SêNet-briewe | Letters

 
Afrikanerskap, 'n Voortrekkererfenis - opnuut gegraveer

Beste Johannes Comestor,

Baie dankie vir jou kommentaar onder my vorige hoofde "Afrikanerskap, 'n Voortrekkererfenis".

Ek het grotendeels ooreenstemming met jou. Die enigste uitsondering is jou veronderstelling dat Kaaps as 'n sogenaamde bruin taal sy oorsprong gevind het, of as sulks gebesig word.

President Steyn het geseg: Die taal van die veroweraar in die mond van die verowerde is die taal van slawe.

Die wittes in die Kaap het nes die bruines daar deur al die eeue heen nog ewe gedienstig hul taal met hul Ingelse meesters se taal gemeng. Die wit Afrikaanses in die Kaap het vandag ook nog vrede met hul tweede klas burger bestaan. Voorbeelde hiervan is legio en daarom spaar ek die verveling om dit aan te haal (verskoning ... ek moet darem hul naïewe opgewondenheid oor die Ingelse tannie wat hulle vandag selfs daar regeer, hier noem).

Die Voortrekkers se geskiedenis en trots aan hul taal staan egter in direkte teenstelling met die verowerde Afrikaanses (wit, bruin, swart ...) in die Kaap. Hulle het ook meer van 'n Nederlandse vorm van Afrikaans gepraat as waarmee die Kaapses hulself vandag steeds onderskei. Die wit Afrikaanses in die Kaap het ook net so min met Bloedrivier en die Vryheidsoorloë te make, as wat die Ingelse en die bruines in die Kaap daarmee te doen had. Inteendeel, die Afrikaanse Kaapses (wit, bruin, swart ...) het saam met die Ingelse teen die Afrikaners gestry.

Die Voortrekkers het wel later as die Boervolk bekend geraak. Die Boere het ook spesifiek hul aansien in die wêreld  verwerf  met hul dapperheid in die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë teen die Ingelse. Later het die Boere ook as Afrikaners bekend geraak vanweë hul duidelike onderskeid in trots en die gevorderdheid van hul taal.

Belangrikste vir my is die betekenis van ons Voortrekkermonument in onderskeid met die Taalmonument. Ek twyfel of ons Voortrekkervoorouers enige erg aan die Taalmonument in die Kaap so hê.

Dit in kort die verskil tussen die Kaapses (wit, bruin, swart ...) en die Afrikaners (wit, bruin, swart ...) na my wete.

Ek wonder egter steeds waar die term "Standaardafrikaans" vandaan sou kom? Aan wie se geskiedenis moet ons dit waardeer? Is die aanspraak van "Standaardafrikaans" op 'n nasionale grondslag nie maar net die gevolg van die Nasionale Party se diens destyds aan Anglo en Amerika nie? Is "Standaardafrikaans" nie bloot 'n uiters bruikbare instrument in die hand van die Boere se vyande om die Boere/Afrikaners se Voortrekkererfenis te onderdruk nie? As daar dan wel so 'n nasionale standaard aan Afrikaans moet wees, wie is sy pa; die lank reeds onderdanige Kaapses, of die Boere in hul strewe na selfrespek en onafhanklikheid? Wat het 'n Woordfees in Stellenbosch byvoorbeeld te make met 'n Voortrekker of  Afrikanerfees, Noord van die Vaalrivier?

Johannes, ek sien uit na jou of enige ander wat weet se antwoorde hierop.

Boeregroete,

Cornelius


Comments 8 Reaksies | 8 Comments
Delete Comment
avatar
Dan Fourie
2013-02-08 @15:33
Magtig Neelsie

Jou kennis van die Afrikanergeskiedenis is maar beroerd!!.

Jy maak vele wilde stellings sonder om selfs een met betroubare bronverwysings te staaf, veral waar jy sê:

"Inteendeel, die Afrikaanse Kaapses (wit, bruin, swart ...) het saam met die Ingelse teen die Afrikaners gestry". 

Vele Afrikaners in  die Kaap is tereggestel weens hoogveraad teen die Britse ryk omrede hulle of daadwerkliks in Boerelinies geveg het, of skuiling en ondersteuning geggee.  Gen Smuts sou nie so diep in die Kaap infiltreer het nie, was dit nie vir burgerlike ondersteuning nie.

