ATKV kinderboekskryfskool – kom leer saam by die kenners

  • 0

ATKV-Projekte bied vanaf Maandag 2 April tot Woensdag 4 April 2012 ’n kinderboekskryfskool in Randburg aan.  Gedurende hierdie skryfskool word aspirantskrywers geleer hoe om ’n kind of tiener se verbeelding aan te gryp.  Drie dae lank word daar net kinder- en jeugliteratuur gepraat, geëet, gespeel en geskryf.

Die kursusleier is prof Franci Greyling van die Vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Sprekers sluit in Fanie Viljoen, prof Hans du Plessis, Anzil Kulsen, Marjorie van Heerden, Mia Stander en Miemie du Plessis.

Die totale koste van die skryfskool beloop R950.00 per persoon en word aangebied by The Olive Tree Gastehuis in Oaklaan, Randburg.  Die inskrywingsvorm is beskikbaar by www.atkvprojekte.co.za en die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 2 Maart 2012.

Belangstellendes moet ’n deposito van R500.00 betaal wanneer ingeskryf word vir die skryfskool en die res van die inskrywingsgeld moet voor die aanvang van die skryfskool betaal word.

Daar is slegs plek vir 30 kursusgangers, so bespreek sommer vandag nog jou plek. Vir meer inligting kontak vir Jeanné Naudé by 011 919 9088 (jeannen@atkv.org.za) of vir Lizané Basson by 011 919 9078 (lizaneb@atkv.org.za).

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top