Ek deurdrink my aan Afrikaans

  • 0

Ek deurdink my aan Afrikaans

Ek deurdrink my aan Afrikaans
En binne my is polsende hartkloppe van Afrikaanse ritme
Ek is verslaaf aan my moedertaal, dit vul my hele wese
Die reuk van laventel hang in die huis
Met die sonbesies wat in die aandstond skerts
En  jakkalse wat tjank
Ek sien die granaatrooi sononder
En  sit met ‘n beker boer troos op die stoep – moerkoffie
Geel madeliefies in hul blommeprag
En die soet geur van bloeisels in die lug
Dis die hemelblou hemelruim wat sy koepel oor ons almal laat  hang
Wat my vertel ons is almal gelyk en geskep met ’n doel
Ons denke  is daagliks in ’n diskoers betrokke
Oor al die gevegte en vrae in ons kop
Dis ’n mallemeule van gedagtes wat draai

Tog bly God steeds in beheer
Hy is ’n bron van lewe  vir wie dit aangryp
Sommiges dink hulle is die oogappel van die mensdom
Maar….
Maak eerder wysheid jou metgesel
En wees versigtig wat in jou hart omgaan
Laat jou lippe drup van heuning, jou woorde ’n bruisende bron van wysheid
Want haat verwek twis en liefde bedek alles wat aanstoot gee

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top