Is daar 'n verwantskap tussen die mens en sjimpansee?

  • 13

Wetenskaplikes beraam die verskil tussen die mens en die Sjimpansee op 1.2%, maar hulle neem slegs die vervangingsverskille in die lewensboublokke in ag. As die hele genoom geneem word, is die verskil ongeveer 5%. Is hierdie ooreenkoms maar net toevallig, (die kreasionis sal sê dis nie toevallig nie, dis beplan deur die Intelligente Ontwerper), of is daar ? evolusionêre verwantskap tussen die twee spesies?

Om duidelikheid hieroor te kry, moet ons eers gaan ondersoek instel na wat die DNS en ‘n Chromosoom is.

Die DNS (DNA) van die meeste organismes is styf opgerolde materiaal waarvan die chromosoom gemaak is. Hierdie chromosome, waarvan die mens 23 pare het, is binne selle waarvan die mens 24,000 het. Wanneer die sel besig is om te verdeel, trek die chromosome saam in kompakte strukture, wat sigbaar is onder ? mikroskoop.

? Chromosoom kan ? mens jou voorstel as ? stukkie nylontou wat uit fyner nylondraadjies bestaan. As jy nie oppas nie, rafel die twee punte uit, en dan het jy netnou geen toutjie oor nie. Met ? brandende vuurhoutjie kan die twee punte geseel word deur dit vir ? oomblik in die vlammetjie te hou. Verder moet die toutjie ? verdunning hê, sê so driekwart van die een punt af, amper soos ? mooi meisie se perdebylyfie. Die chromosoom het netso ook twee verseëlde punte wat telomere genoem word, en die perdebylyfie is die sentromeer.

Die sentromeer vervul ? spesiale rol: dit posisioneer die chromosoom wanneer die sel verdeel. Wanneer die sel verdeel, erodeer so ? bietjie van die telomeer, maar daar is medisyne voor in die vorm van telomerase wat dit herstel. (Soos wat ons ouer word, vind die herstelproses nie meer so goed plaas nie, die chromosoom word al hoe korter en lateraan nutteloos.)

Dit is juis hierdie telomere en sentromere se strukture wat ? belangrike leidraad is in ons evolusionêre geskiedenis.

Vergelyk ons die menslike chromosome met dié van die groot-ape (sjimpansee, gorilla, en orangoetang) dan tref die verskil jou dadelik. Die mens het een minder chromosoompaar as hierdie diere. Hulle het almal vier-en-twintig pare, terwyl die mens net drie-en-twintig pare het. Sien jy nou, stoot my kreasionisvriend sy bors uit. Dit bewys dat evolusie sommer ? mite, ? feeverhaal, snert is, en dis ? duidelike bewys dat God bestaan. Die storie van die 98% ooreenkoms tussen mens en sjimpansee het die evolusioniste sommer uit die duim gesuig, wens hulle.

Verskeie navorsers het intussen bewys dat die menslike chromosome en dié van die groot-ape presies ooreenstem. Nie alleenlik dit nie, maar die DNS-volgorde en struktuur stem 98% ooreen. Die enigste verskil is dat die mens se chromosoom 2 ooreenkom met twee verskillende chromosome van die groot-ape. Dit wil dus voorkom of die menslike chromosoom in twee verdeel het by die groot-aap, of dat die groot-aap se twee chromosome saamgesmelt het by die mens.

Word vervolg.

Angus

  • 13

Kommentaar

  • Beste Angus

    Die beste wat 'n mens hiervan kan aflei is dat daar 'n gemeenskaplike biologiese platvorm is waarop die mens en ander primate tot stand gekom het. Ongelukkig vir die wetenskap is hierdie gemeenskaplike voorouer nooit opgespoor nie.

    Die moontlikheid bestaan ook dat daar meer as een gemeenskaplike voorouer was want sommige oermense het sy aan sy in dieselfde wêreld gelewe soos bv homo habilis en Erectus.

    Sommige mense soos Kobus de Klerk raak verskriklik ontsteld hieroor en sê dan dit is godslasterik en jy is op pad hel toe sonder om die begrip hel te definieer.

    Waarom sal die Skepper nie gebruik maak van 'n suksesvolle biologiese platvorm om 'n mens te skep nie?

    Motorvervaardigers gebruik al lankal gemeenskaplike platvorms om verskillende voertuie op te bou, soos bv Audi en VW. Wat die twee produkte in gemeen het is dat beide motorvoertuie is maar tog onmiddellik as aparte produkte herkenbaar is.

    Ouens spog dus graag met hul Audi’s maar meganies verskil hul nie veel van VW-produkte nie.

