SêNet-briewe | Letters

 
Geheuekiekies 7, 8, 9 en 10
Geheuekiekie 7

My een seun, toe nog 'n klein seuntjie, sit gekruisde bene voor die televisie sy toebroodjie en eet. Hy kyk intens na die storie oor 'n vrou wat as surrogaatmoeder vir haar dogter optree. Hulle verduidelik dat 'n bevrugte eiersel in die vrou se baarmoeder oorgeplant gaan word en die ma dra dan haar dogter se baba. Ek sien hy draai sy kop na my toe maar sy oë bly vasgenael op die skerm. Wat kom nou wonder ek. "Maar pa," sê hy, sy blik nog steeds op die TV, "hoe kan ons vier kinders wees as pa net twee eiers het?"

Geheuekiekie 8

My ma vertel my dat haar ma, my ouma, vertel haar toe die Engelse hulle huis kom afbrand is hulle 'n baie kort tydjie gegee om wat hulle as waardevol ag uit die huis te haal. My ouma, toe 'n meisie van 14, het net haar skoenboks met haar 'juwele', snuisterytjies en goedjies soos wat dogtertjies nou maar bymekaarmaak, gevat. Sy sê een van die Tommies stap toe nader, vat die boks by haar, krap rond en druk wat hy van hou in sy sak en trap die res in die grond, boks en al. My ma sê my ouma sê die offisiere was gangbaar maar die gewone Tommie nie.

Geheuekiekie 9

'n Ou wat saam met my op die bus gery het vertel eendag, toe hy op die grens was, ry hulle in 'n konvooi en die voorste voertuig word in die lug geblaas deur 'n landmyn. Natuurlik, soos die prosedure is, spring hulle toe af en slaat die grond, dekking soos hulle dit noem. Die sersant egter se voet haak vas en hy val met sy volle gewig op sy mond op sy geweer, al sy tande uit en die wat nie uit was nie is afgebreek, jy sien net bloed sê hy en hy sluit sy storie af met "Herre ons het gelag."

Geheuekiekie 10

Ek en my nefie besluit ons wil eerstehands van die Engelse oorlog hoor by my ouma want sy't ons nooit direk vertel nie; ons moes alles tweedehands by ons ma's hoor. Ons stap toe na haar toe en ek vra haar om ons van die Engelse en die konsentrasiekamp te vertel. "My kind," sê sy, "die Engelsman se taal is vir my tog so mooi." Nie 'n woord verder nie.

Jan Rap

Comments 1 Reaksies | 1 Comments
Delete Comment
avatar
Daniel
2012-12-21 @18:44
Beste Jan
 
Baie dankie dat jy jou "sneppies" met ons deel.  Geseende Kersfees vir jou en die gesin.
Enjee
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address