Geheuekiekies 2 en 3

  • 1

2
Uli Schmidt stap stadig van die skeidsregter, André Watson, af weg wat hom stilswyend agternakyk en skielik kom André se stem hard en duidelik oor die veldore: "Dis die eerste keer wat 'n speler vir my sê fok jou op die rugbyveld."

3
Die fluitjie blaas en Ruben Kruger kyk vraend na die skeidsregter met 'n opponent onder sy linkerarm in 'n kopklem, sy regterhand lyk of hy op die punt is om die opponent se kopvel met sy kneukels te borsel.
"Jy duik daar 'n man en hy het nie eers die bal nie!" sê die skeidsregter.
"Wa-a-a-tter man?" sê Ruben.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Andre Watson blaas ’n wedstryd in Australië. In een stadium het die manne te veel gepraat en by ’n skrum maak hy stem dik: "Come on boys, keep quiet. Threre are too many refs on the field!" Hierop ruk een van die spelers sy kop uit die skrum uit en laat waai: "Yes, mate, and at te moment you are not under the top 10!"
    Met erkenning aan Frik du Preez – Boots en Brannewyn.
    Panda

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top