Herfsskool vir opkomende skrywers aan die NWU aangebied

  • 0

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universteit se jaarlikse vlagskipkursus is van 24 tot 28 Maart 2014 te Potchefstroom aangebied – die 24ste keer dat dit plaasvind. Dié kursus, wat as die Herfsskool bekend staan, is bedoel vir opkomende skrywers, of hulle nou 18 of 80 jaar oud is (werklike ouderdomme van die jongste en oudste kursusgangers vanjaar).

PG du Plessis, tot onlangs ’n beheerraadslid van die ATKV-Skryfskool, open die Herfsskool ...

... en ook gevestigde literatore en skrywers het toegeluister (eerste drie gesigte agter: Thys Human, Heilna du Plooy en Daniel Hugo; derde gesig voor: Phil van Schalkwyk).

Inleidende werkswinkels en praktiese werksessies in die skryf van verhale, gedigte en rubrieke het in parallelle bane plaasgevind.

Die groep wat vir digkuns ingeskryf het by hulle werkswinkelleier, Bernard Odendaal (regs).

Tydens gesamentlike sessies kon kursusgangers wenke kry en begeestering put uit die optredes van bekroonde skrywers en toonaangewende uitgewers.

Hans du Plessis wéét hoe om te vertel van die skryfproses. Hy het later ook oor die skryf van sy onlangse historiese romans gesels.

Carla van der Spuy wei uit oor die niefiksie wat sy vir LAPA skryf.

Digter-spreker Daniel Hugo het net na afloop van die Herfsskool verneem dat hy die 2014-wenner van die SA Akademie se prys vir literêre vertaalwerk is.

Bettina Wyngaard beklemtoon die waarde van goeie navorsing as jy, soos sy, boeke oor maatskaplike kwessies wil skryf.

Gert Coetzee (Volksblad) beklemtoon ’n punt oor rubrieke.

Martjie Bosman (Protea Boekhuis) laat kursusgangers nadink oor die afronding van manuskripte vir uitgewers.

Selfs ná sy praatjie wil kursusgangers nog een en ander by Etienne Bloemhof (NB-uitgewers) uitvis.

Skrywers Duane Aslett (middel) en Helene de Kock (tweede van regs) by die kursusorganiseerders (Didi Potgieter, Bernard Odendaal en Kobie van Aswegen). Duane was in 2012 ’n Herfsskoolganger; sy debuutroman verskyn later vanjaar by Human & Rousseau.

Net twee van die baie kursusgangers wat Ingrid Winterbach se handtekening voor in hul aangekoopte boeke wou hê.

Die volgende Herfsskool word vir 23–27 Maart 2015 beplan. Navrae kan aan Kobie van Aswegen (kobie.vanaswegen@nwu.ac.za) gerig word.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top