SêNet-briewe | Letters

 
Afrikanerskap: ’n Voortrekkererfenis
Beste Jan Rap en Johannes Comestor,

Verskoon asseblief my nuuskierigheid - met alle respek; waarom onderskei julle here nie soos dit hoort onder meer tussen die Kaapses en die Boere nie?

Dis wel so dat daar verskeie groepe aan die Suidpunt van Afrika, Afrikaans praat (nes Ingels regoor die wêreld in verskeie geografiese gebiede gepraat word sonder dat almal wat daarin deel Ingelse is of die kwien dien).

Dis ook so dat Afrikaans in die Kaap gevorm is; vandaar dan die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.

Maar dis ook so dat die Boere/Afrikaners hul eie pragtige monument gebou ter ere van hul dapper voorouers wat op grond van selfrespek uit die Kaap weg van die Ingelse verydeling getrek het.

Hierdie pragtige Monument net buite Pretoria staan wat my betref ver bokant die Taalmonument in die Paarl (letterlik en figuurlik).

Karakters soos "Jack Parow" praat trou aan hul eeu oue kultuur op die vlakte langs die Berg, Kaaps. Waarom hom daarvoor kritiseer?

Na die oorname in 1994 van die land, is RSG in werklikheid vandag bloot net 'n Kaapse streeksradiostasie met 'n nasionale uitsaailisensie op grond van hul gedienstige meriete onder die destydse Nasionale Party. As die Ingelse ons almal ewe onderdanig Kaaps kan maak, waarom RSG dan kritiseer vir hul troue handhawing van die Kaapse kultuur?

So kan ek seker lank uitbrei ...

Nietemin, ek hoop julle kan my uit my onkunde rakende julle pleit vir 'n "nasionale standaard Afrikaans" verlig.

Boeregroete,

Cornelius

Comments 4 Reaksies | 4 Comments
Delete Comment
avatar
Johannes Comestor
2013-02-06 @19:38

Beste Cornelius

Afrikaans het aan die Kaap ontstaan, maar dit is dwarsoor Suid-Afrika gevorm en ontwikkel steeds. Dit is heel moontlik dat Afrikaans bv die afgelope halfeeu in groter mate in die noorde as in die suide gevorm is. Die Afrikaanse Taalmonument is in die Paarl omdat die Genootskap van Regte Afrikaners in 1875 daar gestig is.

Daar moet tussen "boere" en "Boere" onderskei word. Eersgenoemde is landbouers en was en is Afrikaans-, Engels-, Duits-, Franssprekend, ens. Boere met ’n hoofletter, daarenteen, kan in enige beroep wees en het die politieke konnotasie van Afrikaanssprekende Afrikaners en die term is normaalweg net op wittes van toepassing. ’n Afrikaanssprekende witte wat bv die ANC steun, word gewoonlik nie ’n Boer genoem nie en hy sou ook nie graag so genoem wou wees nie.

In die konteks van Afrikaans dui "Kaaps" gewoonlik op die mengeltaal (Afrikaans deurspek met Engels) wat veral deur bruines by uitstek in die Kaapse Metropool gepraat word. Engels bedreig die voortbestaan van Afrikaans en Kaaps is hierin eerder ’n bondgenoot van Engels as van Afrikaans.

Die Afrikaanse diens van die SAUK het in die vorige politieke bedeling ’n voortreflike rol in die uitbouing van Standaardafrikaans gespeel. Onder die leiding van Magdaleen Kruger gaan RSG deesdae verkeerdelik uit van die veronderstelling dat Afrikaans (oorspronklik) eerder deur die bruines as die wittes geskep is. Anders as Radio Pretoria, is dit om politieke redes (spesifiek ANC-gedienstigheid) nie RSG se amptelike beleid om Standaardafrikaans daadwerklik te bevorder nie. Kruger koester die herstandaardisering van Afrikaans as ideaal, wat noodwendig ’n kniebuiging na die mengeltaal Kaaps insluit.

Johannes Comestor

Delete Comment
avatar
Thys Human (PTA)
2013-02-07 @17:18
Netjies gestel Johannes.  Dit som die hele ding goed op.
Delete Comment
avatar
Dan Fourie
2013-02-11 @13:06
Neelsie

Indien jy my beskuldig dat ek nie bronverwysings gee nie, hieronder ’n voorbeeld vanuit Wikipedia:

Gideon Scheepers

"Ná hy Kaapse Rebelle gewerf het is hy op 22-jarige leeftyd bevorder tot kommandant van ʼn 150-maneenheid, die Witkoppenkommando (na aanleiding van die wit band op hul hoedens),[1] wat die Britse troepe die stryd in die Kaapkolonie moet aansê."

"Dit lei daartoe dat Scheepers se teenwoordigheid in die Kaapkolonie meebring dat baie Kapenaars by die Boeremagte aansluit teen Brittanje. Gedurende 1901 is sy kommando hoofsaaklik in die Kaapkolonie in distrikte soos Graaff-Reinet, Cradock, Murraysburg en Montagu bedrywig."

"Op 18 Januarie 1902 is Scheepers geblinddoek en aan ’n stoel vasgebind in die veld in die Karoo. Hy is gefusilleer en het agteroor te lande gekom langs die graf wat reeds gegrawe was.[1] Die Britte het geweier om sy stoflike oorskot te oorhandig om te voorkom dat ’n held van hom gemaak sou word, en hy is in ’n onbekende graf begawe."

Nou jou bronverwysings asseblief.

Dan Fourie
Delete Comment
avatar
Cornelius Henn
2013-02-11 @14:24
Dan, is jy seker jy't jou woernaal hierbo by die regte bydrae geplaas?... ek't nie die vaagste benul wat jou punt is nie...
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address