    Dink nou mooi waarom loop die mens regop? Sou die mens soos ander primate nog steeds
    viervoet rondgeloop het sou die wêreld lank reeds oorbevolk gewees het en die mens nooit wetenskaplik die groot hoogtes bereik het nie.

    As ek in die Bybel lees dat God Sy asem in die mens se neusgate geblaas het en die mens het begin leef dan moet ek besef dat die Skepper totaal 'n ander entiteit as die mens is.

    God is nie 'n mens nie. Hy beskik nie oor menslike organe nie en het dus nie suurstof in die mens geblaas nie. Nee, inderdaad nie, want ek lees ook in Genesis 1. 27: God het toe die mens gemaak. En die mens het iets van God in hom gehad. God het 'n man en vrou gemaak.

    Dit is hierdie iets van God in die mens wat ook in 'n verheerlike en nie biologiese liggaam rekenskap moet gee oor sy doen en late hier op aarde en slegs deur die aanvaarding van werk van Jesus Christus wat, jy en ander ateïste verwerp - weet met sy Skepper - die OORSAAK WAARDEUR ALLES TOT STAND GEKOM HET VERSOEN KAN RAAK.

    'n Christen wat dit gelowig aanvaar kan nie soos ateïste reken wegkom met hul misdade hier op aarde nie, want op grond van die beloftes vervat in die Bybel is daar inderdaad 'n lewe na hierdie lewe.

    En ten slotte wat maak dit nou saak of jy 'n Audi A3 of 'n eenvoudige Golfie soos ek ry -solank ons beide by ons bestemmings uitkom. So die hele debat is eintlik 'n 'much ado about nothing' solank jy gemaklik is met die platvorm waarin jy jouself bevind.

    Laat dit met jou goed gaan.

  • Angus

    Ek was pas in Rwanda waar ek hierdie nefies en niggies van ons van naby in die natuur beleef het. Die evolusionêre model wat jy so mooi beskryf, verskaf aan ons sulke elegante antwoorde en verklaar die verskeidenheid volledig. In teenstelling hiermee verskaf kreasionisme bloot onbewese raaiwerk. 
     
    Dankie vir jou moeite - ons sien uit na die volgende uitgawe
     
    Groetnis
    Thomas
  • Dankie, Webvoet, vir hierdie mooi foto.

     
     Ons mense kan mos sommer die verwantskap aanvoel. Dis nie net moeders wat so 'n ou gevreetjie kan liefkry nie. 

    Groete
    Angus
  • Beste Angus

    Definitief is daar 'n ooreenkoms; twee bene, twee arms, tien vingers en tien tone, onder andere.  Min of meer dieselfde ooreenkoms betaan ook met die rot en die geitjie, onder andere.

    Wat die boumateriaal betref, 'n eikehouttafel bestaan uit presies dieselfde materiaal as 'n eikehoutstoel.

    Groetnis
    Jan Rap

  • As ek die optrede van die menslike ras gade slaan, is ek nie verbaas dat daar sprake is van "reversed evolution" nie.

  • Beste Jan,

    Die uiterlike is soms bedrieglik, maar die ooreenkoms wat jy sien tussen rot en geitjie wys tog op 'n gemeenskaplike voorouer baie miljoene jare gelede. 
     
    Die genetika is betroubaarder. Dit wys bv dat die sjimpansee en die mens nader familie is as die sjimpansee en die gorilla of oerang-oetang. 
     
    As jy die hout van die tafel en die stoel ontleed, sal jy sien hulle is verwant aan mekaar, te spyte van die uiterlike verskille.
     
    Groete,
    Angus
  • Dis wat ek bedoel Angus, dieselfde materiaal kan gebruik word om goed wat hewig verskil te maak (of daar te stel).  Dink net hoe verskillend kan die produk nog wees as die materiaal, al is dit net effentjies, verskil.
    Buitendien, 'n 'slegs' 2% of 7% is misleidend want dit dui geensins daarop dat eienskappe net 2 of 7% verskil nie.  Dink maar aan organiese chemie; 'n molekule met 'n atoom ekstra, of selfs net op 'n ander plek, gee margarien in plaas van plastiek.

    Groetnis
    Jan Rap

  • Beste FC Boot,

    Die genetika wys op een gemeenskaplike voorouer vir mans en die grootape. Jou "meer as een" is spekulasie.
    As die debat oor die lewe nie vir jou saak maak nie, dan is dit jou saak. Jy is nie in die eerste plek 'n nuuskierige mens nie, en glo maar wat jy glo. Jy stel nie belang in navorsing en die voordelige gevolge wat dit vir die mensdom inhou nie.
     
