Beste Cornelius
Afrikaans het aan die Kaap ontstaan, maar dit is dwarsoor Suid-Afrika gevorm en ontwikkel steeds. Dit is heel moontlik dat Afrikaans bv die afgelope halfeeu in groter mate in die noorde as in die suide gevorm is. Die Afrikaanse Taalmonument is in die Paarl omdat die Genootskap van Regte Afrikaners in 1875 daar gestig is.
Daar moet tussen "boere" en "Boere" onderskei word. Eersgenoemde is landbouers en was en is Afrikaans-, Engels-, Duits-, Franssprekend, ens. Boere met ’n hoofletter, daarenteen, kan in enige beroep wees en het die politieke konnotasie van Afrikaanssprekende Afrikaners en die term is normaalweg net op wittes van toepassing. ’n Afrikaanssprekende witte wat bv die ANC steun, word gewoonlik nie ’n Boer genoem nie en hy sou ook nie graag so genoem wou wees nie.
In die konteks van Afrikaans dui "Kaaps" gewoonlik op die mengeltaal (Afrikaans deurspek met Engels) wat veral deur bruines by uitstek in die Kaapse Metropool gepraat word. Engels bedreig die voortbestaan van Afrikaans en Kaaps is hierin eerder ’n bondgenoot van Engels as van Afrikaans.
Die Afrikaanse diens van die SAUK het in die vorige politieke bedeling ’n voortreflike rol in die uitbouing van Standaardafrikaans gespeel. Onder die leiding van Magdaleen Kruger gaan RSG deesdae verkeerdelik uit van die veronderstelling dat Afrikaans (oorspronklik) eerder deur die bruines as die wittes geskep is. Anders as Radio Pretoria, is dit om politieke redes (spesifiek ANC-gedienstigheid) nie RSG se amptelike beleid om Standaardafrikaans daadwerklik te bevorder nie. Kruger koester die herstandaardisering van Afrikaans as ideaal, wat noodwendig ’n kniebuiging na die mengeltaal Kaaps insluit.
Johannes Comestor
Dis die hoofoorsaak van al die probleme op aarde, maar dit word misgekyk, of doodgeswyg, dalk vir politieke of godsdienstige redes word daar min oor gepraat.