Lucas Malan is op Nylstroom (Limpopo) gebore en gaan skool op Pietersburg (Polokwane). Daarna studeer hy aan die Universteit van Pretoria, die voormalige RAU, die Universiteit van die Witwatersrand, weer aan RAU en in 1989 behaal hy die graad D.Litt. aan die Universiteit van Pretoria. Hy debuteer in 1981 met die bundel
'n Bark vir die ontheemdes. Daarop volg
Tydspoor (1985),
Edenboom (1987),
Kaartehuis (1990),
Hongergrond (1994) en
Afstande (2002). Hy was sy lewe lank in die onderwys. In 1997 het hy uitgetree en hom met sy hondjies Emma en Stella op Darling in die Wes-Kaap gaan vestig.
Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za