Sê my.  Hoekom wil jy vandag se Afrikaner verdeel tussen Kaap en Tvl? Dit maak vir my eenvoudig nie sin nie. Dit sal my nie verbaas indien uitgevind word dat vandag se Afrikaner is meerendeels van die OVS en TVL wat hul sedert 1994 soentoe gehuisves het.

Jy het 'n mislukking in jou godsdienstige vertoës gemaak, en nou wil jy die geskiedenis ook opfok.

Dan Fourie
Delete Comment
avatar
Johannes Comestor
2013-02-09 @16:55

Beste Cornelius

 

Ja, ek assosieer Kaaps met die bruines. 'n Prominente kenmerk van Kaaps is die groot gasvryheid wat daar vir Engelse woorde toegelaat word. Marthinus van Bart toon in sy boek, Kaap van slawe, aan hoe hierdie groep na 1806 die Engelse bewindhebbers se taal ten koste van Afrikaans aangehang het. By 'n onlangse UWK-simposium is selfs gevra dat Kaaps as 'n taal vir skoolonderwys erken en handboeke daarin gepubliseer moet word.

 

Dit is so dat die taal van party Afrikaanssprekende wittes in die nuwe Suid-Afrika nader aan Kaaps beweeg het omdat dit in die mode geraak het om Afrikaans met onnodige Engelse woorde te besoedel. Dat daar in die Wes-Kaap steeds 'n graadverskil in hierdie opsig bestaan, kan bewys word deur die taal van Die Burger met die van die Son te vergelyk.

 

Die geskiedenis van Standaardafrikaans kan seker teruggespeur word tot die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners in 1875. Daarna het baie ontwikkelingswerk deur talle instansies en indiwidue gevolg. Oor die noodsaaklikheid hiervan het ek onderaan Jan Rap se brief geskryf.

 

Johannes Comestor  

Delete Comment
avatar
Cornelius Henn
2013-02-11 @11:07
Dan, met alle respek; ek dink jy is dalk ’n bietjie uit oefening met die algemene redevoering op die werf ... ek sal hierdie een van jou maar laat verby val ... Boeregroete, Cornelius (en o ja, kyk gerus eers ’n bietjie na die betekenis van die woordjie "vertoë" en probeer dit pas met die algemene gebruik in godsdiens waar terme soos geloof, belydenis en getuienis meer gepas sou wees).
Delete Comment
avatar
Dan Fourie
2013-02-11 @13:20
Neelsie

Bron (Wikipedia) word hier herhaal, was per abuis onder ’n vorige opskrif met dieselfde naam van Neelsie geplaas.

GIDEON SCHEEPERS:

"Ná hy Kaapse Rebelle gewerf het is hy op 22-jarige leeftyd bevorder tot kommandant van ʼn 150-maneenheid, die Witkoppenkommando (na aanleiding van die wit band op hul hoedens),[1] wat die Britse troepe die stryd in die Kaapkolonie moet aansê"

" Dit lei daartoe dat Scheepers se teenwoordigheid in die Kaapkolonie meebring dat baie Kapenaars by die Boeremagte aansluit teen Brittanje. Gedurende 1901 is sy kommando hoofsaaklik in die Kaapkolonie in distrikte soos Graaff-Reinet, Cradock, Murraysburg en Montagu bedrywig"

"..Op 18 Januarie 1902 is Scheepers geblinddoek en aan ’n stoel vasgebind in die veld in die Karoo. Hy is gefusilleer en het agteroor te lande gekom langs die graf wat reeds gegrawe was.[1] Die Britte het geweier om sy stoflike oorskot te oorhandig om te voorkom dat ’n held van hom gemaak sou word, en hy is in ’n onbekende graf begawe."

Neelsie. Waar is jou betroubare bronverwysings van jou wilde stellings? Om die Voortrekkermonument teenoor die Taalmonument af te speel is laakbaar van jou. Altwee is ewe Afrikaner erfenisse waarop Afrikaners trots op hoort te wees.

Dan Fourie
Delete Comment
avatar
Dan Fourie
2013-02-11 @14:35
Neelsie

Pleks om my te probeer ontduik (trying to save face), spreek die kern van my beskuldiging aan waar ek jou uitdaag om betroubare bronverwysings vir jou wilde stellings te staaf, veral waar jy beweer: "Inteendeel, die Afrikaanse Kaapses (wit, bruin, swart ...) het saam met die Ingelse teen die Afrikaners gestry".

