SêNet-briewe | Letters

 
Post traumatiese stres na ABO?
Ek verstaan nou self hoekom 'n oorlog van 110 jaar gelede nou nog vlak lê in 'n deel van 'n bevolking se geheue lê. Daar was soveel blootstelling aan geweld in jou agterplaas en in jou onmiddellike omgewing en familie, selfs vir peuters, wat nooit verwerk en ontlont was nie. Geen verstaan met grondige redes nie. Dan, 12 jaar later weereens geweld van Wo1/Rebellie en vrouens wat sonder 'n man gelaat was, weereens sonder simpatie of empatie en gebreekte verarmde mans met 'n drankprobleem wat vroue verniel het. Dan doodslag voor ma's en vrouens in 1922 mynstaking in Oosrand en Johannesburg. Skaars 20 jaar later en weereens 'n oorlog, hierdie keer met 'n radio wat werklikheid van 'die noorde en Italië' tot in huise bring, met interneringskampe vir die OB- en Nazi-simpatiseerders. Dan, die nasionalisme en grensoorlog. My een ouma wou nie vrede maak met 'kakie' uniforms van weermag nie. Sy het geleef van voor ABO tot in grensoorlog en sy het haar eie opinie gehad oor 'lojaliteit en oorlog'. Sy was 'n moeilike ou vrou met haar blou oë.

Ek dink dat wit afrikaners baie meer empatie behoort te kry, want hul was nog net slagoffers van politici se politieke konstruksie ideale in hierdie land. Ek dink dat baie genetiese bi-polariteit van veral wit afrikaanse vroue 'n regstreekse genetiese indruk is om 'aan te gaan as jy platgeslaan word' met dood van man en kinders in geweld, as jou christelike plig. Dis 'n europese genetiese indruk, wat nie skreeu vir 'n 'waarheid en versoenings kommissie' vir elke bakatel nie. Dis hierdie byna 'laizzez faire' houding oor dood, wat juis die SA wit vrou laat uitstaan as iemand wat nie 'n eie opinie wil dra nie, want wat gaan ander dan dink? Tyd dat hul begin selfstandige opinies kry in die openbaar! Brand die bra's of doen net 'n donnerse slag iets tasbaar in die openbaar.

Hans Richardt

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address