… jy kla Johannes val Wouter as persoon aan en in die proses val jy Johannes se persoon aan. Hoe regverdig jy dit?
Buitendien, Wouter en van die ander wat redelik allergies vir die waarheid is, was gereeld besig om Johannes se skrywes (EN vir Johannes as persoon) uitmekaar te trek sonder dat hy, dis nou Johannes, 'n woord gerep het.
Op 'n stadium egter het Johannes genoeg gehad en sy streep in die sand getrek en vir Wouter, by wyse van anglisistiese spreke, vir Wouter gedaag om sy geld te sit waar sy mond is en waarvan daar toe dadels gekom het. Johannes het daarna net weer voortgegaan met sy uitstekende bydraes en, lyk dit my, Wouter-hulle het weer begin hap na Johannes. 'n Goeie beeld hiervan is 'n onnutsige hondjie wat 'n fiets jaag, die fiets stop, die hondjie draai ongemaklik rond, die fiets ry weer en die hondjie jaag weer die fiets.
Daar is wel gevalle waar ek kritiek op Johannes het: In sy laaste bydrae byvoorbeeld sluit hy af met die aanhaling "Qui s'excuse s'accuse", en hy vertaal dit as "he who apologises, accuses himself". Ek sou graag wou sien dat sy vertaling uit Frans as volg gelees het: "Wie verskoning aanbied beskuldig homself", of so iets. Ek weet nie hoekom moet iets wat in Sjinees, Duits, Russies of in watter taal ookal gesê is vir ons in Engels vertaal word nie.
Maar dit nou daar gelaat en so van askiesvra gepraat, is dit nie wonderlik hoe dit van toepassing op die NSA is nie? Die kerke, politici ens smeek in effek vir wraak; ons sien dit aan die absoluut wreedaardige manier waarop weerloses aangeval en vermoor word. Hoe anders? Ons vertel dan vir hulle ons is verantwoordelik vir hulle ellende.
Weer eens het Johannes die spyker op die kop geslaan. En weer, kan ek jou waarborg, gaan Wouter-hulle blou moord gil.
Groetnis
Jan Rap