Bieg | Confess

 
Seun word geweier by skool – raad gevra, asb.
Hi, ek weet nie meer watter kant toe nie. Kortliks, my seun is huidiglik in Pretoria vir selebraal gestremdes, hy is nie verstandelik gestrem nie, net in sy bene.

Akademies doen hy baie goed en moet volgende jaar na 'n ander skool toe gaan, want huidige skool gaan net tot Graad 9 (standerd 7). Ek het die Nuwe Hoop Skool genader, skoolgeld en koshuisgeld is R5500 per maand.

Ek is 'n enkelouer, kan dit nie bekostig nie, het toe die Meerhofskool genader, hy mag nou nie daar aanvaar word nie,want ons bly nie in die omgewing nie, waarnatoe nou met hom?

Daar is net 3 van die skole waarnatoe hy kan gaan.

Ek is 'n mamma in nood en weet nie meer waarnatoe nie, hoe kan hulle my seun weier?

Hy kan nie standerd 7 uit die skool uit nie, waarna dan met hom?

Sy huidige skool voel akademies kan hy baie verder kom. Hy is sover elke jaar die slimste en beste presteerder in sy graad, ek weet nie meer wat om te doen nie!!!!!

Theresa

Comments 2 Reaksies | 2 Comments
Delete Comment
avatar
MarikeC
2012-08-09 @15:31
Hi Theresa

Jy noem nie in watter area jy woon nie, maar Tomorrow's People in Faerie Glen (Pretoria Oos) het van volgende jaar af 'n Graad 10 klas. Die skool is 'n geintegreerde skool, d.w.s. kinders met geen gebreke, sowel as kinders met fisiese of verstandelike gestremdheid, woon die skool by, en is saam in dieselfde klasse, so ver dit moontlik en prakties is. Die skoolfonds is ongeveer R2000 per maand, maar ek weet dat die skool gedeeltelike afslag op die skoolgelde sal kan aanbied indien jy nie die fonds kan bekostig nie. Jy kan hul kontak by 012 991 5051.

Dit is vir my vreemd dat Meerhof se hy "mag" nie daar aanvaar word nie. Staatskole moet voorkeur gee aan kinders in hul onmiddelike omgewing, maar mag kinders van bute hul voedingsgebied in neem as hul plek het. Miskien wil jy weer met die skool hieroor gesels.

Ek hoop regtig jy kom reg - dit moet baie frustrerend wees om in jou posisie te wees!
Delete Comment
avatar
Brianvds
2012-10-17 @17:24

Ek wonder of hy nie dalk bloot ’n "gewone" skool kan bywoon nie? Ek neem aan hy is in ’n rolstoel, maar vele skole is tog seker toeganklik daarvoor? Hy sal in elk geval vroeër of later in die breër samelewing moet integreer, so dalk moet dit dan maar vroeër? 

Vir iemand wat waarskynlik nooit fisieke werk sal kan verrig nie is ’n behoorlike akademiese onderrig des te noodsaakliker, so mens kan inderdaad beslis nie toelaat dat hy nooit verder as graad nege vorder nie. ’n Ander moontlikheid is dalk tuisonderrig, hoewel hy dan selfstandig sal moet leer werk. 

Ek hoop u kom reg, en laat weet ons gerus hoe hy vorder!

   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address