Beste Johannes Comestor en Jan Rap,
Baie dankie vir jul leersame en insiggewende antwoorde op my vrae dusver.
Johannes, in aansluiting by jou standpunt deel ek hierdie verslag op die werf oor die simposium "Kaaps in fokus" wat by die UWK gedurende Julie 2012 gehou is.
Gun my asseblief die geleentheid om weer so met 'n Kaapse draai by my volgende vrae te kom.
Ek haal spesiaal die volgende insiggewende deel uit Gunther Pakendorf se verslag aan: Hendricks wys op die ontstaan van Kaaps as ’n produk van verskeie historiese gegewens, waarvan die invloed eers van die VOC en later die Britse bewind die mees opvallende is. Die Kaap was vroeg al ’n smeltkroes waar ’n “superdiversiteit” as gevolg van ’n konstante migrasie tussen verskillende wêrelddele en kulture ’n vroeë vorm van globalisering in ’t kleine teweeg gebring het. ’n Kenmerk van Kaaps is sy dinamiese aard om woorde en vorme uit enige bron op te neem en te gebruik. Hier is eers die Islam en later Engels van groot betekenis. Ook Hendricks se pleidooi vir verdere navorsing oor taalvariëteite en sy beroep op die onderwys om tot die destigmatisering van hierdie vorme by te dra, is deur baie ander sprekers herhaal. Hy voel veral sterk oor die gelyke behandeling van al Afrikaans se variëteite.
Die Voortrekkers se geskiedenis, die tot stand kom van die Boere Republieke en die Vryheidsoorloë staan dus duidelik en onteenseglik los van die ontwikkeling van Kaaps. Oor geslagte heen reeds het die Kolonie se kultuurpolitieke aspirasies direk teenoor die Afrikaners, Noord van die Vaal gestaan. Eers met die Nasionalisering van ons land is daar gronde vir Standaardafrikaans gevind. Die Kaapses wil egter steeds hulself by so 'n standaard insluit. Vandag , alhoewel ek van mening is dat nasionalisering en Standaardafrikaans bloot 'n klug is om ons Voortrekkererfenis te begrawe.
Beide taal en kultuur, kan onafhanklik bestaan. 'n Voorbeeld van 'n onafhanklike taal is Latyn. Die Jode is natuurlik weer 'n goeie voorbeeld van kultuur wat onafhanklik van 'n taal bestaan.
Misverstand in die betekenis van woorde en taal veroorsaak wel konflik, maar is selde die direkte oorsaak van 'n oorlog (die werf se omstrede dweper Kobus de Klerk, is juis so berug vir sy onthutste taal gebruik). Geen oorlog is al na my wete oor taal gestry nie. Daarteen is menige oorlog die gevolg van strydende kulture geveg.
Dit bring my ietwat nader aan my punt.
Daar is sekerlik nog naïwelinge wat dink die taal wat hulle hier in Afrika praat kan hulle red. Die laaste woorde van die Ingelse meisie toe donker Afrika op haar toegesak het: "I am English, I am English" klink steeds hulpeloos iewers uit Soweto se stof op. Die hartseer waarneming hier is eenvoudig; net swartes kan Afrikane wees - wittes is uitbuiters, ongeag hul taal.
Maar sou dit so wees as Standaardafrikaans steeds ekonomiese mag en betekenis kon het? Golf, rugby, krieket, tennis ... is alles vol geld. Maar wat van jukskei, volkspele of boeremusiek? Wie is ons Afrikaners se vriende in die wêreld vandag? Is die hart van 'n taal, regtig net kille goud? Wat is taal uiteindelik meer as net oorlewing? Waarom RSG verkwalik vir hul handhawing van Kaaps in terme van rand en sent?
Boeregroete,
Cornelius Henn