Uitgewer: Queillerie ISBN: 9780795800405
Joe Speedboot Tommy Wieringa
Die dertienjarige Fransie is verlam ná ’n fratsongeluk, maar reeds terwyl hy in die hospitaal aansterk, hoor hy verblydende nuus oor ’n nuweling op die dorp, ene Joe Speedboot, wat besig is om die dorpie se plattelandse verlamming te temper. Dié is ’n seun met baie planne en ’n wil van staal – soveel so dat hy spoedig die klein dorpie Lomark heeltemal op horings neem met midder-nagtelike ontploffings en tuisgeboude spioenasie-vliegtuie. Fransie en Joe word groot vriende en Joe help Fransie om vanuit sy rolstoel, en sonder dat hy kan praat, ’n opwindende tienerlewe te hê. Dis byvoorbeeld Joe wat besef dat Fransie se oorontwikkelde rolstoelarm van hom ’n bobaas armdrukker sal maak. Natuurlik is daar ook ’n meisie, die Suid-Afrikaanse PJ, vir wie albei seuns liefraak... Joe Speedboot het in 2005 by De Bezige Bij verskyn en is in 2006 met die Ferdinand Bordewijk-prys vir prosa bekroon. Meer as 300 000 eksemplare is in Nederland verkoop en die roman is in verskeie tale vertaal.
Klik hier en koop jou eksemplaar van Joe Speedboot nou van Kalahari.com!
Lees nou Wolf, wolf deur Eben Venter, Die AA tot OE van SEKS deur Riette Rust, Rooiland deur Tertius Kapp, As die wind kom draai deur Hans du Plessis, Huisgenoot Top 500 Wenresepte 2 en ’n Ander mens deur Zirk van den Berg.