"In ? Oomblik" deur Elmarie van Schalkwyk

  • 0

Ek hoor nie meer die wiegelied
Van die son wat skyn
En reën wat sag oor blomme giet

Ek hoor nie meer die stem wat fluister
Soet woorde van liefkosing
Gerusstellings oor foute van gister

Ek voel nie die warm hand op my rug
Wat my hartklop stil
My omvou en my gemoed hoog lig

Die sagte reuk van vrede het verdwyn
Soet waters van rus het opgedroog
En so ook die wyn

Word mens dan so vinnig oud?
Onbewus van verandering
Binne klop my hart stadig, benoud
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top