Die waarheid omtrent gelowiges

  • 3


Heil die leser.

Die werf word nou reeds vir jare lank deur 'n bose bende getreiter - die welberugte en sogenaamde "ware gelowiges". Almal weet ook hoe hierdie "ware gelowiges" met hul kamtig  "spirituele intelligensie" en "gawe om te onderskei", gedurig ander wat hulle nie eer nie lastig val en probeer neerhaal. 

Hierdie kwasi en vol eiewaan "ware gelowiges", asook diegene wat hulle aanmoedig, is egter weerlose, sielsieke, beangste twyfelaars en onderdrukkers wat hulself probeer verhef waar 'n ander se hart buite hul mag en beheer val.

Daarenteen word gelowiges in alle Godsdiens op aarde aan hulle innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid, nederige afhanklikheid en gehoorsaamheid aan God geken.

Soos daar geskrywe staan: Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond ... enjulle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal. Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. (uit Kolossense 3).

Ons kom en gaan almal in dieselfde liefde en genade van ons Almagtige Lewende Skepper - gelowige, anders gelowige, ongelowige en "ware gelowige" ...

Derhalwe is ons almal by verskillende mylpale in die lewe.

Nes Oscar en Reeva, haal ons almal ook die een of ander tyd ons verskillende eindstrepe.

En ja, 'n perd met VIER bene struikel ook.

Soos daar geskrywe staan:  Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou (Jakobus 3:2) ... wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword (Jakobus 2:10). Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi (Johannes 8:7).

Ons Skepper is die Goeie Herder. God is alles en in almal. Niemand kan ons Skepper volkome begryp, behalwe ons Skepper self nie. God bewerk geloof in ons harte - dit het niks met die intellek of intelligensie te make nie - geloof in ons Skepper is genade uit die hand van God self; wie kan dan op hul geloof as iets waartoe hulself in staat is roem?

Ja, en so word ons almal se Almagtige Lewende Skepper in alle Godsdiens op aarde aanbid; as die enigste weg en die waarheid en die lewe ... niemand kom na God, behalwe deur God self nie (lees ook in Johannes 14:6).

Soos daar geskrywe staan: Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; (uit Matteus 11)... Ek is die Goeie Herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken. Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape... My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. (uit Johannes 10)

Mag Jesus Christus ons SKEPPER, onse Goeie Herder, ons almal vergewe en self geloof in ons harte bewerk.

Mag Jesus Christus ons GOD se liefde en genade in ons harte heers.

Hindoe-, Moslem-, Joodse-, katolieke-, Boeddhistiese-, Boeregroete en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 3

Kommentaar

  • Cornelius,

    Die volgende:

    Rom 3: 25-26: “Hom (Jesus Christus) het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.”

    Rom 5:1 : “God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.”

    Rom 6:3 : “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?”

    Rom 8:34: “Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.”

    1 Joh 2: 1&2: “Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig – ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.”

    1 Joh 2: 12: ”Ek skrywe vir julle, liewe kinders, omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus.”

    Jy sien, Cornelius, daar is net EEN Ware Evangelie – die evangelie van God se genade versoening in en deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus. Hy, Jesus Christus, is die Weg en die Waarheid en die Lewe en niemand kom na die Vader (God) behalwe deur Hom (Jesus Christus) nie. Daar is Geen ander Naam deur wie ons gered is nie, net Jesus Christus. Punt. Nie jou verdraaiing van God se Woord om jou “mengelmoes-kardoes-people-pleaser” godsdiens ideologie te probeer regverdig nie!

    Verder die volgende:

    1 Joh 2: 18 – 25: “Kinders, dit is die laaste uur. Julle het gehoor dat daar 'n antichris kom; en daar is nou reeds baie antichriste. Daaruit weet ons dat dit die laaste uur is. Hulle het wel uit ons geledere voortgekom, maar niemand van hulle was ooit werklik een van ons nie, want as hulle werklik van ons was, sou hulle by ons gebly het. Dit moes duidelik word dat geeneen van hulle werklik een van ons is nie. Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid. Ek skrywe nie vir julle omdat julle nie die waarheid sou ken nie, maar juis omdat julle dit ken en weet dat daar geen leuen uit die waarheid voortkom nie. Wie is die leuenaar anders as hy wat nie wil erken dat Jesus werklik die Christus is nie? Hý is die antichris, hy wat nie die Vader en die Seun wil erken nie. Wie nie die Seun erken nie, verwerp ook die Vader; wie die Seun erken, erken ook die Vader. Wat julle betref, wat julle van die begin af gehoor het, moet in julle bly. As wat julle van die begin af gehoor het, in julle bly, sal julle ook in die Seun en in die Vader bly. En dít is wat die Seun ons belowe het: die ewige lewe. “

    1 Joh 4: 1-14: “Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is. Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is. En elkeen wat dit nie van Jesus bely nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie. Hy het die gees van die antichris, die gees van wie julle gehoor het dat hy kom en wat nou reeds in die wêreld is. Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is. Hulle behoort aan die wêreld, en wat hulle sê, is dus van die wêreld afkomstig, en die wêreld luister na hulle. Ons behoort aan God, en wie vir God ken, luister na ons; wie nie aan God behoort nie, luister nie na ons nie. Hieraan kan ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaalleer onderskei. Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik. Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee. En ons het gesien en is getuie daarvan dat die Vader die Seun as Redder van die wêreld gestuur het.

