sien Mens Selwers, rotsskillerye en klipgravures,
eers eeue ná skeppingsproses aang’tref, gevind,
weet Mens ma’ min, re Eerstes, voorg’skiedenis,
storie wat noggie onthul, blootg’lê, openbaar is
Self-beeld net in karikatuurspieël sigbaar, stereotipies,
lei’t Self-destruktief, tot Self-redusering, -verkleinering,
-vernedering, meesal as “Anner” g’ag, ultra-eksklusief,
deur inkommerskinners degradeer, totte “Boesman”,
dit wil seg, verban, tottie ghetto van onmenslikheid,
Eerste Mens oppe laer trap van leefpeilstatus g’lys
lat’t daarop neerkom, ding is dié, Mens, umNtu,
Naaste begeer ook medemenslikheid, ubuNtu,
waardigheid, van Mens-wees, regverdigheid,
sonner pejoratief, seermaakwoord, o eina,
veral in Afrikaans, noggie “taal van Afrika”,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens,
versoenend, barmhartig, medemenslik,
mede-Mens saggies oppie hanne t’dra
wys woordeboeke mooi hoe taal v’ranner,
hoe dinamies sprekers hul Self kan aanpas,
by nuwe omstandighede, eise vannie tyd,
politieke korrektheid, taallegitimiteit,
phela allie apartheidsg’welddadigheid,
Mens wat Naaste asse “Anner” uitkryt
Jacobus Faasen

