Geskryf vir: Straatligkinders
My bewussyn tree binne in ’n magiese realiteit
Van swewende goue hare, fluweel sag klerasie
En glas hakke wat deuntjies speel op die geelhout vloer
Maar nieteenstaande hierdie salige beeld
Verklap die glimlag-laggende koue maskers
Die ware identiteit van ’n trotse emosielose siel
Onteien hierdie opgemaakte beeld
Verpletter die masker van die Swernoot
En plaas Sy ego bo op ’n altaar.
Egter, hierdie fantasie spook nog binne my
En ek sien ’n sinnelose figuur word gereflekteer
In die spieël van drome: my eie skynheilige beeld
My eie masochistiese masker van ‘n voorgegee
Persoonlikheid raamwerk spiraal verder in my DNA
Wat my dryf om te pleit vir my Redder se hand
Onteien hierdie opgemaakte beeld
Verpletter die masker van die Swernoot
En plaas my eie ego bo op ’n altaar
En soos die vlamme binne my ego dans
Diffundeer die grys onheiligheid
In die vakuum van die ruimte

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

