Ek gaan kyk nou die aand "Ons Vir Jou Suid-Afrika" en was dit nie 'n hartseeraand nie! Nie die opvoering nie maar die pad soontoe. Vir die eerste keer in 'n lang tyd kom ek in die middestad en al die mooi Afrikaanse straatname is 'n rooi streep deur getrek en bokant is allerhande volksvreemde name kan jy glo. Daar is straatname wat ver oor die honderd jaar oud is en nou kry hulle swart name kan jy glo.
Wat nog hartseerder is, is dat dit blykbaar die Afrikaner nie pla nie. Die min wat nog hulle ontevredenheid hiermee uitspreek word woordeloos skouerophalend geantwoord as jy jou nou so-iets kan voorstel. Almal is net ... apaties, verslae, so al asof hulle vuisvoos is. Het die ouens wat hulle so vir die Nuwe! Verbeterde! SA beywer het hierdie gemors voorsien?
Jan Rap


Kommentaar
Beste Jan
Ek deel jou gevoel, en dit pla my werklik, en ek glo die meerderheid Afrikaners ook. Ek stem nie saam met jou dat Afrikaners aan 'n apatiese gesindheid ly nie. Die werklikheid is dat daaraan niks gedoen kan word nie. Het jy enige voorstelle wat resultate sal oplewer?
Jaco Fourie
Dag Jan, ek verstaan jou gevoel. Die feit is egter dat die Afrikaner self sy land weggegee het en nou in daardie selfde land 'n passiewe slagoffer is.Dit gaan nie verbeter nie. Die afrikaner gaan ook nie weer 'n leier hê nie, wat is oor om te lei, te red. te herbou? Niks, alles is weg. Dit is wat De Klerk en sy kabinet gedoen het. Die skade is massief en onherstelbaar.
Ek het empatie.
Duitswester
ek erken bloot nie die nuwe name nie. as mense van die nuwe polities onkorrekte name praat weet ek bloot nie waarvan hulle praat nie. ek het nog nooit in my lewe bv van 'n plek soos polokwane gehoor nie. weet nie waar dit is nie. mense kom baie gou reg as hulle sien ek gaan my nie aan hulle verduidelikings steur oor watse plek die polokwane of mandela straat is nie. eks te dom om oortuig te word en die verduideliker(meesal nie-blank) kom gou veorendag met die plek of straat se regte naam. selle ding het hier gebeur: mense (die DA, om spesifiek te wees) het besluit om Santos strand te herdoop na Madiba strand en die enigste mense wat kapsie teen die raad se besluit aangeteken het was die ANC. niemand het hulle aan die nuwe naam gesteur nie en bloot aanhou praat van santos strand. en dis wat santos steeds is: Santos Strand.
So much for the boere weerstand.