distopie

  • 0

'n geel voël vreet korrels karig uit 'n sak
langs die swart stagnante rivier waarop ek vloei
en breytenbachesk wil ek giffel
oor gevalle morele kodes
van patrisiërs en bourgeoisie
dan lag my skedel ingeskonke
skud skouers die aardbol
af
besef: Big Brother skeur die klasse                                         
maar die makers wat dink en bou
met hulle sou
selfs daai indringer-voël
bros brode pikbreek

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top