SêNet-briewe | Letters

 
Vir Jaco oor sy kommentaar
Hallo Jaco

Jou kommentaar onderaan my twee vorige briewe aan jou verwys.

Jy's nou besig met ontwykingstaktieke. Gestel nou ek gee jou die CV van Dan Roodt waaroor jy so knaend aanhou. Wat gaan jy maak; skielik sê, "O, nou sien ek. Jammer, ek trek alles terug wat ek teen Dan gesê het" of so-iets? Natuurlik nie, jy gaan elke ding wat ek noem óf bevraagteken, óf afkraak óf net die hele storie ignoreer soos jy al voorheen gemaak het; verklaar jy praat nie met fanatici nie.

Ek hou byvoorbeeld Max du Preez se opinies so min van as wat jy van Dan Roodt s'n hou. Let wel, ek sê Max se menings, ek sal Max self nooit as 'onbenullig' bestempel nie. Om die waarheid te sê, dalk sal ek sy geselskap geniet (solank die gesprek van sy bleedin' heart-inslag wegbly); mense wat ek baie goed ken het hom al ontmoet en hulle sê hy's 'n baie gawe oom.

Sou ek nou uitvind jy hou van 'n sekere uitspraak van Max waarvan ek nie kan ons 'n bespreking daaroor hê; jy oortuig my dalk dat ek die man nog heeltyd verkeerd verstaan het. Wat ek NIE gaan doen nie is om jou vir 'n CV van Max te vra; dis oorbodige inligting. Ek gaan hom ook nie jou meester noem nie en sou Thomas of Angus of iemand toevallig saam met jou stem gaan ek hulle ook nie jou sidekicks noem nie.

Wat die 'meester'-storie van jou betref – as jy oplet wanneer jy lees sal jy agterkom daar is goed wat ek anders sien as Dan Roodt, byvoorbeeld die kwessie van IK. Ek het al gesê op hierdie einste werf dat ek glo daar is nie verskil in intelligensie ten opsigte van verskillende rasse nie. Wat ek wel gesê het is dat daar by party rasse 'n totale gebrek aan dissipline en selfdissipline (waaronder leierskap natuurlik tel) is en dit is die verklaring hoekom sekere rasse nie sonder help van die meer gedissiplineerde rasse kan klaarkom nie.

Maar as jy wil besonderhede hê oor wat Dan gedoen het is dit onder andere die hele Parmalatstorie, sy optogte vir die saak van Afrikaans en die Afrikaner, sy skrywes waar hy kaalkop die waarheid vertel. Hy is pro-aktief in die ware sin van die woord; hy wag nie om genooi te word nie. Hy het ook my grootste agting omdat hy die teenpool van die skoorvoetende askiesvraende handwringende Afrikaner is wat deesdae vir ons so 'n verleentheid is.

As dit nog nie genoeg is nie, hier's 'n wenk hoe om uit te vind van nog aksies van hom wat my respek wegdra: Elke keer wanneer hy die sogenaamde liberaal-demokrate die harnas injaag, wanneer hy hulle hokkie skud en hulle kaartehuis laat intuimel is dit heelwaarskynlik een van daardie aksies van hom wat my bewondering wegdra.

Dít is nou waar Dan mense se meester is; hy's die hele liberale establishment se meester in die sin dat hy hulle tier is. Nie noodwendig omdat hy intelligenter as die spul is nie; hy's net nie skaam of bang om die waarheid te praat nie.

In jou kommentaar sê jy ook Dan Roodt sê Afrikaners is dom. Jy lees alweer verkeerd of jy verdraai sy woorde; hoe sal hy nou sê Afrikaners is dom wanneer hy juis verguis word omdat hy die Afrikanersaak bevorder? Jy het my ook al daarvan beskuldig dat ek sê die Afrikaners is dom. Wat ek sê is dat sommige Afrikaners naïef is, 'dom' as jy dit dan so wil hê, omdat hulle so met slap pap onder 'n wip gevang is. Miskien is dit omdat jy in 'n Engelse skool was dat jy die fynere nuanses van die taal nie reg verstaan nie. 'n Onnie wat sy wiskundeklas 'n klomp dom bliksems noem bedoel nie regtig hulle is dom nie; hy moedig hulle net aan.

Jy vra my ook gedurig vir 'n haalbare oplossing vir die mislukte staat. Ek sê weer, demokrasie is die enigste oplossing; elke volk in sy eie land met sy eie amptelike taal (miskien twee). Die fout wat die NP destyds gemaak het moet net nie herhaal word nie. Met ander woorde, die bruines word nie van die kieserslys afgehaal nie.

Groetnis

Jan Rap

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address