SêNet-briewe | Letters

 
Kiekie 11
Ek, Claude, Ed en Paul (uitgespreek Pôhôl want hy was vars uit Engeland uit, jongerige outjie) gaan speel in die Transvaal-rolbalvierekompetisie, ek dink dit was daardie jaar in Springs of iewers gewees. Dit was 'n uitklopkompetisie, ons verloor sommer die eerste spel en, soos die gewoonte en tradisie maar is, is ons kroeg toe om te gaan beurte maak om vir mekaar dop te koop. Ons wou net ry toe kom een van die spanne wat in die tweede rondte uitgeskakel is by ons sit en almal se beurte begin van voor af. Ons het eers agtergekom dis al middag toe nog ouens by ons kom aansluit wat in die middagsessie verloor het en so gaan ons toe aan tot so ietsie oor nege teen welke tyd daar toe algemene konsensus is dat ons begin huis se kant toe staan.

Claude was die skipper so ons ry in sy kar – ons karre is by sy huis parkeer – en hy ry stadig. So halfpad huis toe, met die dat die reis nou so lank vat, het almal weer druk opgebou en ons stop langs, wat in die donker na 'n oop stuk grond lyk, en verlig ons druk.

Wat ons nie geweet het nie was dat die oop stuk grond toe 'n afgebrande veld was maar het dit toe weldeeglik besef toe ons in die sitkamer oor Elsie, Claude se vrou, se spierwit Flokatimat stap met ons skoene en wit broeke vol swart smeer- en spatsels en sy die stuipe kry. Alhoewel met 'n Engelsman getroud was sy 'n gasvrye Boeremeisie en het vir ons koffie gemaak. Plaas dat sy ons dadelik weggejaag het want ek onthou goed hoe ou Paul wydsbeen gesit het, sy oë toe, sy kop vooroor en sy elmboë op sy knieë gestut met sy beker koffie in albei hande vasgeknyp, seker nou om te dien as 'n soort van 'n opvangbakkie want daar het kort-kort so 'n rooibruin vloeistof uit sy gesig gedrup –sy kop was so onderstebo mens kon nie eintlik agterkom of dit uit sy neus of mond kom nie – maar dit het sy beker misgeval, direk op Elsie se spierwit Flokatimat gedrup-drup.

Jan Rap

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address