Dan Fourie
Delete Comment
avatar
Cornelius Henn
2013-02-11 @18:44
Dan,  

Dit maak nie saak hoe ek jou aangehaalde gedeeltes uit die Wiki lees nie, dit blyk dat ene GIDEON SCHEEPERS deur die Kaapse owerheid gevang en tereggestel is vir sy deelname aan die Boere se vryheidstryd.

GIDEON SCHEEPERS blyk ook heelwat Kaapse REBELLE (wit, swart, bruin?...) te gewerf het om te deel aan die Boere se stryd teen die Ingelse deel te neem.  

Ek veronderstel heel verwonderd dat jy dit dalk as teenstelling vir my stelling "Inteendeel, die Afrikaanse Kaapses (wit, bruin, swart ...) het saam met die Ingelse teen die Afrikaners gestry", bedoel.  

Dan, dis gewoon algemene kennis dat die Kaapkolonie deel van die Britse empire was.  

Wit, bruin, swart ... wat Afrikaans in die Kaapkolonie gepraat het, het as Afrikaners bekend gestaan. Die "Afrikaanse" burgers in die Kaap het reeds voor die Groot Trek as  "Afrikaners" bekend gestaan. Die wat agter gebly het was ook Afrikaners.  

Die Kaapkolonie se owerheid het enigeen (Ingels, Duits, Grieks, wit, bruin, swart...) wat die Voortrekkers/Boere in hul vryheidstryd teen Brittanje gehelp het, van hoogverraad aangekla en tereggestel, waar hulle ookal gevang is.    

Kan dit dalk wees dat jy meen die REBELLE in die Kaap verteenwoordigend was van die algemene burgery, of dalk selfs net die wit Afrikaanses in die Kaap? 

Kan die handjie vol Ingelse met 'n hart soos Emily Hobhouse, die ganse Britse ryk as pro-Boer verteenwoordig volgens jou?

Meen jy moontlik ook dat die groepies wit Afrikaners wat vir hoogverraad aangekla word deur ons huidige regering, verteenwoordigend van die breër Suid Afrikaanse samelewing is, of selfs net verteenwoordigend van wit Afrikaners kan wees?  

Dan, dis absurd ... daarom dat ek nie daarop kan antwoord nie!  

Die Afrikaanse Kaapses (wit, bruin, swart ...) – die algemene burgery aan die Suidpunt van Afrika – die "common people" destyds in die Kaapkolonie – het getrou hul Britse owerheid gedien – nes die wit Afrikaanses Noord van die Vaal vandag ook gedienstig hul belasting aan ons ANC regering betaal (al is dit met 'n gemor en 'n gekners).  

Sou Orania eendag onafhanklik wees en ons ANC regering besluit om Orania  van die kaart af te vee, dan sal die meerderheid Afrikaanses (wit, bruin, swart...) in die res van die land ook net gedienstig aan ons ANC regering hul koppe skud en voortgaan met hul lewens – nes die Protestante organisasies vandag ook net hul koppe wegdraai van die gruwelike plaasmoorde wat ons byna daagliks tref!  

Dan, ek hoop ek is verkeerd met jou veronderstelling en dat ek dalk met 'n tekort aan "spirituele intelligensie", iets mis in jou bedoeling.  

Boeregroete,  

Cornelius
Delete Comment
avatar
Dan Fourie
2013-02-12 @10:27
Neels

Dit was nie net ’n handjievol Kaapse Afrikaners wat pro-Boer was nie, maar ’n algemene gevoel onder die Afrikaanse Kaapenaars.  Meer as 12 000 Kaapse rebelle het daadwerklik aan die kant van die Boere geveg, ten minste 37 van hulle is teregestel vir hoogverraad, en baie ander na Burmuda en ander dele van die wereld as gevangenes verplaas. Die meerderheid van die Afrikaner burgery in die Kaap het simpatiek teenoor hulle volksgenote die Boere gestaan en skuiling en voedsel vir die voortvegtendes voorsien en nie net ’n handjievol soos jy wil beweer nie.  Lees al die links rakende Kaapse Rebelle; Cape Rebels; op die internet en vergewis jouself deeglik daarmee. 

