Ars Opperman

  • 0

Ars Opperman

As woorde naderkom
met stippels in die kantkolom
sit ons aan vir die  feesmaal
van woorde in gelid.
Waar ons in ootmoed hulde bring
aan woorde, wederwoorde ensovoorts
Woord wek onverpoosd woord
en wederwoord en dan kry
ensovoort opnuut bestaansbetekenis.
Dan druk ons note met vol akkoorde
as ons pragtig dragtig raak
Met werpsels lote dink ons aan
Bontrok wat  haar kalf  moederlik lek
in die spasies tussen strofes
Die fyngeweefde kartelsoom
vol suiwer musieknote
in ons mooiste moedertaal
laat ons aansit vir die feesmaal
vir al ons gooiers van die woord
in die kuber se klanksuiwer spieëlsaal
wat Versailles oorskadu in gevoel
as nuwe wederwoorde oor ons vaardig raak

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top