Fiksie | Fiction

 
Oumatjie

Ek onthou my mense. Ek onthou my ma. My pa. My ouma het sewe en negentig jaar gelewe. Die lig, soos die beweging van ’n skugter diertjie, wat sag-wit flikker in die woude van Oumatjie se oë; misvertroebelde irisse wat die kleinkind uit die ruie bos wil kerf, daar waar hy verstrengel sit op die rand van die bed, elke gram van hom in ’n stryd teen trane wat binnetoe stort, asseblief tog, binnetoe, eerder binnetoe. Ouma se oë soos pitte in die pruime van myne, Ouma se bergwater-oë wat kyk uit my giet sodat ons mekaar kan indrink, van binne na buite, binnestebuite – ek en Ma in die kamer by Oumatjie, soos baboesjka-poppies uitmekaargehaal. Gebind aan die punt.  Myne uit joune. Oumatjie wat nie meer kan sien nie en dwarsdeur my kyk tot die tere seer en my lees met haar gefrommelde papierhandjies, my vasdruk in haar bors – lammetjie net betyds tuis voor donker. 


Lees ’n onderhoud met Donovan Greeff hier.



Comments 2 Reaksies | 2 Comments
Delete Comment
avatar
Emmie Bedeker
2012-10-02 @16:17
Dankie.  Ek hou baie hiervan.
Delete Comment
avatar
Anna Ahllers
2012-10-05 @14:31
Dis sooo mooi;  dit verwoord elke gevoel en gedagte wat ek tans koester oor my ma.  Dankie!!
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address