Gender en ubuntu is met mekaar vervleg: ’n mens is net ’n mens deur ander mense. Gerrit Brand skryf in sy blog oor kritiek op die diskoers en geweld teen vroue – spesifiek dat bepaalde aspekte van dié diskoers indirek geweld teen vroue in stand kan help hou. Joan Hambidge en Anita Cloete bekyk gendergeweld.
"Kortliks kom dit daarop neer dat die teologiese oorwegings vir die selfstandige bestaan van kerke wat uit sendingwerk na vore gekom het, in dié geval van die NG Kerk, later misbruik is om die bestaan van aparte 'dogterkerke' te regverdig, terwyl die werklike rede vir die uitsluiting van die bruin gemeenskap uit die NG Kerk in 1857 die “swakheid” van sommiges was, ’n eufemistiese beskrywing van rassisme in die kerk."