As SA-geskiedenis eerlik geskryf was?

  • 2

Bv dat skrywer van die 'Gelofte' 'n bruin pastoor met 'n wit vrou was? Dat Piet Retief 'n swendelaar en tenderpreneur was? Dat Paul Kruger 'miljoene' diefstal van belastingbetalersgeld was? Dat Robert Moffat al in 1822 in Kuruman die King James Bybel in Tswana begin vertaal het, maw daar was al bekende paaie na binneland waarop 'agterna trekkers' getrek het? Dat wetsgehoorsame boere in 'kaap' agter gebly het? Dat Nederland eers in 1812 tot stand gekom het en nog nie in 1652 bestaan het as kolonialiseerder nie? Dat die '3 skepies vol vaders' in 'moederstad' geland het in 1652 en dat meer as groente saad geplant was op Cliftonstrand van Diaz se tyd af al? Dat xenofobia 'n volksheld van Piet Retief gemaak het? Dat Britte al in 1900 regeringsetels in Bloemfontein en Pretoria gehad het? Dat Jan Smuts in 1905 as Minister van Onderwys in Vrystaat en Transvaal Engels as amptelike skooltaal ingestel het? Dat Jesus of 3-enige God nooit genoem was in die 'Gelofte' nie, maar 'n enige almagtige G-d? Dat die HOIK 'n Amsterdamse aandelebeurs gelyste publieke maatskappy was? Dat Jesus van die evangelies geen heteroseksuele seksualiteit gehad het nie?

Soos Rodriques sing 'I wonder' of Bob Dylan sing 'with God on our side'?

Hans Richardt

  • 2

Kommentaar

  • Dankie Hans, vir al hierdie inligting (oukei behalwe nou oor Jan Smuts want ons almal het geweet hy was ’n anglofiel); nou kan ons almal meer gerus voel oor die askiesvra- en voetewassery. Ek hoop net die voetewassery gaan help; ek sal, as ek nou van die was wat onder die sleg Boere gely het, nie toelaat dat die nasate van sulke sleg en agterbakse bliksems naby my voete kom nie.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Hans,

    Wat bemoei jy jouself nou met sulke dinge soos "eerlike geskiedenis"? Elke volk word gespeen op, en indoktrineer met, allerlei mites en leuens van kleins af. Die Britse Imperium het sy begin gehad in seerowery, omtrent soos dié wat langs die kus van Somalië vandag aangaan. En trouens, die grootste gros van die mensdom stel eenvoudig nie eers belang in die waarheid nie.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top