    Dít is die Goeie Nuus, dít en niks anders nie! Cornelius, hou op om die antichrist te ondersteun deur vals profesieë te verkondig wat in stryd met die Waarheid van die Woord van God is, die Bybel! -allah is nie God nie en die koran is nie die Woord van God nie, boeddha is nie God nie endhammapada is nie die Woord van God nie , brahma is nie God nie en die vedas is nie die Woord van God nie, en so voorts , en dies meer.

    Sterkte

    Dolf

  • CorneliusHenn

    Dolf,  

    Ek laat jou onthutste intellektualisme en anderhaat hierbo ter syde.  

    Ek herhaal ook myself vir die soveelste maal dat ek jou, Kobus de Klerk, of enige ander se geloof, ongeloof en oortuiging respekteer, asook dat ek GOD vertrou met ons elkeen se hart waar ons onsself ookal op ons lewensweg bevind. 

    Dit hoort algemeen en duidelik te wees dat jul drogma en dogma geen indruk maak op my nie.

    My erge aanstoot en besorgdheid op die werf is jou, Kobus de Klerk en al jul ander dwepers se hatigheid teenoor ander se harte - selfs in direkte stryd met die Grondwet van ons land!  

    Indien jy  werklik sou belangstel, gun my asseblief enkele vrae aan jou te stel met die doel om tot 'n ooreenstemming buite jul persoonlike ego te kom.  

    My eerste vraag ten einde ons verskil en/of ooreenstemming te bepaal; is Jesus Christus, GOD?  

    Dolf, ek sal 'n eenvoudige "ja, Jesus Christus is GOD" of "nee, Jesus Christus is nie GOD nie", te hoogste respekteer en waardeer.

    My antwoord op die vraag is nie nou belangrik nie. My belydenis daaromtren kan in iedergeval in die meeste van my bydraes oor baie jare heen op die werf gevind word.

    Ter wille van bilikheid en die gewone omslagtigheid te spaar, laat my asseblief uit in jou antwooord (vir eers as jy kan).

    Cornelius

  • Cornelius,

    Gaan lees gerus weer die Bybel (die hele een) – God, die Vader sal vir jou krag gee, God, die Seun sal vir jou lig bring en God, die Heilige Gees sal jou begrip gee. Jy sien Cornelius, dit gaan oor die Heilige Drie-Eenheid. Niemand kom na God, die Vader behalwe deur Sy enigste Seun, Jesus Christus ons HERE nie (God, die Seun). En waar kry ons hierdie insig vandaan? Uit God, die Heilige Gees. Hoe? Só: Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is. En elkeen wat dit nie van Jesus bely nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie.(1 Joh. 4)

    Nou, ek wil jou graag die volgende vra:

    Eerstens:  As ek iemand teregwys (met ander woorde“die regte rigting wys”), haat ek daardie persoon of help ek daardie persoon? Laat ek dit só vra: As jy sien iemand is verdwaal, los jy daardie persoon net óf moedig jy hom aan om voort te gaan op sy verdwaalde pad (heng, klim jy per geleentheid saam in die motor met hom en lei hom “liefdevol” voort op die verdwaalde pad?) óf wys jy hom wat is die regte pad sodat hy nie verder verdwaal nie? Só, wanneer is dit haat en wanneer is dit liefde?

    Tweedens: Wat sien jy as God se genadeversoening wat Hy bewerkstellig het, volgens die enigste ware evangelie soos vervat in die Woord van God, die Bybel?

    Derdens (Met Respek): Wie het uit die hemel gesê: “Dit is My Seun in wie Ek ‘n welbehae het”, toe Christus gedoop is? (Het Hy vir Homself gesê Hy het ‘n welbehae in Homself?). Én vir wie het Christus gebid in die tuin van Getsemané? (Het Hy vir Homself gebid dat die beker by Hom moet verbygaan en dat nogmaals Sy wil moet geskied en nie Sy eie nie?) Én vir wie het Christus uitgeroep aan die kruis: “My God, My God waarom het U my verlaat”? (Het Hy aan Homself gevra hoekom Hy Homself verlaat het?).

    Laastens (om aan te sluit by my tweede vraag), ek wag nog vir jou antwoord op wat jy as die Goeie Nuus verstaan?

    Sterkte

    Dolf

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top