Internasionaal bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars op die verhoog: Michelle Breedt en Nina Schumann

  • 0

Suid-Afrikaanse internasionaal bekende kunstenaars, Michelle Breedt en Nina Schumann, voer ‘n seleksie van Schubert Liedere uit op 21 September in die Endler Konsertsaal, Stellenbosch. Die program wat hulle uitvoer word verteenwoordig op hulle tweede album, Jahreszeiten (Januarie, 2012).

Michelle Breedt, Profesoor aan die Munich Universiteit en een van die voorste mezzo-soprane van haar generasie, tesame met Nina Schumann, Professor aan die Stellenbosch Universiteit en briljante pianis van internasionale standaard, het kragte saam gespan en twee albums van die hoogste gehalte te produseer. Die duo is gebore as die resultaat van ‘n toevallige ontmoeting tussen die twee kunstenaars by die Stellembosch Universiteit Konservatorium. Eie aan die spontane aard van die kunste, het hierdie ontmoeting die vrugbare saadjie geplant vir ‘n suksesvolle vennootskap.

Michelle se liefde vir literatuur en die Engelse taal het gelei tot die duo se eerste opname wat sentreer rondom Shakespeare tekste, getoonset deur Engelse komponiste, getitel Shakespeare Inspired (2011). ‘n Jaar later het die duo hul tweede album vrygestel, Jahreszeiten, bestaande uit Franz Schubert Liedere wat spesifiek uitgekies is om by die tema van seisoensveranderinge te pas.

‘n Interessante eienskap van Jahreszeiten (Seisoene) is dat die keuse van Schubert Liedere só gekies is om ‘n total nuwe “sangsiklus”, gekarakteriseer deur seisoensveranderinge, te vorm. In ‘n artikel wat die Spaanse musiektydskrif, Ritmo, oor die duo gepubliseer het (September, 2013), het Michelle genoem dat sy juis dié tema gekies het met die doel om haar “eie” Schubert sangsiklus te skep. Schubert het baie belangrike siklusse vir die mansstem geskryf, maar aansienlik minder vir die vrouestem. Michelle het daarom besluit om ‘n siklus vir haarself saam te stel. In dieselfde artikel het Nina ‘n opmerking gemaak oor haar rol as pianis in die duo, en het hulle vennootskap beskryf as “volkome gelyk in hul musikale bydraes”. Hierdie konsert gaan sekerlik ‘n buitengewone artistieke reis wees vir elke musikale siel.

Kaartjies vir die konsert kan by Computicket bespreek word. Besoek die webtuiste (www.twopianists.com) of sluit aan by die Facebook-groep (www.facebook.com/twopianists) en volg die skakels om kaartjies te bespreek. Die konsert vind Saterdag, 21 September 2013, om 20h00 in die Endler, Stellenbosch, plaas.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top