae op 10 Maart 2014 om 12:00 in die Boektent. Baie geluk, Sonja!

Die US Woordfees kyk vanjaar terug op 15 magiese jare. In dié 15 jaar het uitgewers wonderlike boeke opgetower. LitNet en US Woordfees soek na die beste boekomslag van die afgelope 15 jaar en wil weet wat LitNet-lesers dink. Jy kan boonop 'n lekker dik boekpakkie met 15 boeke wen!

Skryf so in:

1. Stuur aan wen@litnet.co.za 'n jpg (foto) van, of 'n webwerfskakel na, die omslag van 'n Suid-Afrikaanse roman wat tussen 1999 en 2013 (albei jare inbegrepe) verskyn het.
2. Stuur ook 'n kort motivering van hoogstens 50 woorde waarom jy juis hierdie omslag gekies het.
3. In jou titel moet staan: "Beste boekomslag van 15 jaar."

Vereistes: Die skrywer moet Suid-Afrikaans-gebore en die uitgewer Suid-Afrikaans wees, al is daar bande met die buiteland. Die boek moet 'n roman wees. Watter omslag het jóú betower?

Sluitingsdatum: 3 Maart 2014. Die wenner sal voor die geleentheid deur LitNet in kennis gestel en op die US Woordfees 2014 tydens 'n gesprek oor boekomslae aangekondig word. Die wenner kry 'n gratis kaartjie na die gesprek.

Inskrywings verskyn onderaan hierdie artikel as kommentare.

Vir meer inligting oor die US Woordfees 2014:

US Woordfees 2014: Volledige program

Siedaar, vyftien jaar – Dorothea van Zyl gesels oor US Woordfees 2014

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 16

Kommentaar

  • Annette du Plessis

    Beste boekomslag van 15 jaar – Sondag op ‘n Voëlplaas deur Johan Nell. Hierdie omslag, waar die titel die hele blad in beslag neem, is verfrissend anders.  Die verweerdheid in die letters suggereer ’n verlede wat nie meer sin maak nie.  Aansluitend daarby is die kraak in die eier en die stukkie veer onderaan wat ’n nuwe begin voorstel, kreatief gebruik om die leeslus te prikkel. 


  • Marion Erskine

    Isa Konrad - die soenoffer.

    Die pragtige Isobel loer vir jou reeds van die rak af, maar daar is iets in haar oë. Jy kyk vas in 'n 9-jarige reeksmoordenaar terwyl jy die boek optel en die enigste gevoel tussen jou en die kind, is die aaklige rilling wat in jou ruggraat afkruip.

  • Gerhard Greyvensteyn

    Ek nomineer graag Santa Gamka van Eben Venter, uitgegee deur Tafelberg, omslag deur Michiel Botha.

  • Hierdie omslag van Raaiselkind deur Annelie Botes staan beslis vir my uit as een van die bestes in 15 jaar. Die boek was ons voorgeskrewe boek in Graad 11 (2006) en die mooiste boek in my boeksak. Studietyd in die koshuis het ek skelm vooruit gelees,  my ma het later my eie kopie vir my gekoop. 

     
    Wanneer ek my boeksak sou oopmaak en die blondekrulle in die blou water sien sou my hart 'n ekstra sprong gee. In my kinderverstand was dit iets heiligs. Deur die boek was ek ook geïnspireer om meer te lees en ook meer te skryf. (In 2013 is my eerste kortverhaal gepubliseer deur Tafelberg in Skarlakenkoors.) 
     
    Raaiselkind is beslis 'n boek wat ek sal bêre vir my nageslagte. En hoekom dan nie, dit lyk so mooi op my boekrak ...

     

  • Amanda Groenewald

    Fees van die ongenooides – PG du Plessis

    Motivering: Die omslag suggereer dadelik die verskillende lae (motiewe) van die boek: dit is ’n historiese roman in Suid-Afrikaanse konteks; die boek gaan nie net oor ’n ete nie, maar hoofsaaklik oor die mens in vele van sy fasette (daarom die twee vurke en nie ’n mes en vurk nie).

     
     
  • In stede van die liefde" deur Etienne van Heerden, 2005.


     
    Donker geboue met duiwe wat wegvlieg, of agter die vlugtende man aanvlieg, of deur sy hardloop verskrik is - hierin is hierdie omslag ‘n visuele metafoor wat al die argetipes van die ambivalente stadsherinneringe aktiveer. Verlies en bedreiging, maar ook dringendheid en vitaliteit is in diepe spanning teenwoordig. Oombliklik intrigerend.
  • Chanette Paul se Maanschijnbaai-tweeluik was vir my die treffendste. Dit het my geïnspireer om iets te lees wat ek dalk normaalweg nie sou lees nie. Dit is vrolik, modern, bietjie windgat, maar impliseer steeds waardes soos iemand wat trou en 'n baba kry.


