"Vir Altyd" deur Merishia Collins

  • 0

Vanaand dink ek weer aan jou
Dit kom in golwe met elke donker maan
Somtyds verdrink ek
Andere kere staan ek
Alleen
In die wasteland van my gedagtes

Ek probeer vergeet
Maar donker spasies maak partykeer
Seerder
Die wete dat ek self verantwoordelik is
Dat ek jou weg pretend het
Draai swart kringe om my glimlag

Soos 'n kind
Lê ek op my rug
Teken prentjies met my vinger
Kyk in die son
Tot die reënboog agter my toe oë flikker

Dan val ek
Verder as die wolke
Verder as die maan
Die heelal kwyn weg

Al wat oorbly is my gedagtes
En die wete dat more nog bestaan

Verstrengel in die kettings van gister
Word my hart swaarder
Trane word ys
Terwyl ek struikel
Tussen maybe en nooit

Jy het my siel in die palm
Van jou hand gehad
Dit heel terug gegee
Toe ek daarvoor vra

Jy was jy
Ek was ek
Een plus nul
Het nog nooit twee gemaak nie

Jy was die vir altyd
Wat ek nooit wou gehad het nie

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top