Die term bruin en swart Afrikaners is ’n onlangse uitdrukking. Die term Afrikaner gedurende die Engelse oorloë was uitsluitlik op blankes van toepassing gewees.

Sedert Uniewording, het Afrikaners in al vier provinsies heen en weer rondbeweeg afhangende waar hulle werk hulle geroep het. Kapenaars na die TVL, Vrystaat en Natal toe en ook andersom.  Om Afrikaners vandag in twee te verdeel (Kaapenaars en Boere noord van die Vaal soos jy dit wil he) op grond van vorige geskiedenis is onsin. Ons is vandag ’n enkele Afrikanervolk wat gesamentlik teen die swart aanslag moet saamstaan. 

Om enige monument af te kraak soos jy dit met die Taalmonument doen, is ’n oneer aan die Afrikaner, veral vanaf ’n Afrikaner of te wel Boer.  Elke monument verteenwoordig ’n deel van die Afrikaner geskiedenis. Die Congella monument in  Durban - die beleg van die dorp deur die Voortrekker komando''s; die Geloftekerk in Pietermaritzburg vir ’n eed deur die Voortrekkers afgelê; die vrouemonument in Bloemfontein om die vroue en kinders te herdenk wat in konsentrasiekampe gesterf het;  die Voortrekkermonument in Pretoria om die Groot Trek met die hoogtepunt die slag van Bloedrivier te herdenk, en verder ons aandag elke 16 Desember daarop te vestig dat ons almal Afrikaners van Suid Afrika is wanneer die sonstrale op die woorde "Ons vir jou Suid Afrika" skyn; die Taalmonument om "Die Wonder van Afrikaans" te herdenk. Ook die vele ander monumente om Afrikaner aktiewiteite te herdenk behoort gewaardeer te word.

My oupa se oupa-groeitjie, Dawid Hermanus Fourie, is saam met Piet Retief in Dingaanstad vermoor. Daar is ook suiwer Afrikanerbloed met elkeen se eggenotes. So meer Afrikaner as myself en my jongboet Jaco sal jy nie kry nie.  Ek is lief vir my taal en my mense, al skakeer hulle vandag oor die verlinks tot verregse spektrum van die politiek, van dweep godsdienstiges tot ateiste  Op die ou einde vir my, is almal steeds Afrikaner.

Dan Fourie

Delete Comment
avatar
Cornelius Henn
2013-02-12 @16:14
Dan,  

Dankie vir jou mededeling.  

Ek is absoluut oortuig dat daar selfs in Brittanje baie mense was wat gesimpatiseer het met die Boere in hul vryheidstryd.  

Die punt is egter dat hul onderdanigheid binne die bepaalde ’n regsgebied, in hierdie geval die Kaapkolonie, bygedra het tot die mag van Brittanje teen die Boere – ongeag hoe hul harte dalk daarmee gepyn het.  

Dieselfde geld vandag; dis steeds die "stille meerderheid" wat die gang van ons samelewing bepaal. Jy kan soveel protes en rebellie aanhaal as wat jy wil, dit bly die "stille meerderheid" se vrees vir die een of ander opgestelde gemeenskaplike vyand wat die hart van ’n groep of volk bepaal.

Die "stille meerderheid" in die Kaapkolonie (wit, bruin, swart,...) het destyds die Britte se heerskappy aanvaar.

Aangesien jy die bron aanvaar, deel ek die volgende ook uit die Wiki met jou: In parts of Cape Colony, particularly the Cape Midlands district where Boers formed a majority of the white inhabitants, the British had always feared a general uprising against them. In fact, no such uprising took place, even in the early days of the war when Boer armies had advanced across the Orange. The cautious conduct of some of the elderly Orange Free State generals had been one factor that discouraged the Cape Boers from siding with the Boer republics. Nevertheless, there was widespread pro-Boer sympathy. After he escaped across the Orange in March 1901, De Wet had left forces under Cape rebels Kritzinger and Scheepers to maintain a guerrilla campaign in the Cape Midlands. The campaign here was one of the least chivalrous of the war, with intimidation by both sides of each other's civilian sympathizers. In one of many skirmishes, Commandant Lotter's small commando was tracked down by a much-superior British column and wiped out at Groenkloof. Several captured rebels, including Lotter and Scheepers, who was captured when he fell ill with appendicitis, were executed by the British for treason or for capital crimes such as the murder of prisoners or of unarmed civilians. Some of the executions took place in public, to deter further disaffection. Since the Cape Colony was Imperial territory, its authorities forbade the British army to burn farms or to force Boers into concentration camps. Fresh Boer forces under Jan Christiaan Smuts, joined by the surviving rebels under Kritzinger, made another attack on the Cape in September 1901. They suffered severe hardships and were hard pressed by British columns, but eventually rescued themselves by routing some of their pursuers at the Battle of Elands River and capturing their equipment. From then until the end of the war, Smuts increased his forces from among Cape rebels until they numbered 3,000. However, no general uprising took place, and the situation in the Cape remained stalemated.

