WF 2015: Skryf ’n wetenskapfiksiekortverhaal en wen!

  • 2

LitNet Akademies bied aan: Skryf ’n wetenskapfiksiekortverhaal en wen!

Weet jy wat sou gebeur as ruimtewesens ons planeet oorneem of as selfone ons breine vervang? Pen dié verbeeldingsvlugte van jou neer en staan die kans om jou deel van meer as R20 000 se pryse te wen!

LitNet Akademies Kuberklas nooi leerders in graad 10 tot 12 uit om hul Afrikaanse wetenskapfiksiekortverhaal van 700 tot 1 000 woorde in te skryf.

Tydens die 2012-kompetisie is ons omtrént op ’n klomp fantastiese wetenskapfiksieritte geneem.

Lees 2012 se wen-inskrywings hier.
Lees ’n onderhoud met die 2012-wenner, Trudie Coetzee.  

Wat sal met jou karakters gebeur? Bly die hele aarde se bevolking nou op ’n ander planeet? Het almal robotte as lyfwagte om hulle teen maniese virusmonsters te beskerm? Enigiets kan binne dié verbeeldingswêreld plaasvind.

Wat is wetenskapfiksie?

Wetenskapfiksieskrywers bespiegel graag oor huidige of toekomstige veranderinge in die wetenskap en tegnologie en beeld wêrelde uit wat op die een of ander manier (hoe gering of drasties ook al) van ons werklikheid verskil.

Hierdie genre word dikwels gebruik om kommentaar te lewer op die probleme en ongeregtighede van ’n sekere  gemeenskap/samelewing.

Wetenskapfiksie vra: “Wat sou gebeur as ...?”. Soos: Wat sou gebeur as ons op ’n ander planeet kon woon? Wat sou gebeur as ’n globale ekologiese ramp die aarde sou tref? Wat sou gebeur as jy skielik besef jou buurman is ’n robot of buiteruimtelike wese? Wat sou gebeur as ...?


Die beoordelaars:

Koos Kombuis is ’n gewilde sanger, skrywer en wetenskapfiksie-entoesias.

Elizabeth Wasserman is ’n patoloog in privaatpraktyk, en die skrywer van die Speurhond Willem en Anna Atoom-reekse.

Fanie Viljoen is ’n bekroonde kinder- en jeugverhaalskrywer van, onder andere, die gewilde Nova-wetenskapfiksiereeks. Die vyfde boek, Nova: Eindspel, het onlangs verskyn.

Eldrigde Jason is ’n skrywer en joernalis. Sy jeugroman Gerook is in 2014 met ’n ATKV-Woordveertjie bekroon.


Jy kan die volgende pryse wen:

Eerste plek: 

  • R4 000 in jou sak
  • R4 000 vir jou skool
  • ’n Kindle Fire-bondel ter waarde van R4 500
  • ’n Boekpakkie van LAPA-Uitgewers

Tweede plek:

  • R3 000
  • ’n Boekpakkie van LAPA-Uitgewers

Derde plek:

  • R2 000
  • ’n Boekpakkie van LAPA-Uitgewers

Merietepryse:

  • Twee merietepryse van R1 000 elk.
  • ’n Boekpakkie van LAPA-Uitgewers elk

Onderwysers:

Alle onderwysers wat meer as 20 leerders se inskrywings koördineer, sal vir ’n gelukstrekking kwalifiseer. Die wenner van dié trekking wen ook ’n Kindle Fire-bondel ter waarde van R4 500.

Om in te skryf moet jy bloot jou verhaal in 'n Word-dokument saam met jou voltooide inskrywingsvorm aan wf@litnet.co.za e-pos. 

Klik hier om die inskrywingsvorm af te laai.

Die boekpryse word geborg deur LAPA-Uitgewers       

                       

Alle inskrywings sal op LitNet Akademies Kuberklas gepubliseer word.

Sluitingsdatum: 8 Mei 2015

Vir nog inligting oor hierdie kompetisie:

WFK-koördineerder:
Maggie Marx
wf@litnet.co.za

 

  • 2

Kommentaar

  • Mag die kortverhaal slegs handel oor ruimtewesens wat oorneem of selfoon vervangde breine?Of kan ek oor enige wetenskapfiksie skryf?

    ------------------

    Enige Wetenskapfiksie, dankie.

  • Mag ek meer as een kortverhaal vir die wf-2015 kompetisie inskryf of nie?

    - Met plesier, ja. Soveel jy wil.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top