Refrein:
Ek voel die vlamme van jou geluk
Ek sien die lag dimpels pryk hoog in hul skik
Ek leef jou lewe diep binne my siel
En ek weet
Ja ek weet
Dit staan geskrewe in jou oseaan oë
Eks vry om weer in liefde te glo
Die koperketelhaantjie erg verwaant
Die skaam en die skugter ek toe jy voor my staan
Die leeu en sy temmer wat lewend weer pryk
Wat geraamtes uit gister weer laat beswyk
Die liewe tuiner van `n rakker ouman jong
hervestig en vertroetel Sy gebroke tier blom
nou eenklaps staan al wat verbaas verstom
uit die veld het sy maanhaar nooi gekom
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.