Mama Afrika

  • 0

Miriam Makeba
sing van kleins af
in die townships,
in Afrika,
in Amerika

Sing is die lewensvog,
maar hoe boor jy oë
raak in die gehoor?

Slaan jou oë neer
is jy geleer
as jy met ‘n baba
of ‘n mama praat.

Harry Belafonte,
jou “ouboet” in Amerika
betig jou ongeduldig:
“Jy kan net vir mense sing
As jy hulle in die oë sien.”  

Jy lig jou kop
belééf die oog,
en skep daarna
die wêreld oor.

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top