Dan, ek oordeel nie die Afrikaners in die Kaapkolonie nie. Ek probeer net die uiteenlopende geskiedenis en erfenis van soveel verskillende groepe in Suid Afrika deel. Die nasionalisering daarvan ondermyn vanselfsprekend die unieke aard aan elkeen.

Al is my kulturele erfenis van die Voortrekkers en my hart Noord van die Vaal, verwonder ek my en geniet die Kaapses, van oorlede Tolla tot ’n groot gees soos Nataniël vandag.

Ek het wel baie vrae daaroor soos byvoorbeeld; waar in die wêreld is daar nog monumente om ’n taal te vereer? Maar wat laat jou dink ek "kraak die Taalmonument af"?  

Ek haal spesiaal die volgende insiggewende deel uit Gunther Pakendorf se verslag aan: Hendricks wys op die ontstaan van Kaaps as ’n produk van verskeie historiese gegewens, waarvan die invloed eers van die VOC en later die Britse bewind die mees opvallende is. Die Kaap was vroeg al ’n smeltkroes waar ’n “superdiversiteit” as gevolg van ’n konstante migrasie tussen verskillende wêrelddele en kulture ’n vroeë vorm van globalisering in ’t kleine teweeg gebring het. ’n Kenmerk van Kaaps is sy dinamiese aard om woorde en vorme uit enige bron op te neem en te gebruik. Hier is eers die Islam en later Engels van groot betekenis. Ook Hendricks se pleidooi vir verdere navorsing oor taalvariëteite en sy beroep op die onderwys om tot die destigmatisering van hierdie vorme by te dra, is deur baie ander sprekers herhaal. Hy voel veral sterk oor die gelyke behandeling van al Afrikaans se variëteite. 

*** lees gerus die volledige verslag hier: http://www.litnet.co.za/Article/kaaps-in-fokus-verslag-oor-die-simposium-aan-uwk  

Die Voortrekkers se geskiedenis, die tot stand kom van die Boere Republieke en die Vryheidsoorloë staan dus duidelik en onteenseglik los van die ontwikkeling van Kaaps. Oor geslagte heen reeds het die Kolonie se kultuurpolitieke aspirasies direk teenoor die Afrikaners, Noord van die Vaal gestaan. Eers met die Nasionalisering van ons land is daar gronde vir Standaardafrikaans gevind. Die Kaapses wil egter steeds  hulself by so ’n standaard insluit – ten spyte van ons uieenlopende kulturele erfenis.  

My standpunt staan verseker op yl gronde. Dit beteken egter nie dat ek verkeerd is nie. Ek is net absoluut oortuig daarvan dat die Nasionaliste die "stille meerderheid" gebreinspoel het met ’n gemeenskaplike vyand naamlik die "swart gevaar", en met hul sinistere agendas en nasionalisering van die Afrikaner se kulturele erfenis Noord van die Vaal, jou soort protes teen enigeen wat die verskeidenheid daaraan respekteer (byvoorbeeld my erkenning met respek ook aan Kaaps), opwek.  

Nee Dan, hoe irrasioneel dit ookal mag klink; ek glo my hele lewe nog dat ’n federale hartland vir ons Boere iewers aan die Suidpunt van Afrika, die enigste waarborg vir ons kulturele voortbestaan is. Persoonlik vind ek GEEN geskiedkundige gronde of anders vir so ’n hartland enige plek in die Kaap nie. Inteendeel, die Afrikaners daar is duidelik selfs vandag nog te lief vir hul Ingelse tannie aan't hoofde.  

(As jy regtig wil kennis neem; kyk maar gerus self hoe paniekerig die Prez raak oor Potchefstroom).

Boeregroete,

Cornelius
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address