"Sonrus" deur OP Nel

  • 0

Die pienk arm wolkies verwelkom die son

Na sy bed as die aarde wil rus
Hulle wag teen die blou met 'n rosekombers
Om hom in sy nagrus te sus.

Die aarde die wag met 'n dankbare sug
Na die koms van sy suster die maan
En statig verrys sy om oor hom te waak
En skakel sy bedliggies aan.

Dan een vir een kom al die nagsangers saam
Om te sing in 'n hemelse koor
En elkeen kom speel sy heel mooiste musiek
Sodat almal hul simfonie hoor

Refrein:
Rus maar, slaap maar, O Ligbron vannag
Slaap maar, rus maar, ons hou oor jou wag
As ons dan van moegheid ons ogies toe maak
Begin jy al weer met jou nuwe dag taak

In die môre as die wolkies weer stadig ontwaak
Om sy rosekombers toe te vou
Verrys weer die lewensrobyn uit sy slaap
Om sy paadjie te volg teen die blou.

Die wêreld die dors na sy strale van lewe
Waarvan hy in oorvloed kan gee
En as hy so sweef teen die groot hemelboog
Dan reis hul die pad met hom mee

En laatdag as hy dan weer moeg van sy taak
Na die verre blou horison daal
Sal die nagsangers stadigaan weer begin sing
En hom met hul wieglied kom haal.
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top