     
     
  • Amanda Claassens

    In 2013 verskyn die tweede uitgawe, eerste druk van Tussen stasies, deur Irma Joubert, met ‘n splinternuwe omslag deur Flame Design. Die kleure is ‘n persoonlike voorkeur, maar komplimenteer die verhaal uitstekend met die stoomtrein en vintage voorkoms. Gretl is alleen, maar iets van haar vasberadenheid spreek uit die illustrasie.

  • Goeie Middag, Ek is ‘n slaafse navolger van Wilna Adriaanse se boeke.  Dis soos nougat, as jy eers die kwaliteit gelees het, dan kan jy nie sonder ‘n boek van haar die jaar deursien nie. Ek het baie van “Met ander woorde” gehou.  Soveelso dat ek die boek tot op datum al 7 keer deurgelees het, wat seker nie baie is nie, maar gesien dat sy nie al skrywer is op wie se werk ek versot is nie, is dit nogals ‘n mylpaal. Die voorblad het eintlik vir my iets anders gesê as wat die titel bedoel het.  Dit het vir my gelyk asof die “heldin” met haar hand keer dat ons die storie moet lees.  En wat ‘n lekker leesstorie, met lief en leed en seer en geluk was dit nie.     Al wen ek nie, maak dit nie saak nie, maar enige persoon wat van romans hou om te lees en nie hierdie boek gelees het nie, het ‘n leemte in haar of sy leeslewe.  

    Vriendelike groete

    Sonja Basson

  •  
    Katryn Vrou van die Richtersveld - Jan Huisamen.
     
    Omdat ek vir die eerste sewe jaar in daardie landsdeel gewoon het, het die omslag dadelik my aandag getref. Ek wou so graag uitvind wat aan die einde van daardie pad vir Katryn wag.
  • Kennis is mag, deur Malene Breytenbach, Rosslyn-Pers 2013.

    Motivering: Die bekende suile van dié universiteit se hoofgebou is 'n gepaste simbool van akademiese onderrig, navorsing en innoverende denke. Hier word die "mag" van die kennis soos 'n traliemasker geklamp oor die kop van 'n vrou wat graad ontvang. Haar gesig verdwyn. Die roman toon die heerssug en venyn van bestuurgedrewe politiekery by (party) akademiese instellings; die omslag vat dit grafies en onvergeetlik saam.

    Dankie

    Ian Raper

  • Etiennette Benadé

    Vier briewe vir Jan Ellis
    - Steve Hofmeyr

    Jan se oog kyk diep, los jou nie.  Knip skaars, tot hy seker is jy verstaan sy kant van die briewe.Selfs dan bly die wit van die oog, en die blou van die lewe, in jou agterkop draal, wagtend op wat die posman vandag vir jou gaan aflewer.

    -- Etiennette Benadé 

  • Sonja van der Westhuizen

    Hi,   Die omslag van Die boek van toeval en toeverlaat deur Ingrid Winterbach bly bly my jare nadat ek dit gelees het.  

    Ek dink die blote eenvoud van die ontwerp, saam met die kleurgebruik sluit so goed aan by die konsep van verlies en verborgenheid. Dit skep `n melancholiese gevoel van eensaamheid en verwydering. Hierbenewens verwys die skulp natuurlik ook op `n basiese vlak na die rol van die hoofkarakter se skulpversameling in haar soeke na betekenis.   Maar bo en behalwe dit alles, is dit net vrek mooi!  

    Groete, Sonja

  • Encounters with André - Madri Victor

    Die omslag is skoon met interessante en kontrasterende letterwerk (aangesien dit allesbehalwe 'n "skoon" lettertipe is).  André P. Brink is bekend vir sy vertaling van Don Quixote en sy eie Meditereense Aantekeninge.  Die figuurtjie op die letterwerk is 'n baie goeie manier om dadelik Brink met sy werk te assosieer.

  • So lig soos klip

    Die naam is reeds 'n teenstelling, maar nou is die beeld op die voorblad ook onderstebo - behalwe vir daardie een patroon.  Die spanning (wat snaarstyf is in die verhaal) is reeds geskep, die gevoel sinistêr.  Lees mens boonop die eerste sin agterop . . . "Reël Nommer Een: Hou altyd jou laaste patroon vir jouself."

    D. Merwe

  • Op reis met 'n hond

    Ek weet nie mooi of kortverhale ook tel nie, maar die omslag was vir my baie treffend.  Die donker kleure voorspel donker temas.  En die hond is 'n deurlopende tema in al die verhale.

    - Melindi 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top