    Groete,
    Angus
  • Beste Jan,

    Dit is so dat die 2% 'n groot verskil maak. Kyk maar wat die mens alles verrig het op ons planeet.
     
    Daar is ook so 'n effense verskil tussen jou stoel en tafel van eikehout gemaak, en die die mens en sjimpansee.
     
    Eikehout word net gebruik om stoel en tafel te maak, dit bevat nie die instruksies wat om te maak nie. Chromosome bevat die instruksies om mens of sjimpansee te maak. 
     
    Groete,
    Angus
  • Beste Angus

    Jou aanname dat ek nie belangstel en dat ek spekuleer oor meer as een gemeenskaplike 'voorvader' is ongegrond.

    Volgens 'n artikel in Livescience het die skeiding tussen die 'chimp' en 'mens' ongeveer 13 miljoen jaar gelede plaasgevind. Die 'chimp' se genetiese ontwikkeling is egter veel meer 'ingewikkeld' teenoor die 'redelike eenvoudige' van die mens.

    In Encyclopaedi Brittanica (met erkenning) word 'Human evolution' soos volg beskryf. "Human evolution the process by which human beings developed on Earth from now-extinct primates. Viewed zoologically, we humans are Homo sapiens, a culture-bearing, upright-walking species that lives on the ground and first evolved in Africa between 100,000 and 200,000 years ago. We are now the only living members of what many zoologists refer to as the human tribe, Hominini, but there is abundant fossil evidence to indicate that we were preceded for millions of years by other hominins, such as Australopithecus, and that our species also lived for a time contemporaneously with at least one other member of our genus, Homo neanderthalensis (the Neanderthals). In addition, we and our predecessors have always shared the Earth with other apelike primates, from the modern-day gorilla to the long-extinct Dryopithecus.

    That we and the extinct hominins are somehow related and that we and the apes, both living and extinct, are also somehow related is accepted by anthropologists and biologists everywhere. Yet the exact nature of our evolutionary relationships has been the subject of debate and investigation since the great British naturalist Charles Darwin published his monumental books On the Origin of Species (1859) and The Descent of Man (1871). Darwin never claimed, as some of his Victorian contemporaries insisted he had, that “man was descended from the apes,” and modern scientists would view such a statement as a useless simplification—just as they would dismiss any popular notions that a certain extinct species is the “missing link” between man and the apes.

    There is theoretically, however, a common ancestor that existed millions of years ago. This ancestral species does not constitute a “missing link” along a lineage but rather a node for divergence into separate lineages. This ancient primate has not been identified and may never be known with certainty, because fossil relationships are unclear even within the human lineage, which is more recent. In fact, the human “family tree” may be better described as a “family bush,” within which it is impossible to connect a full chronological series of species, leading to Homo sapiens, that experts can agree upon.'

    'Node of divergence' in gewone taal beteken a difference in the way two or more things develop from the same thing.

    Ek is nie 'n wetenskaplike nie en gaan myself nie voordoen as een nie. Na alles wat ek egter gelees en nagegaan het lyk dit tog dat lewe op aarde nie net op een plek ontstaan het en oor die planeet versprei het nie.

    Dit wil voorkom of daar meer as een 'node of divergence' was wat daartoe kon gely het dat verskillende spesies sy aan sy kon gelewe het alhoewel toegegee dat dit ook uit een enkel 'node of divergence' kon ontstaan het.

    Dit is nietemin duidelik dat daar meer ontwikkelde en minder ontwikkelde oermense was en dat hul selfs onderling vermeng het soos die ‘Neanderthal' -mens en later trekkers uit Afrika.

    Hoe die mens ook al ontstaan het gaan niks verander aan enige mens se bestaan tans op aarde nie. Daarom gaan ek ook nie soos Kobus De Klerk daaroor tekere gaan nie.

    Waarheen ek op pad is is vir my meer belangrik as enige navorsing oor die oorsprong van die mens, want anders as ongelowiges glo ek dat almal wat die beloftes vervat in die Bybel met vertroue aanvaar op pad is na 'n beter bestaan.

    Laat dit met jou goed gaan.

  • Beste FC Boot,

    My aanname dat jy nie belang stel nie, is nie ongegrond nie. Jy sê dan self: "So die hele debat is eintlik 'n 'much ado about nothing'. 

     
    My aanname dat jy spekuleer oor die "meer as een voorvader" is ook nie ongegrond nie. Jy spekuleer maar dat daar meer as een voorouer was omdat oermense sy aan sy gelewe het. 
     
