Opkomende boere en plaasonteiening?

  • 1

Met die vakbonde in Wes-Kaap in boerderye, sal dit dalk goedkoper wees om plase aan regering te verkoop en die 'opkomende boere' aan hul lot met klimaatsverandering en stakings oor te laat? In Namibië het regering beter aansien as die SA-regering en het hulle landbouooreenkomste by Lome-beraad beding! Zambië en Malawi het goeie landbougeleenthede en water! Dan ook Oos-Europa! Selfs Suid-Amerika! Wat ek sien kom, is die noodsaaklikheid vir gewone man om sy grasperk in ’n groentetuin te omskep en sierplante met vrugtebome te vervang! Budgies en papegaaie met hoenders? Honde en katte met vleiskonyne? Voedselinflasie gaan die prys van ’n mandjie kos hierdie jaar laat trippel agv Israeli-invoere van vars groente en vrugte, weens SA-landbouarbeidsonrus. Israel produseer as land kleiner as De Doorns-landboudistrik, 100 maal meer. Dalk boer met uitgebreide familie as arbeid of kerkgemeente?

Hans

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top