Afrikaner-nasionalisme en die universiteit

  • 0

Hello

Die taalbulle van Stellenbosch hardloop en dit is ’n bul-loop. Die nuutste brief aangebied deur Comestor is in essensie ’n herhaling van wat gewoonlik deur Comestor hier opgedis word, naamlik, alles sal reg wees as die Kaap weer Afrikaans is en beskawing kan seëvier. Terwyl Jan Rap verwys na die sondes van die vaders maar soos afgelei kan word, is die oortreding dat die stryd nie eerder begin is nie. Die slapgatte hoor ’n mens, die leksikon bestaan en op rekord. Daarvolgens kan hierdie afgemaak word as die werk van ’n meeloper, ’n hanskakie.

Nietemin, die wisselwerking tussen nasionalisme die Afrikaner en Afrikaans het ’n geskiedenis wat diep in die verlede gesetel is, waarvolgens Afrikaans die fondasie is van die Afrikaner se identiteit, burgerskap, politieke en burgerlike regte. Dit is die las wat Afrikaans dra van die begin van die Afrikaner en Afrikaans se ontwikkeling. Afrikaans en die oorlewing van die volk is verweef van die begin af as ’n uitlewing van Afrikaner Nasionalisme.

Indien daardie oorsprong verder ondersoek word, dan bevestig, Afrikaans die verskil tussen, volk en bevolking, beide in die taal en die beleid van die land. Burgerskap was nie almal beskore nie. Die volk was die Afrikaners, terwyl die res van die burgery, die bevolking uitgesluit was van die konsep van die volk.

Die bevoorregtes, was die volk, die belange van die volk was eerste gestel in alle opsigte en sluit in die stigting van universiteite wat die volk bedien het, net soos die Kerk nie ’n kerk was nie, maar slegs ’n volkskerk was. Christina Landman stel dit goed, die volkskerk wil nou kerk wees, maar die bevolking is nie vatbaar vir die diens wat die nuwe kerk wil bied nie.

Die bevoorregting van Afrikaans ten koste van ander inheemse tale word in 1925 bevestig en is ’n oorwinning vir die Afrikaner Nasionalisme wat ’n lang pad geloop het om tot daardie punt te kom, van triomf waar Afrikaans seëvier en die Afrikaner politieke tradisie die norm word en die res van die burgery uitgesluit word.

Bogenoemde wisselwerking van Afrikaner Nasionalisme en die uitsluiting van die bevolking bied die agtergrond vir die kwessies soos dit nou woed en bevestig die bevoorregte plek wat Afrikaans en sy instellings in die samelewing het.

Daarom is dit onhoudbaar dat daar nog steeds aanspraak gemaak word dat ’n universiteit soos Stellenbosch voorkeur aan Afrikaans moet gee. Indien dit nou aanvaar word dat daar nie meer volks-universiteite is nie en dat alle universiteite vir alle persone oop is, dan is die oproep tot ’n Afrikaanse universiteit volkome onvanpas.

Daarom is Fort Hare, Engels van die begin af, en kan geen universiteit in enige van die ander amptelike tale aangebied word, wat as ’n ondersteunende argument vir die behoud van ’n Afrikaanse universiteit kon geld nie.

Omrede sulke instelling nie bestaan nie, die redes vir die bevoorregte aard van Afrikaanse universiteite welbekend is kan dit nie aanvaar word dat daar nou nog aangedring word dat daardie bevoorregting moet verleng word.

Afrikaanse universiteite en so ook die skole moet daarom ’n stille dood sterf en die opvoeding van die totale bevolking in Engels geskied. Geen ander bevolkingsgroep het sulke voorregte nie.

Afrikaans wat nou instaan as, maar tog nog steeds bou op die geskiedenis van Afrikaner Nasionalisme, vir ’n aanspraak tot verdere spesiale behandeling is onhoudbaar en moet gestaak word.

Indien die kontras wat voorheen gegeld tussen volk en die bevolking omgekeer kan word, dan is die slotsom dat ’n universiteit nou net ’n universiteit is en nie deel van ’n volk se projek om uiting aan sy Nasionalisme te gee nie.

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top