    Nêrens in jou Brittanica-aanhaling is daar enige aanduiding dat die skrywer daarvan meer as een voorouer ondersteun nie. 
     
    Jy verstaan blykbaar nie die woord "divergence" nie. Dit beteken: eers was daar een en nou is daar twee. Dis hoe evolusie begin: deur splitsing. Volgens die evolusieteorie is diversiteit van 'n spesie op sy hoogste op die plek waar hierdie spesie sy ontstaan het. (Miskien moet ek nog hieroor skryf, want dis belangrik vir die bestaan van die mens.)
  • Beste Angus

    Die bron wat ek aangehaal het stel dit duidelik dat:

    "There is theoretically, however, a common ancestor that existed millions of years ago. This ancestral species does not constitute a “missing link” along a lineage but rather a node for divergence into separate lineages. This ancient primate has not been identified and may never be known with certainty, because fossil relationships are unclear even within the human lineage, which is more recent. In fact, the human “family tree” may be better described as a “family bush,” within which it is impossible to connect a full chronological series of species, leading to Homo sapiens, that experts can agree upon."

    Thomas het in 2012 geskryf dat:

    "Geen wetenskaplike teorie is egter 'n finale en absolute beginsel nie en is voortdurend blootgestel aan herhaalde toetsing. Enige nuwe data wat die teorie ondersteun, versterk die teorie terwyl nuwe data wat die teorie weerspreek, die teorie ondermyn en wysigings aan die teorie te weeg bring. Teoreties is geen teorie dus onaantasbaar nie. Solank dit nie in die praktyk weerspreek word deur nuwe data nie word dit aanvaar as geldige verklaring vir die betrokke verskynsel. Dit staan enigiemand vry om met die nodige bewyse die teorie uit te daag en met 'n beter een te vervang − dit moet net met bewyse ondersteun kan word."

    Volgens  http://www.livescience.com/46300-chimpanzee-evolution-dna-mutations.html  Human and Chimp Genes May Have Split 13 Million Years Ago

    Wanneer  daar dan gepraat word van 'n 'node of divergence' wat  in die gewone omgangstaal beteken:'Node of divergence' i :"a difference in the way two or more things develop from the same thing."

    Dit  verduidelik nie  hoe die " common ancestor'' ontstaan het nie en of dit  in 'n manlike en vroulike vorm sy begin gehad het.

    Wat sê dit nou vir my as gewone mens?

    1. Dit is feitlik onmoontlik om te bewys wat meer as 13 miljoen jaar gelede plaasgevind het want daar sover ek kon vasstel  is oudste 'human fossil'  wat gevind is ongeveer 3.5 miljoen jaar oud .

    2. Hoe 'n mens en aan wat 'n mens sy bestaan te danke het  gaan nie die mens se sterflikheid en van die heeal waarin die mens ontstaan het ongedaan maak nie.

    3. Die wetenskap is en bly 'n belangrike hulpmiddel vir die Christen om die werkopdrag om die aarde namens sy Skepper te bestuur tot nut en voordeel van alle lewende wesens.

    4.Die verskil tussen die Christen en ateïs se uitgangspunt is dus duidelik.Vir die Christen is die ontstaan van die mens van minder belang en om die rede is daar ook geen volledige wetenskaplike uiteensetting daarvan in die Bybel nie.

    5. Die Bybel kan dus nooit 'n platvorm wees waarop Evolusie as waar of onwaar bewys word al probeer Kobus de Klerlk hoe hard. Die Bybel sê net dat die Skepper 'geskep' het en nie hoe nie - dit was van sekondêre belang.Die hoe lê in die veld van die wetenskap en daarom  kan enige teorie wat deur wetenskaplike bewyse - wat hertoetsing weerstaan het - nie net weggewens of wegeredeneer word nie.Dit is net eenvoudig astrant dom.

    6.Vir my persoonlik is die ontstaan van die mens dus van minder belang want ek bestaan in 'n verganklike biologiese liggaam en leef op 'n planeet en heelal wat  ook  tot 'n einde sal kom.

    7. My bestaan op hierdie aarde is dus op grond van die Bybel net 'n deurgang tot 'n beter en ryker bestaan saam met  miljoene ander gelowiges wat gelowig die beloftes vervat in die Bybel met vaste vertroue aanvaar.

    8. Hiermee dankie vir jou bydrae wat  so effens die sluier lig oor 'n fassinerende onderwerp waaroor seer seker die laaste woord nog nie geskryf is nie.

    Mag dit met jou goed gaan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top