SêNet-briewe | Letters

 
My pa, PH Nortjé, sterf op 91
My pa, die Afrikaanse skrywer PH Nortje, is laasnag oorlede op die ou ouderdom van 91 jaar.

Maar dit bly my pla, die hele tyd, wat die verskil is tussen hom en enige ander pa.

Sekeres en sommiges is net minder of meer bekend as ander - maar die verlies bly tog maar dieselfde ...?

Pierre-Henri

Kyk na ’n fotoblad waar ’n boek van PH Nortje bekendgestel is.
Comments 4 Reaksies | 4 Comments
Delete Comment
avatar
Jan Rap
2012-07-09 @20:36
My innige simpatie Pierre Henri.  Dis ons almal se verleis.
 (ek 'ken', kan jy maar sê, jou al vandat jy 'n kannetjie is deur jou pa se boeke).
Delete Comment
avatar
George
2012-07-09 @21:08
Pierre, dankie dat jy jou vader se oorlye met ons deel. Dit moet 'n groot troos wees om te weet dat daar talle mense is, wat hom nooit geken het nie (soos ek), wat as gevolg van sy vertellings, saam met julle familie voel. Die bekendheid is seker nie die belangrikste nie, maar die herinnerings en deernis wat iemand nalaat. Ons wat met mooi herinnerings van die graf kan wegstap weet nie hoe gelukkig ons is nie. Daar is soveel kinders wat nie 'n betekenisvolle verhouding met hulle pa gehad het nie. Sterkte. George
Delete Comment
avatar
Daniel
2012-07-10 @09:38
Simpatie, PH.
 
My eie pa is 50 jaar gelede dood en ek dink nog dikwels aan hom en verlang na hom.  Sterkte, broer.
 
Ek het van jou pa se boeke op my boekrak  -  altyd sy skryfsels baie geniet.
 
Enjee
Delete Comment
avatar
Paul Fouche
2012-08-01 @23:10
Wat 'n besondere voorreg om mnr. P.H. Nortjé as dosent te kon beleef! Net met die eerste toets was ek bitter ontsteld, want ek het nie geweet hoe en wat om te leer nie. Dit kon mos nie wees dat ek alles sommer net geken het nie! Onnodige kommer, want hy het sy vakteorie deurentyd so met praktiese ervarings toegelig dat elke lesing onvergeetlike vaslegging was. Hy het boonop die verstommende vermoë gehad om 'n vraestel so op te stel dat dit verdere verryking van sy lesings was! Die enigste vraestelle waarna ek uitgesien het soos na elke lesing. Sy blote teenwoordigheid het vurige, jong gemoedere gekalmeer, sy menslikheid het agting ontlok. Met dankbaarheid eer en groet ek 'n opvoedkundige, 'n ware Leermeester, maar boweal 'n besondere, onvergeetlike mens.
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address